PvR Gemeenskapskerk

Maart 2011 Blog Artikels (10)

Nijmegen 2011 - Reis saam! - 1

Ek nooi jou om saam met my te kuier oor my gewaarwordings en belewenisse tydens my studieverlof in Nijmegen. Ek sal probeer om gereeld hierdie blog op te dateer en my ervarings te deel.

Ek is ongelooflik bevoorreg (en begenadig) om hierdie ervaring te beleef en deel dit graag met jou.

Die eerste been van ons reis het ek en Hester 'n paar dae in Parys ('n lewenslange droom) uitgesit voor ek aanmeld by die Radboud Universiteit, eerskomende Maandag.

Parys is alles wat ek…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 31 Maart 2011 om 7:00 — 1 Kommentaar

Xtreme kamp, 'n graad 8 en 9 kamp met 'n verskil



Meer

Opgelaai deur Herman Matthee op 25 Maart 2011 om 9:29 — Geen Kommentaar

Die twee verlore seuns

Ek het verlede Sondag by Lukas 15 stilgestaan. Die baie bekende verhaal van die verlore seun, maar groot was my verbasing dat daar nie net een verlore seun was nie, maar twee - die oudste en die jongste.

Ons betrap onsself so maklik in een van die twee rolle. Ons voel baie keer soos die jongste seun wat wegdraai van die Here af en dan nie voel om terug te kom na die Vader toe nie, want ons voel nie ons verdien dit nie. Ons is dit nie werd nie. Daarom sal ons eerder in ons situasie bly…

Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 25 Maart 2011 om 9:06 — Geen Kommentaar

Phil gesels saam met die jeugspan

Dit is ons as jeugspan se PASSIE en DROOM om die jeugbediening binne God se wil te doen, en regtig net Sy hande, voete en stem te wees waardeur ons jongmense en kinders Christus opreg ontdek en uitleef. Daarvoor het ons voortdurend insette en vernuwende gedagtes nodig. Ons droom is dat elke kind en jongmens 'n "FULLY DEVOTED FOLLOWER OF CHRIST" sal wees!

Verlede jaar het Phil saam met die jeugspan gekuier rondom Missionere jeugbediening, en ek het hom…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 25 Maart 2011 om 8:14 — Geen Kommentaar

Kerk of Tabernakel

Ons besluit om soos die Moses en die Israeliete van ouds uit die kerk uit te trek! Toemaar, toemaar dis net vir een Sondag!  Ons slaan 'n "tabernakel" op agter die kerk & hou buite "kerk"! Maar nou waarom 'n tabernakel? Laat ons vertel! Die graad 1-6'se het die afgelope semester uit die Bybel@kinders gelees. Ons lees uit die eerste semester net uit die Ou Testament. Elkeen van ons helde het 'n ernstige gesprek met God…

Meer

Opgelaai deur Izette Malan op 18 Maart 2011 om 10:29 — Geen Kommentaar

Ons "Gesels saam" ... oor ons lofprysing en aanbidding.

Ons is besig om weer 'n slag saam te dink en gesels oor die musiekbediening en lof en aanbidding en ons geloofsfamilie en ons wil jou UITNOOI om jou gedagtes met ons te deel!

 

Kliek op hierdie skakel en voltooi die kort vraelys. Merk sommer die blokkies met 'n kleur om jou voorkeur aan te dui. Onthou asseblief om jou ouderdom en geslag by te sit.

 

Kliek hierdie skakel vir die vraelys: …

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 18 Maart 2011 om 10:00 — 1 Kommentaar

Die Impak van .... Lig in die donker.

Wanneer ek nadink oor my boodskap van verlede Sondag word ek opnuut bewus van Jesus se ongelooflike gawe om die diepste en mees betekenisvolle boodskap te versteek in die eenvoudigste beelde. 

Die beeld dat Christus die "Lig van die wêreld" is, breek vir my baie wonderlike perspektief oop wat my persoonlike verhouding met Jesus betref. As jy weer luister na die preek op die oudioskakel, wil jy nie saam met my dink oor die volgende paar vrae nie?

1. Bring ek "Lig" in die lewens…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 18 Maart 2011 om 7:48 — Geen Kommentaar

Die Jeugspan is 'n Wenspan

Vince Lombardi, 'n Amerikaanse Voetbal afrigter, het die volgende gesegde: "Build in your team a feeling of oneness, of dependence on one another, and of strength to be derived by unity". Vince sou trots gewees het op die jeugspan, want dit is presies wat ons jeugspan voor staan........eenheid, afhanklikheid van God en van mekaar en die gevolg is die krag van 'n bediening wat hieruit vloei.

Die afgelope naweek was die jeugspan, dit is nou Lizelle en Henk, Izette, Lizette, Herman en…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 16 Maart 2011 om 11:58 — Geen Kommentaar

Hoekom verander/vernuwe ons so moeilik?

Hier is 'n goeie gesprek op video met Alan Hirsch oor waarom ons as volgelinge van Jesus soms so vasgevang raak in onsself, dat ons sukkel om te verander en te vernuwe.

 

KYK VIDEO

Opgelaai deur Jan Venter op 4 Maart 2011 om 12:02 — Geen Kommentaar

Lydenstyd - Tyd van verdieping, verootmoediging en dankbaarheid

Die seisoene van die  "kerklike jaar" het deur die eeue ontwikkel met 'n baie spesifieke ritme en inhoud. Dit help ons as volgelinge van Jesus om deur die loop van die jaar bewus te bly van Sy teenwoordigheid en verlossingswerk ins ons lewe.

Die "kerklike jaar begin met Advent, wat gewoonlik die vier Sondae voor Kersdag plaasvind. Dit is die tyd waarin ons spesifiek fokus en voorberei op die fees van Christus se koms na die wêreld en sy geboorte. Kersdag is die hoogtepunt van hierdie…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 4 Maart 2011 om 6:47 — Geen Kommentaar

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service