PvR Gemeenskapskerk

Loop katvoet….

 

Ons word daagliks gekonfronteer deur ander se broosheid.  Veral in berading.

Ek verstom my altyd hoe mense die moed het om hul diepste seer met jou te kom deel, in die beradingsgesprek.

Hoe hulle broosheid my so diep raak, dat ek amper te bang is om normaal te praat…ek wil sagter praat, meer luister en meer stilbly. Bloot  om die verhaal respekvol kans te gee om te ontvou.

Ek wil meer  katvoet  loop oor ander se seer en pyn.  Ek kyk gisteraand na ‘n dokumenter oor die Gert v Rooyen sage jare  gelede.  Die onderhoud met een van die mammas raak my diep.  Die broosheid, die rouheid, die louter wreedheid is nog alles daar.

Dan wonder ek wie gee my die reg om in ander se brooshied te gaan trap met my moddervoete van beterweterigheid.  Moddervoete van ‘ag weet jy sit dit agter jou’ of ‘dit sal more beter wees’…sal dit?

Ons mag nooit goedkoop hoop uitdeel asof dit trooslekkers is nie.  Pleistertjies opplak en se dis nie so erg nie.

Here leer my om katvoet te loop waneer ek toegelaat word binne mense  se seer en pyn.

Dis Heilige Grond

Views: 57

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service