PvR Gemeenskapskerk

LKS 3/Jan 2012

4711

In Cologne Duitsland loop ek die oorsronklike 4711 eau-de-cologne parfuumwinkel/fabriek raak.

My gedagtes en reuke gaan ver terug na ouma se spierwit kantsakdoekie wat sy met die cologne besprinkel het.

Dit het vir alles gewerk, van floutes by ‘n begrafnis tot enige ander okasie wat ‘n lafenis of soet reukie nodig gehad het.

So word ek ‘n tydjie gelede weer gekonfronteer met 4711. Hierdie keer het dit met kognitiewe gedragsterapie te doen.   Die dosent vertel ons van die ongeskrewe verskynsel van die getal 4, 7, en  11 in substantafhanklikhed.  Die ritme in dae, maande en jare is te bespeur in tye waneer afhanklikes ‘relapse’. 

Hoe waar of wetenskaplik bewysbaar dit is weet ek nie.  Ek weet wel dat dit nogal min of meer so werk.  Ek kom dit tee in verhoudings.  Dink maar aan huwelike, ons groot uitdagings le min of meer rondom hierdie jare, 4jr, 7jr en 11 de jaar .

Waneer dinge  afdraend gaan in verhoudings, vra gerus die vraag: is hierdie werklik die krisis wat ons dit maak of is dit maar die ritme van die lewe.  Die lewe gebeur, niemand het verhoudings wat altyd so rooskleurig lyk nie.  Die uitdagings verg harde werk en ‘n bewustheid van totale ‘commitment’ teenoor ander.  Dit dra ons deur die swaar tye en gee ‘n soetreuk van hoop.  Gee gerus jou parfuumsakdoekie vrylik aan in pyntye.  Dit gaan verseker ‘n verskil maak.

Views: 24

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service