PvR Gemeenskapskerk

Inligting

Ouerleiding

Wenke vir ouers

Plek: Pierre van Ryneveld
Lede: 6
Nuutste Aktiwiteit: Oct 7, 2013

Inleiding

Deur die loop van die volgende paar weke deel ons graag ‘n paar aspekte oor effektiewe ouerskap. Persepsies, vrae, wenke soos wat ons dit self deur gesprekke met ouers ondervind, leeswerk doen en kursusse bywoon. Drie primêre bronne wat gebruik word is: “Parent Effectiveness Training” – Dr. Thomas Gordon; “Leadership and Self-deception” - The Arbinger Institute” en “Positive Parenting in A Negative Word” kursus van Chip Ingram van Walk Thru the Bible en dialoogbeginsels vanuit Imago terapie.

Kliek op die onderstaande gesprekke en neem gerus deel.

Gespreksforum

In die middel van die tuin

In die middel van die tuinDie naweek kry ek en my sus die geleentheid om op ‘n plaas in Wes Transvaal te gaan wegbreek.  Sonder man of muis.  Op ‘n stadium raak al die vryheid gevaarlik…ek wil nie…Meer

Begin deur berna pretorius Mei 25, 2012.

Loop Katvoet

Loop katvoet…. Ons word daagliks gekonfronteer deur ander se broosheid.  Veral in berading.Ek verstom my altyd hoe mense die moed het om hul diepste seer met jou te kom deel, in die…Meer

Begin deur berna pretorius Mei 25, 2012.

Poni het verdrink

Poni het verdrink…!  Die nuus ‘n week gelede ruk deur ons. Duisende vrae, ‘n warrelwind van mense en gebeure, dit voel of tyd stilstaan. Op die toneel by Recconect Fostercare Home wemel dit van…Meer

Begin deur berna pretorius Mei 25, 2012.

4711

LKS 3/Jan 20124711In Cologne Duitsland loop ek die oorsronklike 4711 eau-de-cologne parfuumwinkel/fabriek raak.My gedagtes en reuke gaan ver terug na ouma se spierwit kantsakdoekie wat sy met die…Meer

Begin deur berna pretorius Mei 25, 2012.

Alle Kommentaar

Kommentaar deur Elmarie Van Wyk op 2 Maart 2012 om 15:37

 

Gesprek Twee:  Hoe bly ons ‘eg’ in ons verhouding met ons kind?

‘n Paar persepsies (dalk mites?) waarmee ons oor ouerskap grootgeword het:

v  ek moet áltyd my kind aanvaar al hou ek nie van sy gedrag nie (keur gedrag af, nie die mens nie)

v  ouers moét áltyd ‘n verenigde front voor kinders wees.

v  ons moet áltyd konsekwent wees in ons optrede.

 

Die realiteit is:   ouers is mense. Mense (ouers) gaan voortdurend twee soorte gevoelens teenoor hulle kinders hê nl. aanvaarding en nie-aanvaarding.  Jy gaan soms hou van wat jou kind doen en soms nie.  Wat jou kind sê of doen is sy/haar gedrag – dit is nie hoe jý daaroor voel nie.  Wat jy daaroor voel is jou oordeel oor die spesifieke gedrag.

 

En hier kom ons egtheid as ouers in.  Sommige ouers (pa en ma verskil hier) kan baie meer ‘aanvaar’ as ander.  Sommige ouers vind seuns meer aanvaarbaar as dogters. Ons eie emosionele toestand beïnvloed hoe verdraagsaam al dan nie ons is.  Dit beïnvloed ook ons konsekwentheid.

 

Kinders kom agter as ons ‘n “rol van aanvaarding” speel.  Dit is byna onmoontlik om te onderskei tussen “my gedrag is onaanvaarbaar, maar ek is aanvaarbaar”.  Hulle kry dus dubbele boodskappe en raak toenemend verward oor wat/wie aanvaarbaar is en wat/wie nie.

 

Dus:  Ons kan nie werklik ons ware gevoelens vir ons kinders wegsteek nie.  Aanvaar dat jy nie altyd ‘goed’ voel oor jou kind nie en dat julle as ouers selfs mag (gaan) verskil oor hoe julle voel.  Met ander woorde – kom uit die boks van “ek weet beter” (en daarom moet ek altyd reg wees/doen).  Kinders (mense) wil aanvaar word, maar hanteer egtheid en eerlikheid beter as wat ons vermoed.  So modeleer ons ook sommer hoe lyk emosionele volwassenheid en hoe om in effektiewe verhouding met ‘n ander te wees.

 

Beteken dit ons as ouers én ons kinders kan sommer net doén wat en soos ons voel?  Natuurlik nie.  Ons wil (moet) ons kinders (onthou) begelei om verantwoordelikheid vir hulleself te aanvaar.  Hoe doen ons dit?

 

Deur vas te stel wie se probleem werk ons mee.  Lees gerus volgende keer meer hieroor.

 

 

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ouerleiding om kommentaar te lewer!

 

Lede (6)

 
 
 

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service