PvR Gemeenskapskerk

In die middel van die tuin

Die naweek kry ek en my sus die geleentheid om op ‘n plaas in Wes Transvaal te gaan wegbreek.  Sonder man of muis.  Op ‘n stadium raak al die vryheid gevaarlik…ek wil nie teruggaan nie, want eks in die Paradys.

So wonder ons of Eva hulle se vrug nie dalk ‘n bloedrooi granaat, of ‘n “Oxheart’ tamatie was nie.  Ons gashere heet ons hartlik welkom en se dat ons van alles mag  oes, pluk en  eet.  Nes ons lus het.  Nes in die oertyd; gelukkig was hier nie ‘n verbode vrug en boom nie.  Ek sou nie kon nee se nie…nes Eva.

Susan en Chris verstaan,’ Laat My Koningkryk kom op aarde.’  Hulle het ons losgelaat in ‘n ongelooflike tuin van oorvloed.  Julle moet net rus, God ervaar en die stilte geniet.  Dis verniet, gratis,  rerig.  Alles? Wonder ek ongelowig, ja alles.

Dankie Here vir U kinders wat u oproep van gasvryheid en vrylik gee, uitleef!

Help my verstaan dat alles nie geld hoef te kos nie. 

Die naweek kook ek kweperkonfyt…hulle het sakke vol groente en vrugte saamgestuur huistoe.

Views: 39

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service