PvR Gemeenskapskerk

April 2011 Blog Artikels (17)

Nijmegen 2011 - Koffie, soos dit bedien moet word.

 

Hier sit ek vanoggend in Nijmegen, kliphard aan die uitsorteer van boeke en dinge. Die laaste boeke wat ek nie by die huis gaan kry…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 26 April 2011 om 13:43 — Geen Kommentaar

Nijmegen 2011 – Van Luiperds, Hollanders en die Nuwe Begin

Hier sit ek vandag in Holland en dink, van alle dinge, aan 'n luiperd. Vanoggend se lekker lang fietsrit…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 23 April 2011 om 12:59 — Geen Kommentaar

Maak Paasfees 2011 'n fees saam met die kinders

Paasfees is 'n Verlossingsfees, en ‘n fees moet gevier word! Ons moet saam feesvier oor die opstanding van Jesus.

Kinders mag nie uitgesluit word van die viering van Paasfees (en ander feeste) nie. Hule is immers deel van die verlossing! Maar verstaan ons kinders altyd waaroor Paasfees gaan? Dit is ons, as ouers se verantwoordelikheid, om ons…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 20 April 2011 om 12:00 — Geen Kommentaar

Paasfees - Kom staan jy 'n bietjie in die skoene van ....

Die vrou wat Jesus met parfuum gesalf het ...

 

 

 

 

 

 

 

 

 

waar was haar gedagtes terwyl die disspels haar gekritiseer het oor haar goeie daad....

 

 

Een van die disspels saam met Jesus aan tafel met die instelling…

Meer

Opgelaai deur Izette Malan op 20 April 2011 om 11:43 — Geen Kommentaar

Nijmegen 2011 - Heilige Week

Ek sit in die pragtige kerk van "die Heilige Maria" in Munster,Duitsland. Dis 'n pragtige lente-oggend, maar ek kies om nou vir eers hier te wees, as deel van my eie reis na Pase.

Dis 'n pragtige middel-eeuse kerk wat uitstekend in stand gehou word. Die stilte is tasbaar en ek bly steeds in…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 19 April 2011 om 13:00 — 1 Kommentaar

Nijmegen 2011 - Alleen Viering

Vroegoggend in Nijmegen is bytend koud. Die lenteluggie is maar dun as ek uitgaan. Dis die Sondag voor Paasfees. Heilige week begin, en ek het nie 'n kerk nie. Wel, nie hier nie.

In my geloofsfamilie in Pierre van Ryneveld is daar opgewondenheid en vreugde. Dis daar Paasviering. Ek sien in my geestesoog die bekende gesigte wat by die kerk instroom en die vriendelike, laggende groetery. Daar is niks soos alleenwees om jou te help om alleenwees te verstaan nie.…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 17 April 2011 om 10:09 — 2 Kommentare

Volgelinge van Jesus - Mense van Sy Missie!

Een van die lekkerste voorregte van die ervaring wat ek en Hester die afgelope tyd het is vlieg. Ja, vlieg!

Ons leef in 'n tyd van lugvervoer waarmee die hele aarde eintlik bereikbaar geword het. Daar is fantastiese, luukse vliegtuie wat honderde passasiers, elkeen met sy/haar eie persoonlike reisplan, kan neem op avontuurlike ervarings vol romantiek en verassings.

Op die vliegtuig is daar bemanning en bedienaars. Die bemanning is verantwoordelik vir ons veiligheid en om te…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 15 April 2011 om 12:51 — 1 Kommentaar

Nijmegen 2011 - God was (en is steeds) hier!

So verras die Here Jesus 'n mens. Sonder dat jy dit verwag. Eintlik verwag 'n mens baie keer die teenoorgestelde en word uitgevang in jou kleingeloof of sommer net jou afgetrokkenheid.

Ons ontmoet vir Prof. Chris Hermans in verlede week. Wilde bos grys hare. Modieuse klerestyl. Skerp en vindingryk, maar ook besonder behulpsaam en passievol oor sy vak en elkeen van ons se temas en uitdagings. Gawe kêrel. Sy vrou Klazina is net so modieus en al te fyntjies. Hulle het beide hulle…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 15 April 2011 om 8:51 — 2 Kommentare

Brul & Piep - Pa en dogter kamp

Brul & Piep is eintlik Pa en dogter! Verlede jaar het ons 'n Ma & dogter - feetjiedag en 'n Pa en seun - visvang naweek gereël. Wel, nou…

