PvR Gemeenskapskerk

Poni het verdrink…!  Die nuus ‘n week gelede ruk deur ons. 

Duisende vrae, ‘n warrelwind van mense en gebeure, dit voel of tyd stilstaan. 

Op die toneel by Recconect Fostercare Home wemel dit van polisie, almal skryf tydsaam aan dokumentasie.  Iemand maak ontoepaslike opmerkings.

Die res van die dag vou skok soos ‘n swart kombers om almal.  Toe sien ek vir Jesus, in lewende lywe.

Sy kinders, party naby ander ver van Hom af, daag op.  Iemand bring kos.  Die dr. wat in die straat af  bly, kom help met cpr. Die sekuriteitsmaatskappy maak oproepe.  Die buurvrou gaan haal die ander kinders by die skool.  Die Pilatus instrukteur bring vars brood, die polisieman help en troos, die pizzaplek bring  pizzas, die trauma berader sit op die vloer saam met die pleegouer en huil.  Iemand stel ‘n rooster op om die kinders te vervoer.  Die onderwysers by die skole reel vir berading.  ‘n student help met die kinders se huiswerk…ander kom huil net saam.  Ek maak tee en antwoord die foon.

Ek dink dit maak nou sin, ek weet nou hoe Jesus lyk.

RIP Klein lyfie

Views: 35

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service