PvR Gemeenskapskerk

Jan Venter's Blog (67)

Algemene Sinode 2016 - Selfdegeslag Verhoudings

Kliek die skakel om die volledige besluit te lees.

Die besluit van die Algemene Sinode 2016 oor Selfdegeslag Verhoudings

Opgelaai deur Jan Venter op 10 November 2016 om 14:23 — Geen Kommentaar

A Dog's Life

Staring emptily into the dreary mid-winter morning landscape, John Sikelele absent-mindedly sipped on the cup of stale coffee. His mind racing over the events of the past few weeks. The yard outside his window seemed strangely empty without Xeno’s early morning antics. He missed the dog.

The resolute pinging from the microwave drags him from his stupor and he turns around to fetch his warmed up breakfast. Jenny was quietly having her rusk with a cup of tea. The silence in the kitchen…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 30 April 2015 om 11:34 — Geen Kommentaar

Sinode - Artikel 1: My (onderbreekte) belydenissie

Vanoggend in die geskiedkundige Oostelike Sinode van 2014 was ek besig om 'n paar gedagtes te deel in die gesprek oor Artikel 1, toe blaas my selfopgelegde tyd-toetertjie. Party kollegas het bietjie lank aangegaan, het ek gedink, toe stop ek myself maar eers net daar. Hier is wat ek amper klaargesê het.

Vyf belydenisse oor Artikel 1 en die Belhar gesprek.

Een.

Ek was oppad skool toe met my jongste, toe ek die nuus…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 21 Oktober 2014 om 19:00 — Geen Kommentaar

Malhuis Reünie 2014 - Sondag Boodskap

Wat 'n voorreg om hierdie diens te lei in die gesellie.

Dit is effens intimiderend ook, as ek dink aan al gister se stories van ons studentepredikante se (soms harige) ervarings hier!

Ek het maar ook my eie vreemde ervaring of twee hier gehad.

Hoe dit ookal sy, dit bly 'n voorreg. 

Gister, terwyl ek met heimwee (ook dankbaarheid) luister na die kostelike stories uit die verskillende dekades, kom die woorde van Lucas Maree se lied "Kiekies" by my op. Dit som op 'n…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 20 Julie 2014 om 14:17 — Geen Kommentaar

Jeugwerker Tieners en Jong-Volwassenes

Klier hier om die volledige advertensie en kontakbesonderhede af te laai.

Opgelaai deur Jan Venter op 4 Desember 2013 om 16:30 — Geen Kommentaar

Om te leef ...

Dis vyfuur in die môre. Ek sit in die halfdonker op die stoep van ‘n oornagtent in die private natuurreservaat Zwartkloof, net buitekant Warmbad. Die oggendluggie is koel en die buitelig van die tent gooi ‘n spatsel lig wat die sagte kombers van donker so drie treë wegwerk. Dis stil. Die geluide van die voëls wat voor sonop wakker is, is die enigste bewustelike klanke. Nou en dan hoor ek die sagte voetval of skuifeling buite die ligkring, waarskynlik een of ander dier wat sy eerste…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 8 September 2012 om 10:04 — Geen Kommentaar

Toe val ek in Benoni

Gister was amper 'n tipiese Sondag in my lewe.

Oggendkerk, gevul met lekker lewendige gesprekke met die mense van ons Geloofsfamilie. Henk op sy stukke agter die Woord en heerlike lofprysing.

Die res van die dag is ek 'n trotse man en pa wat saam met my vrou en dogters bou aan 'n eerste wildspastei. Neline is by die huis en ons werk al die hele naweek aan die sakkie bene wat pastei moet word. Elmarie "Coach" my deur die voorbereiding en die res van die gesin span saam om die…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 25 Junie 2012 om 14:56 — Geen Kommentaar

Gesigte van Jesus, in die strate van Parys (15)

Plek: Gallieni Busterminus

Ons het gekies om die reis terug na Nijmegen per bus aan te pak. Om sommer so bietjie teen "stadige pas" deur die Franse, Belgiese en Nederlandse platteland te reis. Neline se eerste ervaring in Europa moes so bietjie "local flavour" ook insluit.

So beplan, so…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 18 Mei 2012 om 7:30 — 2 Kommentare

Gesigte van Jesus, in die strate van Parys (14)

Plek: Die Metro

Een van die eienskappe van die groot wereldstede is die goed ontwikkelde ondergrondse en openbare vervoerstelsel. Parys is wat dit betref nie anders nie. Netjiese, vinnig bewegende treine wat amper onaards (vir ons uit Afrika) op tyd hardloop. Letterlike elke stukkie van…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 17 Mei 2012 om 11:00 — Geen Kommentaar

Gesigte van Jesus, in die strate van Parys (13)

Plek: Musee Rodin

By hierdie museum, wat totaal gewy is aan die beroemde kunstenaar Rodin, staan hierdie baie bekende beeldhouwerk. Dis die beeld van 'n man wat baie diep nadink. Oor wat weet ons nie, maar dis duidelik dat hy ernstig reflekteer.

