PvR Gemeenskapskerk

Augustus 2011 Blog Artikels (7)

En die Lig val op pyn

 My kring van vriende is mense. Elkeen van ons is iewers op pad in ons lief wees vir, en dien van God. Ons het elkeen ons geite en goet(d)e. Ons kuiers is vrolike en dikwels diepe ervarings en vir my is dit telkens "kerk". Hier is broosheid, stukkend wees, blywees, alleenwees en saamwees ewe bekend - wat 'n voorreg!

 

So is dit dat een van ons 'n vernietigende degeneratiewe beensiekte het, allergies is vir morfien, die pynstiller wat hom uit die hel van pyn kan verlig moet nog…

Meer

Opgelaai deur Elmarie Van Wyk op 22 Augustus 2011 om 16:30 — Geen Kommentaar

Wat is die doel van die lewe?

Soos die opskrif sê: "Wat is die doel van die lewe?"

Hoekom moet ons altyd terug gaan na mense om jammer te sê oor wat ons gesê het. As ons sê wat ons bedoel en bedoel wat ons sê sal dit nie nodig wees nie. Jesus moes nooit terug gegaan het na iemand om verskoning te vra nie.

 

Het jy alles vir jou geliefde gesê wat jy moes voor jy uit die huis gegaan het vanoggend? Dit tel ook nie net vir die mense wat saam met jou woon onder dieselfde dak nie. Wat van jou vriende?…

Meer

Opgelaai deur Wardi Smit op 16 Augustus 2011 om 14:30 — 1 Kommentaar

50:20 visie: "Julle wou...maar God... "

Na aanleiding van die preek van Sondag oor Genesis 50:20

Die meeste van ons was al by ’n oogkundige om na ons oë te laat kyk, want ons sien nie altyd meer so lekker nie. Ons arms word te kort of ons sukkel om detail ver te kan sien. Ons lees dan verskillende letters van ’n bord af en sodoende word bepaal wat ons kan lees of nie.…



Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 12 Augustus 2011 om 11:13 — Geen Kommentaar

Sonder mekaar kan ons nooit onsself wees nie.

Hier is nou 'n lekker groot woord. Interafhanklikheid. Skrywers en denkers deur die eeue het hieroor nagedink. Snaaks genoeg het Karl Marx die eerste keer die woord gebruik in sy "Communist Manifesto" in 1848. In 1944 het Will Durant 'n "Declaration of Interdependence' geskryf, maar in die moderne tyd het die skrywer Stephen Covey vir ons 'n goeie stukkie filosofie hieroor gegee.

Covey se benadering is dat ons as mense behoort te groei van afhanklikheid (as babas en kinders wat nie op…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 2 Augustus 2011 om 18:48 — 1 Kommentaar

#"die tussenin" fase 2

O ja! Net toe jy dink dit kan nie beter word nie - hier is fase 2 van ons "die tussenin" journey se blaadjie ook sommer! Vars van die pers af soos hulle se...hehehe...Maar moenie komkommer nie, indien jy die "handheld" weergawe verkies kom net enige van die volgende paar Sondae en ons sal vir jou enetjie in die hand stop!

 …

Meer

Opgelaai deur Hanre Janse van Rensburg op 1 Augustus 2011 om 12:41 — Geen Kommentaar

#"die tussenin" fase 1

Allo allo aan almal,

 

Vir die van julle wat fase een van "die tussenin" se blaadjie gemis het, hier is hy nou vir jou maklike elektroniese verbruik! Nou kan jy opvang en deel word van die groter proses!

 …

Meer

Opgelaai deur Hanre Janse van Rensburg op 1 Augustus 2011 om 12:33 — Geen Kommentaar

Geniet ons mekaar se vals note ...

Twee dagreise ver ... dis Orcas eiland. Twee vlugte, 'n reis per motor, 'n vaar met die veerboot en nog 'n stukkie op die pad bring 'n mens na hierdie stukkie hemel op aarde. Dis nie verniet dat die staat Washington bekend staan as die "Evergreen State" nie! Die eilande is so amper lukraak versprei oor die horison en die diep blou water van die "Puget Sound" verkleur stelselmatig deur die verskillende skakerings van pers soos die son sak in die weste.

Ons sit op die houtdek voor Len…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 1 Augustus 2011 om 7:00 — 2 Kommentare

Monthly Archives

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service