PvR Geloofsfamilie

Alle Blog Artikels (402)

Dag 1: Erwin McManus

Gesprek met Alan Hirsch



Vandag was ons by Fuller Universiteit waar ons dr Alan Hirsch ontmoet het. Alan word as een van die invloedrykste persone beskou wat nadink oor die kerk se taak in die wêreld. Daar is soveel dinge gesê dat dit my nog ’n tyd sal neem om alles te prosesseer.



Weer wil ek net ’n paar opmerkings maak wat my laat dink:

• Ons wil mense aanmoedig om kerk toe te kom na ons toe, terwyl ons nie bereid is om na… Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 15 Maart 2010 om 17:00 — 1 Kommentaar

Los Angeles - Mosaic met Erwin McManus

Uiteindelik aangekom in die groot stad Los Angeles. Ingeboek in ons hotel het ons gou reggemaak om te vertrek na Mosaic se bediening by die"Mayan" nagklub in "Downtown Los Angeles.


Baie unieke en "cuttung edge" diens belewenis. Erwin is 'n uitstekende spreker en die hele ervaring is vars, jonk en gerig op jonger mense van 20-30. Hulle fokus veral daarop om mense wat glad nie kerk bywoon nie te bereik.


Baie dinamiese byeenkoms met baie stof tot…
Meer

Opgelaai deur PvR.2(USA)10 op 15 Maart 2010 om 8:00 — 3 Kommentare

Reis-13-14 Maart 2010

Volg ons op Facebook en Twitter. Soek vir Jan Venter se profiel teken in! Hallo al die reisgenote. Hierdie opdatering doen ek van 10000 vt in die boeing van Delta Airways. Ons is oppad na Los Angeles vanaf Atlanta, maar wag, kom ek begin by die begin.



Ons het 2115 vertrek op 13 Maart vanaf Johannesburg. Geld geruil, gesukkel met stakende rekenaars en lekker gelag en geskerts van opgewondenheid.



Die Delta personeel was baie vriendelik, maar ons is drie keer gevisenteer…

Meer

Opgelaai deur PvR.2(USA)10 op 13 Maart 2010 om 2:00 — 2 Kommentare

Soms...

Onlangs het ek baie vrae gehad rondom God se teenwoordigheid en hoe elkeen van ons dit ervaar. 'n Mens kan maklik in krisistye God se teenwoordigheid of eerder die afwesigheid daarvan bevraagteken. Dit is egter in hierdie tye wanneer God 'n spesiale plan/doel met ons het. Dalk is dit om stil te staan en net weereens die besef by ons op te wakker dat ons na Hom moet uitroep, omdat Hy dalk voel ons kan Hom beter dien en dat die posisie waarin ons onsself bevind, nie is waar Hy ons wil he…

Meer

Opgelaai deur Marius Fourie op 22 Februarie 2010 om 17:47 — Geen Kommentaar

Ons Reisprogram

Saterdag 13 Maart:

Vertrek om 21:15 vanaf Johannesburg na Atlanta (Delta Airlines)



Sondag 14 Maart:

Arriveer om 07:45 (14:45SA) in Atlanta

Vertrek weer om 11:30 (18:30SA) na Los Angeles (Delta Airlines)

Arriveer om 13:42 (23:42SA) in Los Angeles

Gaan tuis in die La Quinta Suites LAX



Maandag 15 Maart - Woensdag 17 Maart

Afsprake en besoeke met onder andere David Kinnamen en George Barna, Erwin McManus, Alan Hirsch, Brian… Meer

Opgelaai deur PvR.2(USA)10 op 18 Februarie 2010 om 15:00 — Geen Kommentaar

Wie besoek ons in die VSA?

