God se roeping vir ons Geloofsfamilie het 4 kante ….
Ons glo dat ons elkeen se Menswees deur die Heilige Gees herskep
moet word, so ons wil graag geleenthede skep waarin elkeen van ons
in ons verhouding met onsself, ons lewensmaats, ons kinders en
ander mense kan groei. So skep ons ruimtes waarin ware saamwees
moontlik is. Saam leer ons die “Lewenskuns” van Heelheid!
Ons beskou ook ons Jeugbediening, dit is nou ons kinders en jongmense, as
‘n waardevolle en onmisbare deel van ons Geloofsfamilie. Soos in
enige ander familie wil ons hulle aanmoedig, uitdaag, versorg en
lei om Christus te ken en uit sy Woord en gees te lewe.
God roep ons ook om elkeen te reis op die pad van Geloofsgroei.Ware groei is slegs
moontlik wanneer ons gereeld en met oorgawe die Woord van God
bestudeer en geniet. Ons wil geleenthede skep waar ons kan saamkom
vir ‘n dieper en ryker verstaan van God se Woord en die beginsels
en wysheid daarin.
Dit alles gesê weet ons dat God ons roep tot Familiewees. Vir ons beteken dat dat ons
as Geloofsfamilie saam moet aanbid in ons eredienste en ander
byeenkomste, dat ons sal saamwees in groepe en verhoudings en dat
ons moet uitreik na die nood van ons gemeenskap en ons wêreld. As
jy meer wil weet oor ons bediening, kliek hier.