PvR Gemeenskapskerk

Maart 2012 Blog Artikels (8)

Dis die moeiliker keuse, maar kies om te GROEI en te LEEF!

Die afgelope naweek was volgepak met verskillende soorte besondere gebeurtenisse. Elkeen kosbaar en besonders. Nie almal aangenaam en maklik nie.

Verlede Vrydag was ek bevoorreg om deel te wees van 'n "Symposium" aangebied deur Prof. Jan se departement. Die sprekers was ou bekendes. Alan Hirsch, ons SA/Ozzie/Amerikaanse vriend wat ook ingeskryf is vir studies hier; Nelus Niemandt, Missiologie dosent by Tuks en ons eie Stephan Joubert. Elkeen van hulle het op 'n unieke, vars manier…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 26 Maart 2012 om 19:30 — Geen Kommentaar

'n Ander lewe .... as volgeling van Jesus

Dinsdag oggend heel vroeg (in die yskoue oggend) is ek met die fiets af stasie toe. Fietse is die vervoermiddel van keuse hier in Nederland, veral omdat dit so plat is. Maar terug by die storie. Ons is oppad na 'n (veral teologies) beroemde dorp, met die naam van Kampen. Dis so ent noord van Amsterdam aan die die Ijsselmeer.

Ons het die dag die voorreg om saam met predikante, dosente en studente van die "Teologische Universiteit" in twee werksessie te wees. Een 'n…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 22 Maart 2012 om 10:53 — 1 Kommentaar

Liewe Kind van God....

Liewe Kind van God,

Ek noem jou sommer so, eerstens omdat ek nie jou naam weet nie, en tweedens omdat ek jou elke Sondag voor my in die kerk sien, arms omhoog, terwyl jy God dien.

Ek wil egter graag iets van my hart af kry… Meer as ‘n jaar gelede, het ek deur ‘n rowwe tyd gegaan: My man is met kanker gediagnoseer, hy was baie siek, ‘n veloorplanting het gevolg, ‘n week daarna was my Mammie, vir wie ek oneindig lief is, baie, baie siek en moes ook sy ‘n opersie…

Meer

Opgelaai deur Anél de Meyer op 20 Maart 2012 om 14:00 — 1 Kommentaar

Diens jou persoonlike ruimte!

Dis nogal vreemd om heeltemal alleen te leef, veral as jy gewoond daaraan is om saam met jou gesin te wees.

Daar is sekere ritmes in ons persoonlike ruimte waaraan ander deel het. Dinge soos vloere skoonhou, skottelgoed was, klere was, netheid, kosmaak ens. is iets waaraan 'n mens almal deel het. So, sonder dat ek daarvan bewus is gebeur daar van hierdie dinge in my persoonlike ruimte. Soms deel ek daarin, en soms nie.

Nou, alleen in 'n flêtjie, is al daardie dinge my…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 18 Maart 2012 om 12:43 — 2 Kommentare

Reis, dis hoe ons lewe!

Ek sit saam met my gesin vir 'n laaste koppie koffie voor ek weer vannag vir 'n maand na Nijmegen in Nederland vertrek. Praat van gemengde gevoelens! 

Die geleentheid om te studeer met Stephan Joubert as studieleier, in die departement van Jan van der Watt by die Radboud Universiteit kom net een keer in 'n leeftyd. Die ruim beurs maak dit moontlik vir my om op hierdie lewensveranderende reis te wees. 'n Reis na die landskap van my denke. Ek reis graag deur die landskap van my hart en…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 16 Maart 2012 om 16:57 — Geen Kommentaar

As Christus vir ons bid...

Gister soek en groei ons bedieningspan verder op die pad van Geroepenheid en Gestuurdheid.Iewers deur die dag word ons gevra om te dink, en taal te gee, aan 'n brief van Christus aan ons hier in Pierre van Ryneveld. Ons het in Engels gewerk en hierdie brief het in Engels na my gekom:

"My beloved people of PvR,

Love one another with all your hearts, not holding back on both truth and grace.

Follow in my footsteps, not losing heart when those following you start…

Meer

Opgelaai deur Elmarie Van Wyk op 15 Maart 2012 om 8:30 — Geen Kommentaar

Broeder Moord

Ons het hierdie Sondag oor Kain & Abel gesels.  Ek was in die bevoorregte posisie om saam met die Mosterdsaadjies vanoggend te kuier! "Never a dull moment"!!!  Weet julle wat beteken om jaloers te wees - as jy in die hoek moet sit en jou boetie & sussie sit op die bed om 'n storie te hoor! (sy't glo nie geluister nie) Of "you feel angry because someone have better stuff than you" Ek vra maar het julle dit altyd nodig - die antwoord terug was: "nee, maar dis lekker om dit te hê" of…

Meer

Opgelaai deur Izette Malan op 4 Maart 2012 om 14:30 — Geen Kommentaar

Aandag alle Matrieks

Goeie dag aan alle Matrieks en hul ouers.

Ja, julle het tien teen een verlede jaar belydenis afgele, en dink daar is niks by die kerk vir julle nie, wel, daar is!  Ons het hierdie jaar begin met 'n Matriekgroep, en ek het aan 'n spesiale naam gedink vir julle! Dit is: MIX - Matrieks In Christus.  Julle is 'n baie spesiale groep, met jul eie behoeftes. Die Young Adults is steeds daar, as julle sou verkies om hulle te 'join'.  Hulle kuier op 'n Dinsdagaand. As julle in die YA's…

Meer

Opgelaai deur Manien Richards op 2 Maart 2012 om 15:30 — Geen Kommentaar

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service