Hierdie kant van ons roeping het basies drie fasette
Aanbidding
Ons wil graag as Geloofsfamilie die Here met oorgawe en passie
aanbid en saamkom in Sy teenwoordigheid. Hierdie bediening omsluit
‘n verskeidenheid elemente wat veral te doen het met die inrig van
ons eredienste en ander byeenkomste.
Kuns en kreatiwiteit -
Kyk hier na 'n video hieroor
Dekor en Versiering
Fotografie Grafiese ontwerp
Klank en Media
Dans en Drama
Erediensbeplanning en Belewenisontwerp
Gebedsbediening
Saamwees
God roep ons nie net om as Geloofsfamilie saam te kom in die
erediens nie, maar ook om onsself te verbind daartoe om in kleiner
groepe saam te wees en mekaar te ondersteun, aan te moedig en uit
te reik. Binne hierdie bediening is daar ons kleingroepe asook ons
belangegroepe soos die manne en vrouebediening.
Uitreik
In Hebreërs 10:24 leer die Here ons “Laat ons ook na mekaar omsien
deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.” Dit is duidelik
dat ‘n Geloofsfamilie nie net mag bly by saamwees nie, maar dat ons
geroep word na ons gemeenskap en ons wêreld om die liefde van
Christus daar uit te leef. Daar is verskillende projekte waarby ons
betrokke is;