PvR Gemeenskapskerk

Mei 2011 Blog Artikels (12)

Heelhartiges

Wat is dit wat maak dat party van ons makliker opstaan, groei, vorentoe beur, verhoudings herstel en doelbewus daaraan werk? In my oppadwees saam met mense blyk een antwoord uit te staan; Die geloof dat ek dit werd is om liefgehe te word en te behoort ,met ander woorde, selfwaarde en die wete dat ek identiteit in God het... Heelhartig is.

 

Heelhartiges deel die vlg. eienskappe:

Dapperheid - hulle het die moed om NIE volmaak te wees nie;

Sagmoedigheid - met…

Meer

Opgelaai deur Elmarie Van Wyk op 28 Mei 2011 om 10:30 — Geen Kommentaar

Koeldrankverkope by Lugskou

Saterdag oggend half 5 kry ons meer as 30 vrywilligers - van oor die 40 jariges tot 9 jariges - by die kerk en toer ons af Lugmagbasis toe om die dag daar koeldrank te verkoop en so 'n paar rand in te samel vir ons jeugfonds. En wat  'n belewenis was dit nie! Almal het ingespring en gehelp, koeldrank kratte rondegery en gedra, verkope gedoen en sommer net ingespring en gehelp waar nodig was. Die atmosfeer was lieflik en natuurlik die vertoning onbeskryflik. Yip, ons kon darem deur die…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 26 Mei 2011 om 14:00 — Geen Kommentaar

Die Boodskap en ander Bybels op jou selfoon

Die Boodskap, 'n hedendaagse vertaling van die Bybel deur o.a. Jan van der Watt en Stephan Joubert is nou elektronies beskikbaar. Wat dit so lekker maak is dat jy dit op enige rekenaar met internet kan gebruik, asook op jou selfoon se internet. Vir dié mense wat "smartphones" het, is daar 'n opsie om die Bybel op jou selfoon te installeer.

Nie alleen is Die Boodskap op You Version beskikbaar nie, maar ook die Nuwe Lewende…

Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 26 Mei 2011 om 13:30 — Geen Kommentaar

Pinkster 2011 - Stephan Joubert se gedagtes oor Phil Underwood

Stephan ken vir Phil reeds 'n aantal jare en ek het hom gevra om vir ons in 'n paar woorde iets oor Phil mee te deel. Hier is sy gedagtes:

"Phil Underwood is loshande een van die mees begaafde kerkleiers wat ek ken. Hy begelei ‘n aantal…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 20 Mei 2011 om 7:30 — Geen Kommentaar

Bybelreis oor Gebed

Ons Bybelreis oor gebed het gisteraand (11 Mei) saam met Stephan Joubert begin. Dit was 'n voorreg om saam met ongeveer 120 mede-reisigers saam na te dink oor gebed.

Stephan het ons uitgedaag om nuut oor gebed te dink. Gebed is so voor die handliggend, maar niemand wil dit doen nie, veral nie in die openbaar nie. Ons voel dat ons nie die woordeskat of bevoegdheid het om te bid nie.

Ek is uitgedaag om weer nuut oor gebed te dink. Gebed is nie maar 'n verskuilde manier om God te…

Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 12 Mei 2011 om 20:58 — Geen Kommentaar

'n Paar gedagtes oor ons Geloofsfamilie se pad vorentoe!

Kliek hier vir 'n kykie in die harte en gedagtes van ons Geloofsfamilie se leiers.

Dit is 'n PDF-dokument wat op 'n nuwe bladsy sal oopmaak.

Gesels gerus met ons oor jou nadenke daaroor

 

Opgelaai deur Jan Venter op 12 Mei 2011 om 20:30 — Geen Kommentaar

Ontwaak! Wat het ons Bedieningspan ervaar?

Sedert die begin van die jaar is ons bedieningspan besig met 'n intense geestelike verdiepingsproses. Ontwaak! (Awaken!) en Aktiveer! (Activate!) het die proses afgeskop en ons is dit eens dat dit een van die mees verrykende en vernuwende ervarings is wat ons ooit beleef het!

Luister wat die span beleef…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 12 Mei 2011 om 20:10 — Geen Kommentaar

Herman nooi die Joeff uit vir Pinkster

Hier is wat Herman sê....

Na ’n ongelooflike Paasseisoen, waar ons die hele kruistog kon saamstap, gaan ons amper die volgende tydperk binne. Pinkster is vir ons as Joeff ook ’n lekker tyd van saamkom en dit as familie en vriende ervaar, waardeer en geniet.

Vanaf die 6de tot die 9de Junie m.a.w. die Maandag tot Donderdagaand van Pinksterweek, gaan ons as Youth feesvier en lekker saam kuier, om ’n kampvuur met ‘n koffie of milo en dalk ietsie soos marshmallows om die kake aan…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 12 Mei 2011 om 19:00 — Geen Kommentaar

Wat Herman sê oor die seekamp.

Ons hoor die branders, voel die rustig word, die asemhaal en lekker kuier saam met ’n diep reis van wie ons is en wat ons GLO opgetof met jare se pret, lag en kuier saam met ons vriende.  JA, jy is reg! Dit is, dit is see kamp waarvan ek praat. En nie enige see kamp nie, nee DIE see kamp, ons see kamp,  see kamp 2011.

Kom join ons in die journey en kom geniet net die see, strand, sterre en kampvuur kuiers saam met ons. Ons reis opsoek na paar nuwe betekenisse en net dalk ontdek jy die…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 12 Mei 2011 om 19:00 — Geen Kommentaar

Juniors: Nikodemus - ‘n Nagdissipel wat ‘n onverskrokke daggetuienis lewer!

Ons Juniors kuier saam oor die vraag wat Nikodemus vir Jesus kom vra: Hoe word ek 'n kind van God? Eers moet ek vir 'n groep graad 1-3's verduidelik wat die Fariseërs gedoen het. Die Fariseërs het onder andere baie wette onderhou - die kinders se reaksie maar daar is mos net 10! Een van die kinders sê ook dat hy hulle almal ken (hy's in gr 2), hy begin hulle opsê en by die 6de gebod steek hy 'n bietjie vas - een van die gr 1's help hom "Jy mag nie in die badkamer rook nie". (Ek het gedink…

Meer

Opgelaai deur Izette Malan op 12 Mei 2011 om 18:44 — Geen Kommentaar

Laat daar Lig wees - Pinkster

In Genesis 1:3 God was egter daar en

Hy het gesê: "Laat daar lig wees."

God maak eerste die Lig en

heel laaste die mens - 'n afdruk van Homself.

God se vingerafdruk lê op ons, in ons.

Jesus wil hê ons moet in Sy spore stap want

Hy's die Lig van die…

Meer

Opgelaai deur Izette Malan op 12 Mei 2011 om 12:30 — Geen Kommentaar

Maak ons goeie wyn, of verkoop ons gewilde wyn?

Onlangs lees ek 'n opmerking van Hein Koegelenberg wat my baie diep laat nadink het. Hein is 'n sakeman met verskeie belange, maar het veral 'n passie vir wyn, wat hy uitleef op hulle wynlandgoed, La Motte, in die Wes-Kaap. La Motte is 'n gewilde bestemming vir veral hoëprofiel buitelandse besoekers aan die land en is bekend vir die uiters goeie kwaliteit wyn wat daar geskep word.

Die gedagtes van Hein wat my oog gevang het gaan oor, te verwagte, wyn. Hy verwys op sy "blog" na 'n…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 10 Mei 2011 om 17:30 — 2 Kommentare

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service