PvR Gemeenskapskerk

Kollig Blog Artikels (132)

Wie is Dimpels?

Sondag 22 Januarie 2012 – Ons spring die jaar af met ons eie 'Mascot" – die ene Dimpels & Junior Dimpels (alias JD) spesiaal vir ons Mosterdsaadjies in Die Ark!

Ons kinders moes vinnig dink oor hulle skool se “leuse”. Toemaar ons het die graad eentjies verskoon want hulle ken nog net hulle juffrou (dis tog die belangrikste). 

Ons leuse ook by die juniors is Ontdek & Leef Christus – dis presies wat Dimpels & JD uitbeeld. Maar hoe gaan ons dit probeer doen? Maar wag…

Meer

Opgelaai deur Izette Malan op 25 Januarie 2012 om 4:30 — Geen Kommentaar

Jeugbediening en Ouers - Die vreugde van Vennootskap!

Die dae is verby dat kinders en jongmense net by die kerkgebou afgelaai kan word vir hul geestelike opvoeding. Die jeugbediening het ons kinders en jongmense vir een uur per week. Ons moderne tegnologie, maak natuurlik kommunikasie, veral met ons tieners, tydens die week baie makliker. Maar dis nog steeds nie genoeg nie.

Ek is besig met die boek “Allready Gone” van Ken Ham & Britt Beemer en die statistieke is skrikwekkend. Ek sal gereeld op my blog saamgesels en terugvoer gee oor…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 25 Januarie 2012 om 5:30 — Geen Kommentaar

Die roeping van God

So kom daar 'n epos na Sondag se dienste van Nelius Leimecke. Ek kry hoendervleis toe ek die gedig lees wat hy 'n tyd terug geskryf het. Dis nou 'n DIK onderstreep van Sondag se boodskap!

Hier is dit

Die roeping van God - CJ Leimecke

Een Saterdag aand sit ek en wonder

oor God en die weer se gedonder

die blitse wat slaan

verby die skynsel van die maan

 

Wie is ek om te…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 23 Januarie 2012 om 16:00 — Geen Kommentaar

Gemeentekamp 2-4 Maart 2012

Die Gemeentekamp vind van 2-4 Maart by die Jubaweni Ruimtekamp plaas. Die kampterrein is so 35km oos vanaf die Kranskop Tolhek (naby Nylstroom). 

Kliek hier om te kyk hoe dit daar lyk.

Die pryse is as volg:

  • 18 Karavaanstaanplekke teen R450 per staanplek vir die hele naweek.
  • 5 Drie-bed chalets teen R600 vir die hele…
Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 22 Januarie 2012 om 10:30 — Geen Kommentaar

Verwondering, Verhoudings en Volgeling

My 2011 Desembervakansie was een van die wonderlikste vakansie ervarings in ‘n lang tyd. Dit was baie lanklaas wat ek vir meer as ‘n week op een slag met verlof weg was, en ons het God op besonderse maniere beleef. Ek wil so bietjie met julle deel waar my reis met die Here is en waaroor ek in Desember met Hom “ge-journey” het.

Vanaf 16 Desember het ons gesin by Lochvaal (ons graad 10 & 11 X Treme kamp is elke jaar daar) gekamp en gespeel. Ons het boot gery, geski,…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 18 Januarie 2012 om 11:30 — Geen Kommentaar

Integriteit, diensbaarheid,verwondering

Dit is waarmee ek na die Desember vakansie terugkom—die besef dat ek met integriteit my unieke menswees moet leef, Christus met die diensbaarheid moet volg en nie 'n dag moet laat verbygaan waarin ek nie verwonderd gelaat is oor die Skepper en sy skepping/skepsel nie.

Ek "steel" die boek van M.Scott Peck "The Road Less Travelled and Beyond" by my seun en ek besef hoe verder ek nag-in lees, ek MOES dit lees. Lees die boek. Word opgewonde daaroor om met integriteit en egtheid…

Meer

Opgelaai deur Elmarie Van Wyk op 17 Januarie 2012 om 13:00 — Geen Kommentaar

Top 5 regrets of the dying

Ek plaas hierdie artikel in sy oorspronklike formaat soos 'n vriend van my uit Nederland dit op Facebook geplaas het. Bitter goeie stof tot nadenke vir hierdie tyd van die jaar.

