PvR Gemeenskapskerk

Inligting

Nuweling

'n Bediening wat bemoeienis maak met eerste keer nuweling-gesinnetjies: Informasie, ondersteuning, sosiaal en vele meer. Ons help mekaar slaag en om waarlik vreugde uit die nuwe asempie te kry.

Lede: 10
Nuutste Aktiwiteit: Mei 4, 2011

Gespreksforum

Mariana Botha

Kwartaal Program (Julie- September)

Begin deur Mariana Botha Jul 5, 2010.

Mariana Botha

Eersteling Karaktereienskappe (2)

Begin deur Mariana Botha Mei 18, 2010.

Mariana Botha

Eersteling Karaktereienskappe (2)

Begin deur Mariana Botha Mei 18, 2010.

Alle Kommentaar

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Nuweling om kommentaar te lewer!

Mariana Botha Kommentaar deur Mariana Botha op 11 April 2010 om 20:06
Uiteindelik is julle ouers, want na ongeveer negemaande hou jy 'n vars klein bondeltjie in jou arms vas. Jy kyk met verwondering na jou splinternuwe sikspens en skielik voel dit of jy absoluut niks kan onthou van die voorgeboorteklasse of die hordes boeke wat jy gelees het nie, want 'n duisend en een vrae hardloop gelyktydig deur jou kop (vir vrouens is dit heeltemal moontlik, aangesien ons meer as een ding gelyktydig kan doen) en jy voel meer ongeholpe as ooit...
Moet sy van die begin af in 'n roetine wees of sal ons haar maar "go with the flow" grootmaak?
Hoe weet ek wat is fout as hy huil?
Moet sy van die begin af in haar eie kamer slaap of dalk eers by ons in die kamer?
Hoe weet ek of hy genoeg en die regte voeding kry?

Ook geen wonder dat ons dalk hierdie emosies ervaar het nie, want om ouers te word is 'n grooooooooooooooooot verandering...een wat gevul is met verrassings, opgewondenheid, bekommernisse en opofferings, maar beslis ook geweldig baie belonings...soos ons eersteling (BC) se eerste glimlag.

BC was ongeveer vier weke oud toe ek een Saterdag wegglip om te gaan hare sny. Opgewonde om my vir die eerste keer weer te sien na kleinman se geboorte vra die haarkapster vir my hoe dit gaan en hoe dit voel om 'n mamma te wees? "Dis nie lekker nie", was my antwoord. "Hy drink, poef en huil net. Ek spandeer amper elke minuut van die dag aan hom en gebruik bykans al my energie om hom te versog en wat kry ek daarvoor? Min slaap en stink doeke! Dis soos 'n bodemlose put!"

Met die grootste deernis en begrip het sy na my geluister en net gesê: "Hou moed en byt vas, want wanneer jy dit die minste verwag kom daar 'n klein beloninkie na jou kant wat alles die moeite werd maak."

Dit was toe ook so, want drie weke later, 2 uur die oggend word ons verras met ons eerste tandlose glimlag (party mense het gesê dit was dalk net 'n wind, maar hierdie (tòè) desperate nuwe mamma glo tot vandag dit was 'n glimlag).

Nogal interessant hoe 'n tandlose glimlag 'n bodemlose put kan laat oorloop, want skielik is al die moegheid, frustrasies en ongeholpe gevoelens vergete. Skielik voel dit of ek erkenning kry vir al my harde werk en is die grootmaak proses soveel soeter en lekkerder. My dae word gevul met allerhande "akkels" om te kyk hoeveel keer ek hom kan laat glimlag en tot vandag toe is BC se aansteeklike vetterige skaterlag die tandlose glimlag wat vir my geleer het dat God, deur ons kinders, vir ons leer dat dit die eenvoudigste dingetjies in die lewe is wat soms vir ons die meeste vreugdes bied.

Volgende week gesels ons 'n bietjie oor van die karaktereienskappe van eerstelinge, so kyk gerus uit daarvoor en gesels lekker saam.

Nuweling Groete
Ben en Mariana
 

Lede (10)

Mariana Botha Wardi Smit Talitha Broos Lindie Claassens Pietro Bosman leander botha Reginald Simpson Mari Baragwanath Mnr Willie Rautenbach Elmo Pienaar
 
 
 

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.




Gebeure

Februarie 2012
SMTWTFS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
26272829
       

Groepe

© 2012   Created by PVR Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service