Die afgelope paar weke se…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 16 Mei 2012 om 7:30 — Geen Kommentaar

Gesigte van Jesus, in die strate van Parys (12)

Plek: Straatkafees - Joie de Vivre

Een van die lekkerste ervarings in Parys is die transformasie van die stad teen laatmiddag. Deur die loop van die dag is dit soos enige ander stad met besige werksmense, aflewerings, bedrywige winkels en goedgeklede mans en vrouens wat (selfoon…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 15 Mei 2012 om 7:30 — 2 Kommentare

Gesigte van Jesus, in die strate van Parys (11)

Plek: Bistro, Monoprix, La Boulangerie

Een van die grootste ervarings in Parys is die kos. Ja, die kos. Die Franse neem hulle kos ernstig op. Daar is ongeveer 40 000 restaurante in Parys. Elke een van hierdie restaurante, van die kleinste Bistro tot die duurste restaurant het 'n spyskaart…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 14 Mei 2012 om 6:00 — 4 Kommentare

Gesigte van Jesus, in die strate van Parys (10)

Plek: Die sypaadjies van Parys

Toe ek die eerste keer oppad was na Parys was die meeste mense se advies aan my om net tog nie Engels met die Parysenaars te praat nie. Glo is daar 'n effense krapperigheid oor die taal en die mense. "Praat eerder Afrikaans, en slaan dan oor na die rooitaal" was lyk my die aangewese strategie. So, gewapen met 'n paar basiese Franse frases en my moedertaal pak ek die strate van Parys.

Groot was die ontnugtering toe ek…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 11 Mei 2012 om 6:30 — Geen Kommentaar

Gesigte van Jesus, in die strate van Parys (9)

Plek: Rue Mouffetard

Weggesteek in die ouer deel van die stad is 'n "kos"telike ervaring in die vorm van 'n antieke "cobblestone" straatjie gepak met outentieke, outydse straatwinkels. Die Rue Mouffetard. As jy in die steil straatjie afstap lyk dit kompleet asof iemand die winkels…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 10 Mei 2012 om 7:30 — 3 Kommentare

Gesigte van Jesus, in die strate van Parys (8)

Die plek: Strate van Parys (Voetslaan is die manier)

Parys staan bekend as 'n "walker's city". Veral in die middestad waar die meeste besienswaardighede te sien is, is die voorkeur manier van oor die weg kom om jou tekkies aan te trek en die strate in te vaar. Letterlik elke stukkie…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 9 Mei 2012 om 8:00 — 2 Kommentare

Gesigte van Jesus, in die strate van Parys (8)

Ontdek Jesus om die hoeke en draaie van die stegies in Parys, Frankryk.

Die Plek: Montmartre

In die noorde van die stad, waar die Sacre Coeur katedraal bo die omgewing uittroon is die  Montmartre heuwel, wat ook die naam is van die woonbuurt daar rondom. Dis van die ouer dele van die…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 8 Mei 2012 om 6:00 — Geen Kommentaar

Gesigte van Jesus, in die strate van Parys (7)

Stap saam met my deur die strate van Parys en beleef hoe die Here Jesus oral te vinde is!

Plek: Eiffel "by night"

Behalwe vir die geskiedkundige betekenis en lekker atmosfeer van die Place de Alma, het dit ook 'n besonderse uitsig. Veral in die aand.

Die Eiffeltoring…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 7 Mei 2012 om 5:30 — 1 Kommentaar

Gesigte van Jesus, in die strate van Parys (6)

Nog 'n stilstaan en dinkplek in die strate van Parys, Frankryk.

Plek: Place de Alma

Naby die Champs Elysees, in die rigting van die Eiffel is die "Pont de Alma", een van die die vele brue oor die Seine. Aan die stad se kant is daar 'n sameloop van verskeie strate wat 'n klein plein vorm, die "Place de Alma". Die Ave de  New York en George V is die belangrikstes. Daar is verskeie netjiese straatkafees en veral die replika van die "Statue of Liberty" se vlam wat…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 4 Mei 2012 om 7:30 — 1 Kommentaar

Gesigte van Jesus, in die strate van Parys (5)

Wandel saam met my deur die strate van Parys, Frankryk. Ek ontdek Jesus om elke hoek en draai!

Plek: Isle de la Cite

Presies in die middel van Parys is die twee eilande in die Seine rivier waar die stad oorspronklik begin het. Sedert 4200 v.C. was hier inwoners (die sogenaamde…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 3 Mei 2012 om 12:00 — 2 Kommentare

Gesigte van Jesus, in die strate van Parys (4)

My herrinneringe en ervarings in Parys, Frankryk, gespieël met my nadenke oor wat dit beteken om Jesus te ontdek en te leef in die alledaagse. Of buitengewone!

Plek: Toeriste in toergroepe, oral!

Parys staan bekend as "die mooiste stad op aarde". Of dit presies waar is, weet ek nie, maar as die miljoene toeriste wat elke jaar deur die stad vloei enigsins 'n aanduiding is, kan ek dit goed glo. Daar word bereken dat ongeveer 28 miljoen besoekers jaarliks die…

Meer

Opgelaai deur Jan Venter op 2 Mei 2012 om 7:30 — Geen Kommentaar

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service