PvR Gemeenskapskerk

Alle Blog Artikels Gemerk 'lewenskuns' (7)

As Christus vir ons bid...

Gister soek en groei ons bedieningspan verder op die pad van Geroepenheid en Gestuurdheid.Iewers deur die dag word ons gevra om te dink, en taal te gee, aan 'n brief van Christus aan ons hier in Pierre van Ryneveld. Ons het in Engels gewerk en hierdie brief het in Engels na my gekom:

"My beloved people of PvR,

Love one another with all your hearts, not holding back on both truth and grace.

Follow in my footsteps, not losing heart when those following you start…

Meer

Opgelaai deur Elmarie Van Wyk op 15 Maart 2012 om 8:30 — Geen Kommentaar

Loflied van een huweliksmaat aan die ander.

Hierdie "loflied" plaas ek met die toestemming van die egpaar. Dit het gebeur aan die einde van 'n huweliksgroei werkswinkel. Wat my in verwondering het hieroor is dat hierdie selfde maat aan die begin van die werkswinkel baie duidelik daaroor was dat sy reg is om "weg te hardloop":

"Ek is mal oor jou lagplooie, en die lyne langs jou mond is vir my kosbaar. Ek is mal oor jou "bulky" bolyf wat net soos ons seuntjies s'n lyk. Jou hande is flippen mooi,so sag en sterk,sonder dat ek ooit…

Meer

Opgelaai deur Elmarie Van Wyk op 29 Januarie 2012 om 21:00 — Geen Kommentaar

Integriteit, diensbaarheid,verwondering

Dit is waarmee ek na die Desember vakansie terugkom—die besef dat ek met integriteit my unieke menswees moet leef, Christus met die diensbaarheid moet volg en nie 'n dag moet laat verbygaan waarin ek nie verwonderd gelaat is oor die Skepper en sy skepping/skepsel nie.

Ek "steel" die boek van M.Scott Peck "The Road Less Travelled and Beyond" by my seun en ek besef hoe verder ek nag-in lees, ek MOES dit lees. Lees die boek. Word opgewonde daaroor om met integriteit en egtheid…

Meer

Opgelaai deur Elmarie Van Wyk op 17 Januarie 2012 om 13:00 — Geen Kommentaar

Lewenskuns ?

Lewenskuns... wat is dit?

  • Om te leef is om asem te haal. Maar om te leef is ook om in verhouding met iets/iemand te wees. Vir my om suurstof in te asem moet daar plante en lug wees wat die suurstof verskaf. Veel meer beteken lewe vir ons as mens om in verhouding met ander mense "asem te haal"
  • Kuns is om kreatief te skep. In eenvoud dus klink lewenskuns vir my na 'n kreatiewe manier van "in verhouding" te wees.

En hoe kreatief was God nie met die eerste…

Meer

Opgelaai deur Elmarie Van Wyk op 24 November 2011 om 21:00 — Geen Kommentaar

En die Lig val op pyn

 My kring van vriende is mense. Elkeen van ons is iewers op pad in ons lief wees vir, en dien van God. Ons het elkeen ons geite en goet(d)e. Ons kuiers is vrolike en dikwels diepe ervarings en vir my is dit telkens "kerk". Hier is broosheid, stukkend wees, blywees, alleenwees en saamwees ewe bekend - wat 'n voorreg!

 

So is dit dat een van ons 'n vernietigende degeneratiewe beensiekte het, allergies is vir morfien, die pynstiller wat hom uit die hel van pyn kan verlig moet nog…

Meer

Opgelaai deur Elmarie Van Wyk op 22 Augustus 2011 om 16:30 — Geen Kommentaar

Wat het Oprah met lewe te doen?

Dit is Donderdagaand, moedeloos, koud en skuldig warm voor die verwarmer sit en kyk ek Oprah se swanesang. Die woord "calling" maak my ore nuuskierig. "It lifts you up and lets you know that you are exactly where you should be, doing exactly what you should do" En die wonder kom in my op: "Hoeveel van ons leef in hierdie waarheid?"

Nou ryg sy 'n snoer met pêrels: "take responsibility for the energy you bring onto this space"; "we often…

Meer

Opgelaai deur Elmarie Van Wyk op 14 Julie 2011 om 20:00 — Geen Kommentaar

Heelhartiges

Wat is dit wat maak dat party van ons makliker opstaan, groei, vorentoe beur, verhoudings herstel en doelbewus daaraan werk? In my oppadwees saam met mense blyk een antwoord uit te staan; Die geloof dat ek dit werd is om liefgehe te word en te behoort ,met ander woorde, selfwaarde en die wete dat ek identiteit in God het... Heelhartig is.

 

Heelhartiges deel die vlg. eienskappe:

Dapperheid - hulle het die moed om NIE volmaak te wees nie;

Sagmoedigheid - met…

Meer

Opgelaai deur Elmarie Van Wyk op 28 Mei 2011 om 10:30 — Geen Kommentaar

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service