PvR Gemeenskapskerk

Sokker 2010


Hoekom doen ons dit?
• "Maak die beste gebruik van elke geleentheid...om die lig te wees" (Ef.5:8,16)
• Die Fifa Sokker Wêreldbeker in SA bied ‘n "een-maal-in-‘n-leeftyd" geleentheid aan ons om deur sokker (sport en spel) ons lig te laat skyn.
• Sport (sokker) is ‘n internasionale "taal" waarmee die evangelie aan mense gekommunikeer kan word. Dit is die "taal" waarmee ons kruis-kulturele verhoudings kan bou. WOZA!!
• Lidmate van Pierre van Ryneveld kan prakties hande vat met verskeie ander gemeentes se lidmate om Jesus se hande en voete te wees.
• Ons het die geleentheid om "Saam op reis te wees" met mense wat ons gewoonlik sou mis leef.
• Ons gaan baie nuwe vriende maak oor taal-, kultuur- en kerkgrense heen.
• "We are going to be the change we want to see in the world"
• "Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word." Amen

Wat gaan ons doen?
• Vriendskaps-evangelisasie en dissipelmaak deur middel van Holiday Club materiaal en aktiwiteite met kleiner kinders (6-12 jaar) soggens, en deur Ubabalo (lewensvaardighede vanuit sokkervaardighede) met tieners (13-18 jaar) smiddae.
• Ons doel is om 1000 kinders per dag te bedien.
• Parallel met bogenoemde doen ons "side-line" bediening aan kinders wat nie deelneem aan die Holiday Club en Ubabalo nie. Dit behels geestelike gesprekke deur middel van die "evangecube", gesig-verf, drama’s, musiek en net kuier met die mense. Goeies!!
• Ons wil sommige aande die spesifieke sokker wedstryd op ‘n groot skerm vertoon aan mense wat nie die voorreg het om by die stadions uit te kom nie. Siende dat dit winter is gaan ons probeer om elke dag teen sononder by die huis te wees.

Waar gaan ons dit doen?
• In Mamelodi op 4 verskillende Munisipale Sportgronde.
• Sekere gemeentes ("parent churches") neem verantwoordelikheid vir een van die uitreik-weke by ‘n spesifieke Sportgrond, maar al die gemeentes kan by enige (selfs al 4) weke betrokke wees.
• "Parent Churches":

Week Een: 14-18 Junie by Rethabile:
NG Skuilkrans, VGK Mamelodi Oos, International Assemblies of God, Oosterlig, Lynnwoodrif.

Week Twee: 21-25 Junie by Muckleneuk:
NG Lynnwood, Mamelodi Baptist

Week Drie: 28 Junie-2 Julie by Stanza:
Pierre van Ryneveld, Fire Revival Church

Week Vier: 5-9 Julie by Rugbygronde
Lewende Woord, Faith Mission

• Nog heelwat gemeentes kan by bogenoemde lys aansluit.

Hoe gaan ons dit doen?
• Ons gaan dit doen saam met gelowiges van verskillende kulture en kerke; selfs oorsese sendelinge kom ons help. Skole in die omgewing van die sportgronde in Mamelodi word ook betrek.
• Ons gaan saam opgelei word die naweek van 11-13 Junie by die Funanani projek in Mamelodi (by die Rugbygronde).
• Ons gaan meestal Engels praat (hoe gebroke ookal) om mekaar die beste te verstaan.

Wie van ons gaan dit doen?
• Dis die miljoen-dollar vraag!
• Ek "commit" myself vir 4 weke, maar jy hoef net vir een week (5 dae).
• Ons moet volwassenes en jongmense wees op die span. Laerskoolkinders moet vergesel wees deur een of albei ouers. Gesinne is welkom.
• Jy kan kies of jy die Holiday Club wil aanbied (as fasiliteerder van ‘n kleingroep kleiner kinders) saam met lidmate van ander gemeentes.
• Of jy kan ‘n Ubabalo fasiliteeder wees van ‘n kleingroep tieners (saam met lidmate van ander kerke).
• Of jy kan opgelei word vir een of meer van die "side-line" bedieninge.
• Of jy kan saans betrokke wees by die Groot Skerm bediening.
• Ons benodig 80 vrywilligers uit ons gemeente vir week 3.
• Indien jy nie fisies daar kan wees nie, kan jy help met borge insamel, bemarking, ens. Natuurlik voorbidding ook!

Administrasie en Vervoer?
• Jy moet ‘n inskrywings- en vrywaringsvorm voltooi waarop jy ook aandui waar en hoe jy betrokke wil wees. Die uitreik kos R300.
• ‘n Bus vertrek daagliks om 8:00 by Skuilkrans en is 17:30 weer terug. Dis ‘n 28 sitplek bus en is veral vir jongmense wat nie vervoer het nie. Ons ry in ‘n konvooi.
• Meer inligting sal nader aan die uitreik-tyd verskaf word.
• Indien jy net nou en dan vir ons wil kom kuier om deel van die belewenis te wees, is jy baie welkom!

Inskrywingsvorm
Kliek hier vir die inskrywingsvorm.

Vir nog inligting, kliek hier om na The Ultimate Goal se website te gaan kyk

Gebeure

September 2010
SMTWTFS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930
       

Nuutste Bedrywighede

A video by PVR Admin was featured
0:45
Digitale afkondigings van 5 September 2010
gister
PVR Admin het 'n video bygevoeg
0:45
Digitale afkondigings van 5 September 2010
gister
Isabel Venter is deel van Jan Venter se groep
Hier kuier almal wat wil saamgesels oor die hoe om Jesus te volg en kerk te wees in die tyd waarin ons leef. Jy is welkom om kreatief, biddend en radikaal saam te dink oor hoe ons God se nuwe wêreld kan laat kom in hierdie tyd en plek
verlede Dinsdag
Charmaine Botma en Karien De Villiers is deel van PvR Gemeenskapskerk
verlede Dinsdag
Nicky O'Connell is nou 'n lid van PvR Gemeenskapskerk
verlede Saterdag
Elmarie Verster is nou 'n lid van PvR Gemeenskapskerk
29 Augustus
A video by PVR Admin was featured
0:33
Digitale afkondigings van 29 Augustus
29 Augustus
PVR Admin het 'n video bygevoeg
0:33
Digitale afkondigings van 29 Augustus
29 Augustus

© 2010   Gestig deur PVR Admin

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service

Teken in om te klets!