PvR Gemeenskapskerk

Junie 2011 Blog Artikels (8)

seekamp countdown 2

Ons het vanaand die waentjie met die tente, stoele, matrasse, beddegoed, worship tent en kombuis gazebos gepak......en wat 'n vrag. Kan nie dink dat 'n kamp met 60 mense soveel pakkasie het nie, en die klere is nog nie eers by nie. Die manne het dit in 'n gewone 4X4 waentjie probeer inpas, maar geen geluk. Gelukkig het ons 'n groot "quad" waentjie as "backup" gehad, (dis net weereens 'n bewys dat 'n mens altyd 'n backup moet he) en alles pas gelukkig met gemak daarin..... nou is daar geen…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 29 Junie 2011 om 22:46 — Geen Kommentaar

Seekamp countdown

"It's the final countdown"en daar is net 4 dae oor voor ons vertrek Sodwana toe. Ons het gisteraand 'n saamkoms met die ouers en jongmense gehad waar die finale reelings getref en deurgegee is. Nou word die laaste kos nog gekoop, die laaste geldsake word uitsorteer en dan is ons oppad! Hier is die inligting wat aan die ouers deurgegee is, ingeval iemand dit gemis…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 28 Junie 2011 om 9:47 — Geen Kommentaar

Seekamp voorbereiding

Ons is hard aan die voorberei vir ons Seekamp!

Ons vertrek Saterdagoggend 5h00 vanaf die kerk!

Ons kan nie meer wag nie! Daar is ongeveer 45 jongmense wat saam gaan.

Bid asseblief vir ons en elke jongmens wat hierdie opwindende reis met ons gaan meemaak.

Vir enige navrae, kontak my gerus.

Hanlie

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 27 Junie 2011 om 11:15 — Geen Kommentaar

Seekamp

Seekamp 2011 koors is hoog en dis presies nog 22 slapies voor ons vertrek na Sodwana waar die jaar se hoerskool seekamp gaan wees....en glo dit as jy wil dit word elke dag minder. Ek weet nie wie is die meeste opgewonde nie, die jongense of die span nie?

Maar wat is my droom vir die seekamp, 'n vraag wat ons span mekaar gereeld afvra. In die week, een oggend toe dit so snerpend koud is....daardie koue wat tot op die been sny en wat so pynlik is want daar is bitter min dinge wat dit…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 10 Junie 2011 om 4:30 — Geen Kommentaar

Pinkster - 'n bediening wat jou na jou Judea en beslis jou Samaria sal neem - die CMA !

Hi daar almal,

Ek wil in lyn met die Pinkster boodskap en die winterhoop projek van ons gemeente ook my uitnodiging, van die CMA Pierre van Ryneveld aan almal wat motorfiets ry, stuur.

Ons werk by die CMA sluit so mooi aan by "vertel jou storie" en "help/reik uit waar jy 'n verkil kan maak". Dit is nie nodig om nuwe dinge te gaan soek nie, jy het 'n geleentheid hier onder jou neus.

Tussen die bikers van ons gemeenskap (en daar is baie van hullle) is daar soveel…

Meer

Opgelaai deur Jan Kruger op 8 Junie 2011 om 17:20 — Geen Kommentaar

Mensehandel - Sampie Niemand

  • Tydens ‘n onlangse misdaadkonferensie het afgevaardigdes verneem dat ‘n gemiddeld van 5 kinders per dag uit Suid-Afrika ontvoer word.
  • ‘n Paar weke gelede is daar in die Skiereiland toegeslaan op ‘n aantal Nigeriërs wat na bewering geboortesertifikate vervals het.
  • Volgens ‘n TV-nuusberig op 2 Junie 2011, het die polisie in Aba, Nigerië, op ‘n huis toegeslaan waar dogters tussen die ouderdomme 15 en 17 jaar aangehou en gedwing is om babas te hê om op…
Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 7 Junie 2011 om 15:38 — Geen Kommentaar

Brrrrul en Piep

Vrydag aand 27 Mei slaap so 90 pa’s en dogters in die Pretoria se Dieretuin.  Party pa’s is al half vyf by die dieretuin. Raai wat was byna al die pa’s se reaksie sodra hulle aangemelt het: ons het sooo baie goed – genoeg vir ‘n hele naweek se kamp!!!  Die dieretuin se bakkie het seker 5 keer heen-en-weer gery en…

Meer

Opgelaai deur Izette Malan op 2 Junie 2011 om 21:00 — Geen Kommentaar

"Joeff" LAN!!!

 

RSVP op die web by "Gebeure".  Sien jou daar!!!…

Meer

Opgelaai deur Barend Bezuidenhout op 1 Junie 2011 om 19:22 — 4 Kommentare

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service