PvR Gemeenskapskerk

Januarie 2011 Blog Artikels (11)

Christenskap is Dissipelskap ... of nie?

Een van die belangrikste dinge waaroor ek tob die afgelope jaar of twee is "Dissipelskap".

 

Dit lyk vir my dat een van die primêre opdragte van die Here Jesus aan ons, Sy liggaam, was om dissipels te maak. Om mense te nooi, te begelei en te inspireer om "elkedagse" volgelinge van Hom te wees. Dit lyk ook vir my asof dit die een opdrag is wat ons as Sy liggaam klaaglik in misluk. Ons verstaan van kerkwees is meer "behoort aan" as "reis saam".

Ek het onlangs afgekom op 'n…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 30 Januarie 2011 om 6:53 — Geen Kommentaar

Aanbiddingstyl, Kerkmusiek en anner Skoenklippers (2)

Spiritualiteit

Miskien is een van die groot temas waaroor ons moet gesels juis spiritualiteit. ‘n Paar aanhalings:

Spirituality is a lived experience, the effort to apply relevant elements in the deposit of Christian faith to the guidance of men and women towards their spiritual growth, the progressive development of their persons which flowers into a proportionately increased insight and joy. - George Ganss, "Introduction"

 Spirituality has…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 24 Januarie 2011 om 12:01 — 4 Kommentare

Aanbiddingstyl, Kerkmusiek en anner Skoenklippers (1)

Inleidende gedagtes

 

Een van die dinge wat gereeld deel is van ons gesprekke en is ons gemak/ongemak met aanbiddingstyle, tipe musiek, tipe aanbiddingsleiding en die tipe inrigting van eredienste. Dit lok gewoonlik hetige debatte uit. dit het soms so 'n impak in gemeentes dat sommige skrywers praat van “Worship Wars”.

 Ek deel graag ’n perspektief met die oog op ’n oop gesprek hieroor. Ons as volgelinge van Jesus kan mos nie mekaar veg (of los) oor die wyse waaro…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 24 Januarie 2011 om 10:30 — 2 Kommentare

Sien jy Jesus in jou lewe?

Gedagte: Hoe ons Jesus in ons lewens sien werk en meewerk sodat ander hom ook sien

Hier is 'n paar gedagtes uit boodskap van 23 Januarie 2011 wat 'n opvolg is oor die blog Evangiphobia

 

Teks: Lukas 24:13-35 (met verwysing na die korter Markus 16:12-14)

 

Wat weerhou ons daarvan om Jesus te sien?

 

1.       Ons eie preokkupasie oor baie dinge

In Lukas 12:22v vind ons die bekende deel…

Meer

Opgelaai deur Elmo Pienaar op 24 Januarie 2011 om 10:23 — Geen Kommentaar

Bybelreis Program

 

Ons 2011 Bybelreis saam met Stephan Joubert begin weer 2 Februarie om 19:00.

Die tema vir ons eerste kwartaal is: "Die wil van God? Hoe moet ek dink oor God se wil?"

Die datums vir die kwartaal is:

  • 2 Februarie
  • 9 Februarie
  • 16…
Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 21 Januarie 2011 om 9:30 — Geen Kommentaar

'Evangiphobia'

Met die oploop na Sondagaand wat my eerste boodskap van die jaar sal wees dink ek na oor ons rol as Christene.

 

Wat lê aan die kern van wie ons as gelowiges is? Wel, buiten vir ons eie geloofsekerheid dra ons die verantwoordelikheid om op 'n sinvolle, stylvolle en respekvolle manier saam met reisgenote van ons tyd te konnek. Maar o wee, dadelik slaan stomheid ons! Ons sukkel om ons geloof te deel. Ek dink ons verstaan nie heeltemal wat van ons verwag word nie. Daar word nie…

Meer

Opgelaai deur Elmo Pienaar op 19 Januarie 2011 om 12:47 — Geen Kommentaar

Bloghelper - Riglyne om jou eie blogs te skryf

Ons stel graag die "Bloghelper" bekend. Dit is 'n stap-vir-stap verduideliking om op die webblad jou eie blogs te skryf. Deur te blog, kan ander mense sien wat jy dink en doen en dan daarop reageer.

Ons wil graag deel in jou ervarings, stories en foto's.…

Meer

Opgelaai deur PVR Admin op 19 Januarie 2011 om 8:30 — Geen Kommentaar

Preek "Blog" - 16 Januarie 2010

Sondag het ek gepreek uit Lukas 18: 9-14, die gelykenis van die Fariseer en die Tollenaar. Die skakel is op die voorblad onder "Preke" as jy daarna wil luister.

In my voorbereiding daarvoor het die teks ongemerk my op 'n manier omgedop en 'n nuwe perspektief of twee gebied.

Punt is, Christenwees gaan oor Christus. Nie al die ander "ekstras" wat ons deur die jare in die kerk bygevoeg het nie. Ons gemeente se fokus vir die tyd wat kom is "Ontdek en Leef Christus", wat presies is…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 17 Januarie 2011 om 19:25 — 1 Kommentaar

Jona - God se tweede kans

Ek het die afgelope tyd by die boek Jona stilgestaan en dit het my baie laat dink en groei.

Die verhaal van Jona is so oorbekend dat ons dit maklik mislees. Maar Jona kan ons help, veral aan die begin van die jaar, as ons soveel keuses moet maak. Ek leer in Jona dat God selfs verkeerde keuses kan gebruik in ander en my lewe.

Jona was ongehoorsaam toe God hom roep om na Nineve te gaan. Hy het besluit om eerder Tarsis toe te gaan, na die plek wat hy gedink het beter vir hom sal…

Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 11 Januarie 2011 om 8:02 — Geen Kommentaar

Die teologie van "voorspoed" - Wat is die probleem?

 

Hier is 'n goeie gesprek deur John Piper. Gesels saam oor hierdie filosofie wat ons nogal deesdae…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 10 Januarie 2011 om 12:36 — 3 Kommentare

Verlore Honde

Ons is opsoek na ons drie honde.  Hulle het Saterdag aand (1 Januarie 2011)op een of ander manier by die hek uit gekom sonder ons wete en ons is sederdien opsoek na hulle.  Hulle is laaste gesien in die Pierre van Ryneveld, Brandlaan omgewing.  Die eerste is 'n swart en wit Husky mannetjie, wat op die naam Nikcy reageer, die tweede is 'n swart miniatuur Schnauzer mannetjie, wat op die naam Zino reageer, die derde is 'n salt and… Meer

Opgelaai deur Jean-Maré Blaauw op 3 Januarie 2011 om 13:00 — Geen Kommentaar

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service