PvR Gemeenskapskerk

Januarie 2012 Blog Artikels (12)

X-Treme 2012 Terugvoer

Modder, moeë lywe , bosluise, stil word, wild, water, stap, God se skepping en tonne vriendskappe is die vernaamste kenmerke van die X-Treme kamp 2012 waar ons saam met ons Graad 8 en 9s by Wag-’n-bietjie net anderkant Warmbad gaan afpak het.

In die wonderlike natuurskoon en primitiewe manier van leef was dit…

Meer

Opgelaai deur Herman Matthee op 31 Januarie 2012 om 12:00 — Geen Kommentaar

Splash & Dash 2012... en INDELING

Ek wil net dankie sê vir almal wat hulle kinders kom aflaai het & vir die mentors wat kom help het - baie dankie!

Kyk na die fotos dan besluit julle self - hoeveel pret daar was!…

Meer

Opgelaai deur Izette Malan op 31 Januarie 2012 om 10:30 — Geen Kommentaar

Loflied van een huweliksmaat aan die ander.

Hierdie "loflied" plaas ek met die toestemming van die egpaar. Dit het gebeur aan die einde van 'n huweliksgroei werkswinkel. Wat my in verwondering het hieroor is dat hierdie selfde maat aan die begin van die werkswinkel baie duidelik daaroor was dat sy reg is om "weg te hardloop":

"Ek is mal oor jou lagplooie, en die lyne langs jou mond is vir my kosbaar. Ek is mal oor jou "bulky" bolyf wat net soos ons seuntjies s'n lyk. Jou hande is flippen mooi,so sag en sterk,sonder dat ek ooit…

Meer

Opgelaai deur Elmarie Van Wyk op 29 Januarie 2012 om 21:00 — Geen Kommentaar

Problem and crisis control

From the Daily Republic: California 25 December2011

Problem and crisis control

Always affirm: I am calm, poised, and serene, centered in the presence of pure…

Meer

Opgelaai deur Nelius Leimecke op 26 Januarie 2012 om 11:00 — Geen Kommentaar

Aqua X (Gr 10-11) Kampterugvoer

Ons jaarlikse graad 10 en 11 kamp of beter bekend as die Aqua X kamp is jaar vir jaar een van die hoogtepunte op ons kalender, want die is nie net sommer ’n kamp nie maar ’n naweek weg gevul met alle kleure van die reënboog. Van ’n klomp watersport(s), boot ry , stil word langs die Vaal rivier, sonskyn, nat reën, diep gesprekke en sakke vol kuier en tonne pret omrede ons almal op reis is saam Christus.…

Meer

Opgelaai deur Herman Matthee op 25 Januarie 2012 om 10:05 — Geen Kommentaar

Jeugbediening en Ouers - Die vreugde van Vennootskap!

Die dae is verby dat kinders en jongmense net by die kerkgebou afgelaai kan word vir hul geestelike opvoeding. Die jeugbediening het ons kinders en jongmense vir een uur per week. Ons moderne tegnologie, maak natuurlik kommunikasie, veral met ons tieners, tydens die week baie makliker. Maar dis nog steeds nie genoeg nie.

Ek is besig met die boek “Allready Gone” van Ken Ham & Britt Beemer en die statistieke is skrikwekkend. Ek sal gereeld op my blog saamgesels en terugvoer gee oor…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 25 Januarie 2012 om 5:30 — Geen Kommentaar

Wie is Dimpels?

Sondag 22 Januarie 2012 – Ons spring die jaar af met ons eie 'Mascot" – die ene Dimpels & Junior Dimpels (alias JD) spesiaal vir ons Mosterdsaadjies in Die Ark!

Ons kinders moes vinnig dink oor hulle skool se “leuse”. Toemaar ons het die graad eentjies verskoon want hulle ken nog net hulle juffrou (dis tog die belangrikste). 

Ons leuse ook by die juniors is Ontdek & Leef Christus – dis presies wat Dimpels & JD uitbeeld. Maar hoe gaan ons dit probeer doen? Maar wag…

Meer

Opgelaai deur Izette Malan op 25 Januarie 2012 om 4:30 — Geen Kommentaar

Die roeping van God

So kom daar 'n epos na Sondag se dienste van Nelius Leimecke. Ek kry hoendervleis toe ek die gedig lees wat hy 'n tyd terug geskryf het. Dis nou 'n DIK onderstreep van Sondag se boodskap!

Hier is dit

Die roeping van God - CJ Leimecke

Een Saterdag aand sit ek en wonder

oor God en die weer se gedonder

die blitse wat slaan

verby die skynsel van die maan

 

Wie is ek om te…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 23 Januarie 2012 om 16:00 — Geen Kommentaar

Die kerk-gebou verassing.

So kom daar 'n epos na Sondag se dienste van Nelius Leimecke. Ek kry hoendervleis toe ek die gedig lees wat hy 'n tyd terug geskryf het. Dis nou 'n DIK onderstreep van Sondag se boodskap!

Hier is dit

Die roeping van God - CJ Leimecke

Een Saterdag aand sit ek en wonder

oor God en die weer se gedonder

die blitse wat slaan

verby die skynsel van die maan

 

Wie is ek om te vermaan

en te treur…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 23 Januarie 2012 om 16:00 — Geen Kommentaar

Gemeentekamp 2-4 Maart 2012

Die Gemeentekamp vind van 2-4 Maart by die Jubaweni Ruimtekamp plaas. Die kampterrein is so 35km oos vanaf die Kranskop Tolhek (naby Nylstroom). 

Kliek hier om te kyk hoe dit daar lyk.

Die pryse is as volg:

  • 18 Karavaanstaanplekke teen R450 per staanplek vir die hele naweek.
  • 5 Drie-bed chalets teen R600 vir die hele…
Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 22 Januarie 2012 om 10:30 — Geen Kommentaar

Verwondering, Verhoudings en Volgeling

My 2011 Desembervakansie was een van die wonderlikste vakansie ervarings in ‘n lang tyd. Dit was baie lanklaas wat ek vir meer as ‘n week op een slag met verlof weg was, en ons het God op besonderse maniere beleef. Ek wil so bietjie met julle deel waar my reis met die Here is en waaroor ek in Desember met Hom “ge-journey” het.

Vanaf 16 Desember het ons gesin by Lochvaal (ons graad 10 & 11 X Treme kamp is elke jaar daar) gekamp en gespeel. Ons het boot gery, geski,…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 18 Januarie 2012 om 11:30 — Geen Kommentaar

Integriteit, diensbaarheid,verwondering

Dit is waarmee ek na die Desember vakansie terugkom—die besef dat ek met integriteit my unieke menswees moet leef, Christus met die diensbaarheid moet volg en nie 'n dag moet laat verbygaan waarin ek nie verwonderd gelaat is oor die Skepper en sy skepping/skepsel nie.

Ek "steel" die boek van M.Scott Peck "The Road Less Travelled and Beyond" by my seun en ek besef hoe verder ek nag-in lees, ek MOES dit lees. Lees die boek. Word opgewonde daaroor om met integriteit en egtheid…

Meer

Opgelaai deur Elmarie Van Wyk op 17 Januarie 2012 om 13:00 — Geen Kommentaar

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service