Meer

Opgelaai deur Izette Malan op 15 April 2011 om 6:52 — 3 Kommentare

Sodwana Seekamp 2011

"Hierdie is 'n dag wat ek vir die res van my lewe in my hart sal dra. As mense my daaroor uitvra voel dit asof dit net gister was. Soms voel dit baie onwerklik dat ek nou al amper twee volle jare saam met Christus die pad stap. Dit voel meer soos 'n paar maande, maar nogtans kan ek nie die persoon wat aan die einde van hierdie journey staan vergelyk met die persoon wat ek aan die begin was nie. En dit alles het begin op daardie een dag. 2 Desember 2008. By die winkelspruit…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 15 April 2011 om 6:30 — Geen Kommentaar

'n Pragtige Paasfees Storie deur Johan Symington

"Op ons dorpie was daar 'n seuntjie wat, soos ons destyds gepraat het "gebreklik" gebore is. Hannes was ook verstandelik erg uitgedaag. Op skool kon hy nie eintlik vorder nie en het maar jaar na jaar in dieselfde klas gesit. Hy was egter ook vir elke onderwyser 'n geweldige uitdaging, want hy kon nie stilsit nie en het die hele dag lank gromgeluidjies gemaak…
Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 15 April 2011 om 6:26 — Geen Kommentaar

Nuwe Genealogiese boek - insperasie deur God

Ek stel bekend my nuwe genealogiese boek oor die Botes stamregister wat ek na 20 jaar se navorsing voltooi het. Die boek is nou beskikbaar vir bestellings via my webblad by http://botes-stamboom.weebly.com. Ander prominente vanne in die boek sluit in Botha, Oosthuizen, Putter, Du Preez en Shafer.



Gaan lees gerus my getuienis oor hoe die Here my oor 20 jaar voorberei het om uiteindelik my boek tot publikasie te bring -… Meer

Opgelaai deur Willie Botes op 14 April 2011 om 11:54 — Geen Kommentaar

Nijmegen 2011 - Afskeid is deel van reis

Reis gaan ook oor afskeid.

Elke mooi ervaring, elke asemrowende uitsig, elke inspirerende gebou of park is verbygaande. 

Die afgelope twee weke was gevul met wonderlike ontmoetings. Bekende en beroemde plekke en uitsigte het  'n deel van my lewenstorie geword. 

Elke nuwe ervaring was 'n ontmoeting, gevul met opgewondenheid, avontuur, verwagting en blydskap. Elke ontmoeting is egter gevolg deur 'n afskeid van soorte.

Die laaste aand in Parys het ek en Hester langs…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 12 April 2011 om 13:17 — 2 Kommentare

Nijmegen 2011 - Treinrit na Amsterdam

Vroegoggend op die Nijmegen stasie is dit rustiger as wat ek verwag het. Dit is Saterdag en die koorsige gewemel van reisigers het bedaar, vir…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 12 April 2011 om 13:02 — 1 Kommentaar

Nijmegen 2011 - Reis saam: Van Parys na Radboud Universitijt

 

Die paar dae in Parys was nie net 'n broodnodige ruservaring tussen Suid-Afrika en die maand van studie nie, dit was ook 'n wonderlike tyd saam met Hester. Dit was nog altyd 'n droom om saam met haar in Parys te wees, en so sonder dat ek dit verwag het gebeur dit onverwags. Weereens 'n stukie van my lewensverhaal waar die Here 'n groot padteken opgesit het met die woorde: "Onthou, Ek is getrou!"

Ons tweede voldag was gewy aan Montmartre, die Sacre Coeur en 'n paar kleiner…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 8 April 2011 om 11:00 — 1 Kommentaar

Sacre Coeur - Heilige harte?

 

Verlede week sit ek en Hester In die Sacre Coeur Katedraal in Montmartre in die hartjie van Parys. Dis 'n pragtige katedraal met ongelooflike beeldhouwerke, dakskilderye en verbysterende argitektuur. Die naam beteken "Sacred Heart" en verwys na Jesus se hart. Dit is opgerig as 'n gelofte aan…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 7 April 2011 om 15:34 — 1 Kommentaar

Mense trap diep spore - Sherry Underwood kuier saam met SOLO

Daar is mense wat spore in jou lewe trap, maar dan is daar die mense wat sulke diep spore in jou lewe los, dat jy dit nooit uitgevee kan kry nie - dit is vir ewig vasgevang.Sherry Underwood het sulke diep spore gelos toe sy saam met die SOLO bediening gekuier het, en hoe bevoorreg was ons nie. Dis die eerste keer dat sy haar storie in die openbaar met 'n groep gedeel het. Maar kom ek vertel kortliks ietsie hiervan.

Daar kom daagliks mense in ons lewens in, vir 'n sekonde, 'n minuut,…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 1 April 2011 om 7:00 — 1 Kommentaar

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service