Top Five Regrets of The Dying

December 1, 2011 By T Kelly 



For many years I worked in palliative care.

My patients were those who had gone home to die. Some incredibly special times were shared.

I was with them for the last three to twelve weeks of their lives. 

People grow a lot when…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 8 Desember 2011 om 6:29 — 2 Kommentare

Hoor ons nog God se stem?

Sommige mense sal getuig dat hulle al die voorreg gehad het om God se stem te hoor, ‘n duidelike harde stem uit die hemel.  Ander weer sal getuig dat hulle God se stem gehoor het deur drome en/of visioene. Jy het al gehoor as iemand getuig dat hy besig was met iets en toe se die Here vir hom…

 

Saulus het vir Jesus hoor praat, ‘n duidelike stem uit die hemel, sy lewe het onheroeplik verander, Paulus wat gemeentes gelei het na gehoorsaamheid aan God.  Die Bybel is vol getuies…

Meer

Opgelaai deur Adri Swart op 4 Desember 2011 om 22:00 — Geen Kommentaar

Lewenskuns ?

Lewenskuns... wat is dit?

  • Om te leef is om asem te haal. Maar om te leef is ook om in verhouding met iets/iemand te wees. Vir my om suurstof in te asem moet daar plante en lug wees wat die suurstof verskaf. Veel meer beteken lewe vir ons as mens om in verhouding met ander mense "asem te haal"
  • Kuns is om kreatief te skep. In eenvoud dus klink lewenskuns vir my na 'n kreatiewe manier van "in verhouding" te wees.

En hoe kreatief was God nie met die eerste…

Meer

Opgelaai deur Elmarie Van Wyk op 24 November 2011 om 21:00 — Geen Kommentaar

Verhoudings, Goedheid, Liefde...

Met versigtige oorweging en positiewe aanmoediging, probeer ek hier verwoord wat ek die afgelope tyd beleef en ervaar in my emosionele en geestelike groei.  Ek staan in awe oor hoe goed God is, en Sy liefde vir ons laat my keel keer op keer toetrek.  Die Here is die afgelope tyd so getrou aan my soeke na meer, meer van Hom, meer van Sy wil, meer van verstaan oor hoekom ons hier is. En my soeke om meer…

Meer

Opgelaai deur Adri Swart op 24 November 2011 om 20:30 — Geen Kommentaar

Wie Preek?

Wie preek? Hoekom wil ek weet?

Wil ek vir hierdie spesifieke prediker begin voorbidding doen vir sy voorbereiding van sy preek? Wil ek hom dalk kontak, sms, tweet,whats-up of e-pos om uit te vind of daar iets spesifieks is waarvoor ek vir hom kan intree by die Here?

Of.. wil ek op grond van die antwoord op die vraag besluit waar sal ek Sondag kerk toe gaan en so trek agter predikers aan en nooit "tuis kom" by 'n gemeente nie? Moet my nie verkeerd verstaan nie. Natuurlik het…

Meer

Opgelaai deur Elmarie Van Wyk op 9 November 2011 om 20:00 — 1 Kommentaar

Speelklei Resep

Hoop dit sal jou help om die kinders besig te hou die lang Desember vakansie!!!

 

SPEELKLEI RESEP

500 ml koekmeel

500 ml water

250 ml sout

30 ml kremetart

30 ml olie

5 druppels koekkleursel

 

Meng alles saam in kastrol en verhit tot bal gevorm…

Meer

Opgelaai deur Izette Malan op 7 November 2011 om 7:30 — Geen Kommentaar

Afsluiting vir die junior kinders!

Volgende Sondag is dit Afsluitingstyd!

Bring asb jou swemklere & handdoek saam!

Terwyl pa-en-ma kerk toe gaan, gaan ons buite die "water" aandurf!

Kom "kuier" saam met jou groepleier - 'n nat-ervaring!

