PvR Gemeenskapskerk

Maart 2010 Blog Artikels (17)

Terugtog!

Hierdie sal ons laaste inskrywing wees op ons bladsy. Ons het dit ongelooflik geniet om saam met jou te reis die afgelope 10 dae. Dankie vir elke gedagte, gebed en saamgesels. Dit het ons wegwees sin gegee en ons het dit opreg waardeer.


Ek sit in Seattle "downtown" in die La Quinta Inn & Suites en skryf met heimwee hierdie woorde. Ons het soveel diep en ryk belewenisse gehad dat ons eintlik nederig dankbaar is. Ons weet dat hierdie ervaring ons verstaan van onsself, ons…
Meer

Opgelaai deur PvR.2(USA)10 op 23 Maart 2010 om 0:11 — Geen Kommentaar

Sondag op Orca's eiland

Vandag was 'n afdag na die "Advance". Ek het die geleentheid gebruik om met 'n gehuurde fiets Mt. Constitution aan te durf. Uitdagende rit, maar hy het byna doodgevries. Op die berg reen dit toe redelik hard en die 6 myl skerp afdraand van die uitkykpunt af was stilsit op die fiets en die koue het sy tol geeis! Die temperatuur was so by 5 grade Celsius. Gelukkig het ek dit darem oorleef en die "evidence" van my epiese tog saamgebring.…


Meer

Opgelaai deur PvR.2(USA)10 op 22 Maart 2010 om 2:03 — 2 Kommentare

Orca's eiland - Dag 2

Kliek hier vir 'n paar fotos van die dag


Hoe beskryf 'n mens hierdie ervaring? 'n Pragtige, ongelooflike plek met van die mooiste natuurskoon op aarde, ongelooflike mense met diep deurdagte ervarings en insig. 'n Fantastiese span kollegas wat diep nadink en passievol is oor die Here, ons geloofsfamilie en mekaar se bediening. Sit nog daarby 'n geloofsfamilie wat omgee, saamreis en sinvolle gesprek begin .... kan… Meer

Opgelaai deur PvR.2(USA)10 op 21 Maart 2010 om 8:02 — 1 Kommentaar

"Advance" by Len Sweet se huis

Kyk hier vir van die fotos van vandag


Wat 'n ongelooflike dag!


Vroeg vanoggend begin die groep bymekaarkom. So ongeveer 30 van ons sit in die pragtige sitkamer van Len Sweet en gesels saam oor leierskap, heelheid, die kerk en vele ander. Ons ontdek nuwe fasette van Jesus in die gesprek. Nie net uit Len se opmerkings nie maar ook uit die harte en gedagtes van die ander leraars van Wahington,…
Meer

Opgelaai deur PvR.2(USA)10 op 20 Maart 2010 om 6:14 — 3 Kommentare

Leiers .... of eerder 1ste en 2de volgelinge?

Fantastiese gesprek vandag in Len Sweet se huis op Orcas ..

Kyk hierna ... die quantumsprong wat leierskap binne en buite die kerk in die volgende tyd gaan vorm en rig.

Hierdie was 'n sleutel gesprek in ons nadenke vandag.

Luister daarna en lewer jou kommentaar

Opgelaai deur PvR.2(USA)10 op 20 Maart 2010 om 2:00 — 1 Kommentaar

Dag 5: Reis na Orcas Island

Ons het vanoggend vroeg opgestaan om die vliegtuig vanaf Los Angeles na Seattle te neem. Op die lughawe het die lugredery vir Dries, wat ons groep se administrasie hanteer, van die vlug afgehaal. Hulle verskoning was dat hy laat ingeboek het. Dit was egter nie die geval nie. Ons kon gelukkig hom weer terug kry op die vlug en na 3 ½ ure se vlieg het ons in Seattle geland. Skielik was die lug koel en was ons bly vir die warm klere wat ons uiteindelik kon dra.



Ons het ons bagasie gekry en… Meer

Opgelaai deur PvR.2(USA)10 op 19 Maart 2010 om 8:01 — 1 Kommentaar

Dag 4 - Universal Studios

Kliek hier om die fotos te sien. Kies "Kyk Skyfies" en blaai deur die fotos.


Dankie vir die lekker saamkuier en saamgesels. Dit voel vir ons asof ons 'n klomp mede-toerders het. Ons geniet elkeen se insette en kommentaar.


Vandag was ons afdag in Los Angeles en ons het die Universal Studios besoek en baie lekker oor 'n lang aandete die eerste drie dae se gebeure en insigte…
Meer

Opgelaai deur PvR.2(USA)10 op 18 Maart 2010 om 8:00 — 1 Kommentaar

David Kinnamann, George Barna, Mike Erre (Dag 3)

Uit David en George se gesprek het vir my duidelik uitgestaan dat ons altyd met 'n volgende generasie moet moeite maak. Hulle is deel van die kerk van... vandag (nie more nie). Daar is soveel wat ons uit

hulle navosing moet hoor oor die postmoderne (global village) waarin

ons leef. Ons kinders in Suid Afrika, hier en ander dele van die

wereld het soveel meer in gemeen as wat my generasie of…

Meer

Opgelaai deur Elmo Pienaar op 17 Maart 2010 om 17:18 — Geen Kommentaar

Oor VSA en algemeen (Dag 3)

By verre ons besigste dag sover maar natuurlik alles die moeite werd. Ons is vroeg vroeg weg van Los Angeles af na die pragtige dorpie Ventura. Ventura het 'n paar geboue wat redelik oud is (wat dateer so

uit die 1920's). Dit is 'n pragtige dorpie en 'n vars bries op my

eerste indrukke van Los Angeles. Ek verstaan dat Los Angeles seker

nou al die grootste stad in die Verenigde State is (ook is New…

Meer

Opgelaai deur Elmo Pienaar op 17 Maart 2010 om 17:17 — Geen Kommentaar

Dag 3 - Aardbewings, Statistiek en ongemaklike Insigte

Kliek hier vir van vandag se fotos


Nouja, vandag het begin met 'n aardbewing! So net na 4 uur, teen 4.4 op die Richterskaal. Die hotelkamer het voelbaar en sigbaar beweeg bvir so 6 sekondes.... dis nou lekker groot skrik! Gelukkig was dit gou verby!


