PvR Gemeenskapskerk

Kollig Blog Artikels – Mei 2011 Argief (7)

Heelhartiges

Wat is dit wat maak dat party van ons makliker opstaan, groei, vorentoe beur, verhoudings herstel en doelbewus daaraan werk? In my oppadwees saam met mense blyk een antwoord uit te staan; Die geloof dat ek dit werd is om liefgehe te word en te behoort ,met ander woorde, selfwaarde en die wete dat ek identiteit in God het... Heelhartig is.

 

Heelhartiges deel die vlg. eienskappe:

Dapperheid - hulle het die moed om NIE volmaak te wees nie;

Sagmoedigheid - met…

Meer

Opgelaai deur Elmarie Van Wyk op 28 Mei 2011 om 10:30 — Geen Kommentaar

Koeldrankverkope by Lugskou

Saterdag oggend half 5 kry ons meer as 30 vrywilligers - van oor die 40 jariges tot 9 jariges - by die kerk en toer ons af Lugmagbasis toe om die dag daar koeldrank te verkoop en so 'n paar rand in te samel vir ons jeugfonds. En wat  'n belewenis was dit nie! Almal het ingespring en gehelp, koeldrank kratte rondegery en gedra, verkope gedoen en sommer net ingespring en gehelp waar nodig was. Die atmosfeer was lieflik en natuurlik die vertoning onbeskryflik. Yip, ons kon darem deur die…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 26 Mei 2011 om 14:00 — Geen Kommentaar

Die Boodskap en ander Bybels op jou selfoon

Die Boodskap, 'n hedendaagse vertaling van die Bybel deur o.a. Jan van der Watt en Stephan Joubert is nou elektronies beskikbaar. Wat dit so lekker maak is dat jy dit op enige rekenaar met internet kan gebruik, asook op jou selfoon se internet. Vir dié mense wat "smartphones" het, is daar 'n opsie om die Bybel op jou selfoon te installeer.

Nie alleen is Die Boodskap op You Version beskikbaar nie, maar ook die Nuwe Lewende…

Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 26 Mei 2011 om 13:30 — Geen Kommentaar

Bybelreis oor Gebed

Ons Bybelreis oor gebed het gisteraand (11 Mei) saam met Stephan Joubert begin. Dit was 'n voorreg om saam met ongeveer 120 mede-reisigers saam na te dink oor gebed.

Stephan het ons uitgedaag om nuut oor gebed te dink. Gebed is so voor die handliggend, maar niemand wil dit doen nie, veral nie in die openbaar nie. Ons voel dat ons nie die woordeskat of bevoegdheid het om te bid nie.

Ek is uitgedaag om weer nuut oor gebed te dink. Gebed is nie maar 'n verskuilde manier om God te…

Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 12 Mei 2011 om 20:58 — Geen Kommentaar

Juniors: Nikodemus - ‘n Nagdissipel wat ‘n onverskrokke daggetuienis lewer!

Ons Juniors kuier saam oor die vraag wat Nikodemus vir Jesus kom vra: Hoe word ek 'n kind van God? Eers moet ek vir 'n groep graad 1-3's verduidelik wat die Fariseërs gedoen het. Die Fariseërs het onder andere baie wette onderhou - die kinders se reaksie maar daar is mos net 10! Een van die kinders sê ook dat hy hulle almal ken (hy's in gr 2), hy begin hulle opsê en by die 6de gebod steek hy 'n bietjie vas - een van die gr 1's help hom "Jy mag nie in die badkamer rook nie". (Ek het gedink…

Meer

Opgelaai deur Izette Malan op 12 Mei 2011 om 18:44 — Geen Kommentaar

Laat daar Lig wees - Pinkster

In Genesis 1:3 God was egter daar en

Hy het gesê: "Laat daar lig wees."

God maak eerste die Lig en

heel laaste die mens - 'n afdruk van Homself.

God se vingerafdruk lê op ons, in ons.

Jesus wil hê ons moet in Sy spore stap want

Hy's die Lig van die…

Meer

Opgelaai deur Izette Malan op 12 Mei 2011 om 12:30 — Geen Kommentaar

Maak ons goeie wyn, of verkoop ons gewilde wyn?

Onlangs lees ek 'n opmerking van Hein Koegelenberg wat my baie diep laat nadink het. Hein is 'n sakeman met verskeie belange, maar het veral 'n passie vir wyn, wat hy uitleef op hulle wynlandgoed, La Motte, in die Wes-Kaap. La Motte is 'n gewilde bestemming vir veral hoëprofiel buitelandse besoekers aan die land en is bekend vir die uiters goeie kwaliteit wyn wat daar geskep word.

Die gedagtes van Hein wat my oog gevang het gaan oor, te verwagte, wyn. Hy verwys op sy "blog" na 'n…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 10 Mei 2011 om 17:30 — 2 Kommentare

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2018   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service