 

Opgelaai deur Izette Malan op 4 November 2011 om 6:01 — Geen Kommentaar

Cuddle en Klouter

Ja, julle het reg gedink Cuddle en Klouter is ons ma en seun. Ons gaan lekker muurklim. Kom "klim" saam met jou seun - dis hiper baie pret! Hier's die inskrywingsvorm & inligting! Kom saam!!!…

Meer

Opgelaai deur Izette Malan op 4 November 2011 om 5:30 — Geen Kommentaar

'n Mentorsles uit die natuur!

‘n Oorbevolking van olifante in die Kruger Park raak soms ‘n groot probleem, en in 1966 is daar die eerste keer van die olifante uitgedun. Die ouer bulle van die verskeie troppe is van kant gemaak. Dit het ‘n groot probleem in die park veroorsaak, veel groter as ‘n oorbevolking van olifante, en dit was kwaad en buite beheer jong olifant bulle.

Wat die veldwagters op daardie stadium nie geweet het nie, is dat die ouer bulle die jonges leer hoe om op te tree en hulself  te beheer en…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 13 Oktober 2011 om 20:30 — Geen Kommentaar

50:20 visie: "Julle wou...maar God... "

Na aanleiding van die preek van Sondag oor Genesis 50:20

Die meeste van ons was al by ’n oogkundige om na ons oë te laat kyk, want ons sien nie altyd meer so lekker nie. Ons arms word te kort of ons sukkel om detail ver te kan sien. Ons lees dan verskillende letters van ’n bord af en sodoende word bepaal wat ons kan lees of nie.…



Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 12 Augustus 2011 om 11:13 — Geen Kommentaar

Sonder mekaar kan ons nooit onsself wees nie.

Hier is nou 'n lekker groot woord. Interafhanklikheid. Skrywers en denkers deur die eeue het hieroor nagedink. Snaaks genoeg het Karl Marx die eerste keer die woord gebruik in sy "Communist Manifesto" in 1848. In 1944 het Will Durant 'n "Declaration of Interdependence' geskryf, maar in die moderne tyd het die skrywer Stephen Covey vir ons 'n goeie stukkie filosofie hieroor gegee.

Covey se benadering is dat ons as mense behoort te groei van afhanklikheid (as babas en kinders wat nie op…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 2 Augustus 2011 om 18:48 — 1 Kommentaar

Geniet ons mekaar se vals note ...

Twee dagreise ver ... dis Orcas eiland. Twee vlugte, 'n reis per motor, 'n vaar met die veerboot en nog 'n stukkie op die pad bring 'n mens na hierdie stukkie hemel op aarde. Dis nie verniet dat die staat Washington bekend staan as die "Evergreen State" nie! Die eilande is so amper lukraak versprei oor die horison en die diep blou water van die "Puget Sound" verkleur stelselmatig deur die verskillende skakerings van pers soos die son sak in die weste.

Ons sit op die houtdek voor Len…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 1 Augustus 2011 om 7:00 — 2 Kommentare

Awakening proses deur Shrek

Ek het 'n belydenis om te maak......"Hello, ek is Hanlie en ek loooooooooooooove movies, soos in ernsitg looooooooove movies." Dis vir my wonderlik om myself so in te leef in die storie, dat die trane vrylik kan vloei, ek heerlik saam kan lag of so kwaad kan word ek wil sommer uitstap, maar ek doen nie…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 21 Julie 2011 om 10:00 — Geen Kommentaar

Shrek the Adventure

Die week van die vakansieprogram het ons groen gegaan - en het ons nie GROEN gegaan nie. 

Groen serpe, groen klei, groen koeldrank, groen verf, groen hotdogs-sous, groen capcakes, groen pannekoek, groen rys, groen mash, groen veters en BRUIN hot choclate!!! Ons kuier saam met Shrek wat vir niks bang is nie (Dawid wat vir Goliat aanpak) tot Shrek wat nie sonder sy familie kan wees nie (Josef wat nie langer kon stil bly voor sy broers nie).  Ons verf, ons plak, ons ry J-bord, ons eet…

Meer

Opgelaai deur Izette Malan op 21 Julie 2011 om 8:30 — Geen Kommentaar

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2018   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service