LEONARD SWEET…

Meer

Opgelaai deur PvR.2(USA)10 op 18 Februarie 2010 om 13:30 — Geen Kommentaar

Familielewe|Menswees|Geloofsgroei|Nuwe Generasie

Lewe as getuie bediening of die EE staan afsonderlik, maar tog ‘n integralle deel van elke bediening model. Hoe kan ons mens wees as ons, net na ons self kyk. Dit is deur ánder mense dat ons self mens is. Niemand kan alleen deur die…

Meer

Opgelaai deur Eddie Symons op 7 Februarie 2010 om 10:47 — 8 Kommentare

Die XEE journey

Bid a.s.b vir leiding, vir GOD se seen en wysheid om die Goeie Nuus met ander te deel. Ek glo dat elke een wat bedrokke raak vandag die mees opwinding, opgewonde en waarde volle avontuur sal beleef. Mag God elke een in oormaat seen wat 'n passie het vir uitreike. Bid dat elke persoon getrou die materiaal sal deur werk en getrou die opdrag van Jesus sal uitvoer. "... julle sal my getuies wees in Jerusalem (Pierre van Ryneveld), sowel as in die hele Judea (Pretoria) en in Samaria (Momelodi), en… Meer

Opgelaai deur Eddie Symons op 4 Februarie 2010 om 20:30 — Geen Kommentaar

Visie en Hoop

Hi Almal,



Ek hoop hierdie kort blog bereik julle in goeie gees en gesondheid. Ek skryf hierdie om met julle te deel watter besondere versteekte boodskap ek in Jesaja 43:19 ontdek het. Die Skrif se verder ook dat as ons uitroep na die Here en in opregtheid en eerlikheid vir Hom ons behoeftes, drome, vrese en bekommernisse bely, dat Hy ons sal seen en ons harts begeertes sal laat waar word. Om tot daardie punt te kom is een ding maar dis baie eenvoudig, die Here versoek ons net om Sy… Meer

Opgelaai deur Marius Fourie op 3 Februarie 2010 om 19:37 — 1 Kommentaar

Hoe kan 'n mens vir Jesus getuig?

Elke gelowige het hier op aarde 'n getuienistaak. In Handelinge 1:8 lees ons: "Julle sal my getuies wees." Ons het dus werklik geen keuse in hierdie saak nie. Buitendien, as 'n mens self deur die bloed van Jesus Christus verlos is, kan jy nie anders nie: jy wil getuig, jy wil dat ander ook sal deel in die vreugde wat jy leer ken het.



Die belangrike vraag is: Hoe doen ek dit? En dan moet ons onmiddellik sê: Dit sal van geval tot geval verskil omdat mense nie eenders is nie. Mense… Meer

Opgelaai deur Eddie Symons op 18 Januarie 2010 om 20:53 — Geen Kommentaar

JEUGKANTOOR

Die jeugbediening het nou 'n eie en aparte kantoor waaruit ons operate....soos Ryno sal se, dit gaan ons lewens verander, en dit het al klaar. Ons is al 'n week werksaam daar, nog baie om te doen, maar dit is FANTASTIES!!!!!! Ons het die ou boekwinkel, onder die dak ingerig en ons kantoorure is Sondae oggende 9h00 tot 10h00, Sondae aande 17h00 tot 18h30, en Woensdae 8h00 tot 13h00. Die res van die week is ons die meeste oggende daar, maar skakel maar eers voor jy 'n draai kom… Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 15 Januarie 2010 om 21:07 — Geen Kommentaar

Boekresensies

Ek wil jou graag blootstel aan boeke wat ek onlangs onder oë gehad het. Kliek hier om ook na Nuwe Media deur Mynhardt van Pletzen te kyk.



Jesus – ‘n radikale sprong deur Stephan Joubert

In Stephan Joubert se nuutste boek daag hy elke navolger van Jesus uit om anders oor Jesus, God en die kerk te dink. Want as jy anders dink, sal jy… Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 5 Januarie 2010 om 13:00 — 1 Kommentaar

Bybelreis 2010

BYBELREIS SAAM MET STEPHAN JOUBERT

Kom ontdek die Woord en reis saam deur die Bybel

Word verryk deur saam te dink oor temas uit verskillende Bybelboeke



Program vir 2010

Kwartaal 1 : Handelinge: Die verhaal van die kerk

Kwartaal 2 : Genesis–Deuteronomium: Die begin van die Ou Testament

Kwartaal 3 : Hebreërs en Jakobus: Praktiese Christenskap

Kwartaal 4 : Jesaja en Jeremia: Leer by die… Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 30 November 2009 om 13:00 — Geen Kommentaar

What is Christmas

What is Christmas?



What do you think of

When you think of Christmas?

Maybe it's tinsel, a tree, presents,

Food, a traditional family dish?



