Doop
Ons doop die eerste Sondag van elke maand. Ouers wat wil laat doop,
moet die voorgeskrewe doopkursus deurloop en vir die doop
registreer. Registrasievorms is op aanvraag by die kerkkantoor
beskikbaar.
Huwelike
Voornemende huwelikspare moet die huwelkikskursus deurloop en vir
hierdie kursus by die kerkkantoor registreer. Registrasievorms is
by die kerkantoor verkrygbaar.
Begrafnisse
Skakel asb. die kerkkantoor om die fasiliteite te bespreek. Ons
voorsien gratis tee/koffie en toebroodjies in gevalle waar die
begrafnis vir een van ons liodmate is.
Memoriummuur / Muur van herinnering
Ons beskik oor ‘n muur van herinnering waar persone die as van ‘n
gestorwe geliefde in ‘n nissie kan laat bewaar. Kontrakte hiervoor
is by die kerkkantoor verkrygbaar.
Kursusregistrasie
Alle kursusregistrasies word by die kerkkantoor gedoen.