PvR Gemeenskapskerk

Kompas: Ritmes vir die Lewensreis

Oor die afgelope 15 jaar is hierdie geloofsfamilie besig om fyner en fyner te verstaan wat die Here Jesus se roeping vir ons is. Deur die insette van verskeie leiers en leierspanne het ons in die proses belangrike ontdekkings gemaak.

Ons het ontdek dat ons ‘n FAMILIE is en wil wees, in verhouding met mekaar, met verskillende GENERASIES wat elk tot hulle reg moet kom. Ons het geleer dat die lewe ‘n (soms ongerieflike) REIS is en nie net een of meer bestemmings nie.

Ons het geleer dat God ons wil bring na HEEL MENSWEES, in onsself en ons verhoudings. Ons het geleer dat ons in VERHOUDINGS leef. Gesinne, vriendekringe, kleingroepe, en kollegas. Ook in verhoudings met ANDER wat oor ons lewenspad loop.

Ons verstaan onsself as ‘n geloofsfamilie vir wie die Here GEROEP het om Jesus met oorgawe te volg en ontdek, en GESTUUR het om Jesus te leef in daardie verhoudings in die wêreld waar ons vingerafdrukke en voetspore lê.

Die Kompasboekie wat jy nou hieronder sien!

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service