What makes Christmas for you?

Is it the decorations,

The celebrations,

Maybe the salvations,

A feeling of wanting it all to come true?



What is Christmas for you?

Is it the 25th December day?

Or is it the build up,

The excitement and suspense,

Closing your eyes without… Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 24 November 2009 om 16:30 — Geen Kommentaar

Onthou jy nog? 25 Jaar van Genade...

Ons het op 25 Oktober ons geloofsfamilie se 25ste herdenking gevier. Ons het 'n opelugdiens gehad en daarna lekker as geloofsfamilie saamgekuier. Dit was heerlik om weer mense te sien wat jy lanklaas gesien het en sommer weer stories uit te ruil van vroeër.

Wil jy nie van hier saam met ons van jou stories oor ons gemeente deel nie?

Opgelaai deur PVR Admin op 26 Oktober 2009 om 11:22 — Geen Kommentaar

Kuns van Verhoudings

Verhoudings is regtig 'n kuns. Ek praat sommer van verhoudings in die algemeen. Maar die interressante is dat liefdesverhoudings, hoewel 'n ander tipe verhouding het ook genoeg van die algemene goed nodig wat verhoudings maak werk. Kortom gaan dit oor menswees goet! Wanneer ons daarna streef om doodgewoon in ons menswees op 'n sinvolle reis te wees kan ek jou verseker jou liefdesverhouding gaan daarby baat. Die probleem is dikwels net om dit met… Meer

Opgelaai deur Elmo Pienaar op 21 Oktober 2009 om 15:10 — Geen Kommentaar

goeie lewens advies

Dames en Here...

.......... GEBRUIK SONROOM! ........

As daar nou een stukkie raadsame advies is wat regtig werk, dan is sonroom die advies! Wetenskaplikes het hierdie teorie bewys en kan dit staaf met navorsing! Dit terwyl my advies geen basis, bewyse of onbetwisbare rede het nie, behalwe vir my eie persoonlike ondervinding! Maar ek wil dit in elk geval graag met julle deel….!



Geniet die glorie en glans van jou jeug, of toemaar, jy sal dit in elk geval nie ten volle… Meer

Opgelaai deur Marius Botha op 18 September 2009 om 18:49 — Geen Kommentaar

Die Bybel op jou selfoon

Ek het pas uitgevind dat die Bybelgenootskap die Afrikaanse Bybels gratis beskikbaar stel om op jou selfoon af te laai. Dit is nou die Ou Afrikaanse Vertaling (1953) en die Nuwe Afrikaanse Vertaling (1983)



Jy gaan net op jou foon se internet en tik dan die adres in: m.bibles.co.za (vat die www vooraf weg)

Jy behoort dan by ’n skerm te kom wat vra watter taal jy wil hê en dan kan jy kies tussen die 53/83 vertaling.

Kies dan… Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 17 September 2009 om 9:49 — 1 Kommentaar

Beplanningsweek 2009

Ons is terug na 'n baie goeie beplanningstyd.

Ons het ongelukkig nie die naweek internettoegang gehad nie en kon julle nie op hoogte hou nie.

Ons sal binnekort 'n vollediger verslag oor die beplanningsweek hier plaas.



Nogmaals dankie vir al julle ondersteuning en gebede.



Groete

Bedieningspan



Donderdag 10 September 2009

Na nog 'n sinvolle dag, is ons dankbaar vir alles wat die Here in ons geloofsfamilie doen. Ons het vandag gereflekteer… Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 14 September 2009 om 10:23 — 2 Kommentare

The analogy of Carrots, Eggs & Coffee

A carrot, an egg, and a cup of coffee....You will never look at a cup of coffee

the same way again.



A young woman went to her mother and told her about her life and how

things were so hard for her. She did not know how she was going to

make it and wanted to give up, She was tired of fighting and

struggling. It seemed as one problem was solved, a new one arose.



Her mother took her to the kitchen. She filled three pots with water

and placed each on a… Meer

Opgelaai deur Barbara Pretorius op 11 September 2009 om 8:37 — Geen Kommentaar

Monthly Archives

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

Nuusflitse

Bestel nou vars vleis tot 30 April vir aflewering by kerk in week van 2 Mei.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2018   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service