So teen 08:00 vertrek ons na Ventura, so 110km noord van LA. Ons gaan inloer by David Kinnamin, die huidige CEO en eienaar van die "Search…
Meer

Opgelaai deur PvR.2(USA)10 op 17 Maart 2010 om 8:30 — 4 Kommentare

Dag 3: David Kinnamen, George Barna en Mike Erre

Vandag was 'n baie vol dag, maar geweldig insiggewend.

Ons het tyd spandeer met twee van die gerespekteerdste navorsers wat probeer sin maak uit hulle navorsing oor die kerk. David Kinnamen het 'n boek "Unchristian" geskryf waarin hy ongelowiges gevra het wat hulle van die kerk en gelowiges dink. Die antwoord is die titel van sy boek: nie-christelik. Ongelowiges ervaar meestal Christene as nie-Christelik. Wat 'n aanklag is dit nie teen ons Christene nie?



David het ons uitgedaag om… Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 17 Maart 2010 om 8:24 — 2 Kommentare

VSA toer algemene refleksie

Die kompleksiteit van menslik interaksie neem algaande toe soos wat kulture ontwikkel. Die kulture waarvan gepraat word verwys ook na die subkulture van ons tyd. Met

hierdie uitdaging het ons as gelowiges die verantwoordelikheid om by

mense in te haak; kry ons dit egter sinvol reg wanneer al wat ons ken

ons eie christelike milieu is. Natuurlik het ons 'n

verantwoordelikheid teenoor bestaande gelowiges; die probleem egter

is dat christenskap…

Meer

Opgelaai deur Elmo Pienaar op 16 Maart 2010 om 15:30 — 2 Kommentare

Los Angeles - Alan Hirsch en Fuller Teologiese Skool

Kyk hier na die fotos van Los Angeles - Dag 2


Vandag was een van daardie dae wat 'n mens jouself knyp en wonder of dit regtig waar is. Ons is eintlik nog besig om ons ervaring met Erwin te herkou en deur te werk, toe is vandag op ons.


Die Fuller Teologiese Skool se kampus in Los Angeles is een van 5 in die VSA. Daar studeer tans meer as 5000 studente op die verskeie kampusse. Dis 'n pragtige, geskiedkundige plek wat…
Meer

Opgelaai deur PvR.2(USA)10 op 16 Maart 2010 om 7:34 — 2 Kommentare

Dag 2: Alan Hirsch by Fuller

Gesprek met Alan Hirsch by Fuller Teologiese Fakulteit



Vandag was ons by Fuller Universiteit waar ons dr Alan Hirsch ontmoet het. Alan word as een van die invloedrykste persone beskou wat nadink oor die kerk se taak in die wêreld. Daar is soveel dinge gesê

dat dit my nog ’n tyd sal neem om alles te prosesseer.…



Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 16 Maart 2010 om 7:17 — Geen Kommentaar

Dag 1: Erwin McManus

Gesprek met Alan Hirsch



Vandag was ons by Fuller Universiteit waar ons dr Alan Hirsch ontmoet het. Alan word as een van die invloedrykste persone beskou wat nadink oor die kerk se taak in die wêreld. Daar is soveel dinge gesê dat dit my nog ’n tyd sal neem om alles te prosesseer.



Weer wil ek net ’n paar opmerkings maak wat my laat dink:

• Ons wil mense aanmoedig om kerk toe te kom na ons toe, terwyl ons nie bereid is om na… Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 15 Maart 2010 om 17:00 — 1 Kommentaar

Los Angeles - Mosaic met Erwin McManus

Uiteindelik aangekom in die groot stad Los Angeles. Ingeboek in ons hotel het ons gou reggemaak om te vertrek na Mosaic se bediening by die"Mayan" nagklub in "Downtown Los Angeles.


Baie unieke en "cuttung edge" diens belewenis. Erwin is 'n uitstekende spreker en die hele ervaring is vars, jonk en gerig op jonger mense van 20-30. Hulle fokus veral daarop om mense wat glad nie kerk bywoon nie te bereik.


Baie dinamiese byeenkoms met baie stof tot…
Meer

Opgelaai deur PvR.2(USA)10 op 15 Maart 2010 om 8:00 — 3 Kommentare

Reis-13-14 Maart 2010

Volg ons op Facebook en Twitter. Soek vir Jan Venter se profiel teken in! Hallo al die reisgenote. Hierdie opdatering doen ek van 10000 vt in die boeing van Delta Airways. Ons is oppad na Los Angeles vanaf Atlanta, maar wag, kom ek begin by die begin.



Ons het 2115 vertrek op 13 Maart vanaf Johannesburg. Geld geruil, gesukkel met stakende rekenaars en lekker gelag en geskerts van opgewondenheid.



Die Delta personeel was baie vriendelik, maar ons is drie keer gevisenteer…

Meer

Opgelaai deur PvR.2(USA)10 op 13 Maart 2010 om 2:00 — 2 Kommentare

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service