PvR Gemeenskapskerk

Februarie 2011 Blog Artikels (6)

Jesus volgelinge is "waterlopers"!

Callie Roos het verlede Sondag oudergewoonte met passie en oorgawe die Woord bedien en sy tema het, vermoed ek, het baie van ons aangeraak op 'n besondere manier.

Die skrifgedeelte in Matteus 14 waar Petrus op die water loop is'n bekende en geliefde teks, maar Callie het dit reggekry om my te help met nuwe perspektief. Nie net op die teks nie, maar veral op myself en die wyse waarop ek Jesus volg.

Een van die dinge waarin ek heelhartig glo is die feit dat die Here ons elkeen…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 22 Februarie 2011 om 6:08 — Geen Kommentaar

"Missional" - Menswees op die spoor van Jesus

Jy sal deesdae baie keer hoor ons praat van "missionale gemeentewees" of gestuurdheid in osn gesprekke en in die gemeente. Jy sal ook hoor dat ons wil wegskuif van gemeentewees waar mense "dinge doen" na 'n tipe gemeentewees waar mense "iemand is". Ons wil mekaar help om, daar waar ons God raaksien in ons lewe, Hom onverskrokke te volg en sodoende te ontdek wat Sy roeping vir ons lewe (en sommer vir die dag) is.

As jy ook hieroor nadink en begeer om te beweeg na 'n lewe saam met…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 18 Februarie 2011 om 8:30 — Geen Kommentaar

Van Potte en Panne ... en lewensgeur.

Dit is al 'n paar maande wat die Here met my besig is oor die tema van Christenwees ... soos Christus bedoel het dit moet wees. Ek en Elmarie het al van verlede jaar af "saamgesweer" om in die diens 'n heerlike geur te versprei en vir almal wat honger is, die lus vir saameet op te wek. 

Dit illustreer die gedagte dat ons "lewensgeur" moet wees uitstekend, maar miskien moet ek net verskoning maak vir die vreeslike lus. Ek hoor die Spar het swaar geleef na die diens met die hongerige…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 11 Februarie 2011 om 7:06 — 1 Kommentaar

KERK-WEES IN VERANDERENDE TYE

 

Elkeen van ons wat die Here liefhet, wat Hom meer en meer wil leer ken en daarna streef om vir Hom te leef, kan nie anders nie as om ook ernstig na te dink oor die kerk en kerk-wees in die tyd wat ons nou leef.

En dit laat my dink aan ‘n opmerking wat baie jare gelede gemaak is toe iemand gesê het dat die Britse Weermag in 1939 gereed was vir die Eerste Wêreldoorlog van 1918. Dit laat my ook ernstig nadink oor die kerk van vandag en die kerk van môre.…

Meer

Opgelaai deur Sampie Niemand op 9 Februarie 2011 om 11:55 — Geen Kommentaar

Hy moet meer word en ek minder.

Hierdie boodskap wat ek op 30 Januarie aan die hand van Joh 3:30 gebring het, is grootliks geïnspireer deur die volgende:

  • Jan se preek van 16 Januarie uit Luk 18 oor die gelykenis van die Fariseër en tollenaar wat gaan bid het;
  • die groeiende voorkoms van gesinsgeweld en veral ook geweld teenoor vroue en kinders;
  • stukkende huwelike;
  • soveel kinders wat worstel met hul ouers se openlike konflik en aggressie: "Ek wens my ouers wil op[hou…
Meer

Opgelaai deur Sampie Niemand op 3 Februarie 2011 om 16:29 — Geen Kommentaar

Selgroepe en saamwerk?

Hallo almal wat in selgroepe belangstel!



Ek is besig om die boek “Building a church OF small groups” te lees (Bill Donahue & Russ Robinson). Daarin het die skrywers ‘n interessante stuk oor Joh. 17 en die vraag hoe selgroepe teologies verantwoord kan word.

 

In Joh 17 het Jesus ‘n lang gesprek met Sy Vader, met die dissipels wat by Hom sit en luister. Jesus het geweet dat Hy binnekort sou sterf en gee nou uiting aan Sy grootste bekommernisse en wense. Hy bid vir Sy…

Meer

Opgelaai deur Louise Jackson op 2 Februarie 2011 om 6:45 — Geen Kommentaar

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service