PvR Gemeenskapskerk

Henk Janse van Rensburg's Blog (19)

Bybelreis Program 2012

BYBELREIS

saam met Stephan Joubert

Kom ontdek die Woord en reis saam deur die Bybel

Program vir 2012

KWARTAAL EEN:…

Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 17 Februarie 2012 om 10:00 — Geen Kommentaar

Gemeentekamp 2-4 Maart 2012

Die Gemeentekamp vind van 2-4 Maart by die Jubaweni Ruimtekamp plaas. Die kampterrein is so 35km oos vanaf die Kranskop Tolhek (naby Nylstroom). 

Kliek hier om te kyk hoe dit daar lyk.

Die pryse is as volg:

  • 18 Karavaanstaanplekke teen R450 per staanplek vir die hele naweek.
  • 5 Drie-bed chalets teen R600 vir die hele…
Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 22 Januarie 2012 om 10:30 — Geen Kommentaar

50:20 visie: "Julle wou...maar God... "

Na aanleiding van die preek van Sondag oor Genesis 50:20

Die meeste van ons was al by ’n oogkundige om na ons oë te laat kyk, want ons sien nie altyd meer so lekker nie. Ons arms word te kort of ons sukkel om detail ver te kan sien. Ons lees dan verskillende letters van ’n bord af en sodoende word bepaal wat ons kan lees of nie.…



Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 12 Augustus 2011 om 11:13 — Geen Kommentaar

Die Boodskap en ander Bybels op jou selfoon

Die Boodskap, 'n hedendaagse vertaling van die Bybel deur o.a. Jan van der Watt en Stephan Joubert is nou elektronies beskikbaar. Wat dit so lekker maak is dat jy dit op enige rekenaar met internet kan gebruik, asook op jou selfoon se internet. Vir dié mense wat "smartphones" het, is daar 'n opsie om die Bybel op jou selfoon te installeer.

Nie alleen is Die Boodskap op You Version beskikbaar nie, maar ook die Nuwe Lewende…

Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 26 Mei 2011 om 13:30 — Geen Kommentaar

Bybelreis oor Gebed

Ons Bybelreis oor gebed het gisteraand (11 Mei) saam met Stephan Joubert begin. Dit was 'n voorreg om saam met ongeveer 120 mede-reisigers saam na te dink oor gebed.

Stephan het ons uitgedaag om nuut oor gebed te dink. Gebed is so voor die handliggend, maar niemand wil dit doen nie, veral nie in die openbaar nie. Ons voel dat ons nie die woordeskat of bevoegdheid het om te bid nie.

Ek is uitgedaag om weer nuut oor gebed te dink. Gebed is nie maar 'n verskuilde manier om God te…

Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 12 Mei 2011 om 20:58 — Geen Kommentaar

Die twee verlore seuns

Ek het verlede Sondag by Lukas 15 stilgestaan. Die baie bekende verhaal van die verlore seun, maar groot was my verbasing dat daar nie net een verlore seun was nie, maar twee - die oudste en die jongste.

Ons betrap onsself so maklik in een van die twee rolle. Ons voel baie keer soos die jongste seun wat wegdraai van die Here af en dan nie voel om terug te kom na die Vader toe nie, want ons voel nie ons verdien dit nie. Ons is dit nie werd nie. Daarom sal ons eerder in ons situasie bly…

Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 25 Maart 2011 om 9:06 — Geen Kommentaar

Bybelreis Program

 

Ons 2011 Bybelreis saam met Stephan Joubert begin weer 2 Februarie om 19:00.

Die tema vir ons eerste kwartaal is: "Die wil van God? Hoe moet ek dink oor God se wil?"

Die datums vir die kwartaal is:

  • 2 Februarie
  • 9 Februarie
  • 16…
Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 21 Januarie 2011 om 9:30 — Geen Kommentaar

Jona - God se tweede kans

Ek het die afgelope tyd by die boek Jona stilgestaan en dit het my baie laat dink en groei.

Die verhaal van Jona is so oorbekend dat ons dit maklik mislees. Maar Jona kan ons help, veral aan die begin van die jaar, as ons soveel keuses moet maak. Ek leer in Jona dat God selfs verkeerde keuses kan gebruik in ander en my lewe.

Jona was ongehoorsaam toe God hom roep om na Nineve te gaan. Hy het besluit om eerder Tarsis toe te gaan, na die plek wat hy gedink het beter vir hom sal…

Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 11 Januarie 2011 om 8:02 — Geen Kommentaar

2011 Almanakke beskikbaar (Gedruk en Elektronies)

Die 2011 Almanakke is beskikbaar en jy is welkom om by die kerkkantoor te gaan afhaal of Sondae tydens ons eredienste.



Die almanak is ook in PDF beskikbaar. Kliek hier om dit af te laai.



Indien jy die almanak op jou Outlook wil laai om met jou selfoon te sinkroniseer,… Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 29 November 2010 om 12:21 — Geen Kommentaar

Phil Underwood kuier by ons



Ons het die voorreg gehad dat Phil Underwood ons van 21 - 27 Oktober kom besoek het. Phil woon in Atlanta, GA. Aangesien ons hom verlede jaar die eerste keer ontmoet het, was dit lekker dat hy vroeër die jaar saam met ons span ook die toer na Lenoard Sweet meegemaak het.



Phil het 'n hart vir die kerk en 'n…

Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 28 Oktober 2010 om 13:25 — Geen Kommentaar

Stephan Joubert wen Andrew Murray-prys

Stephan Joubert het die Andrew Murray-prys vir sy boek: Jesus - 'n radikale sprong gewen.



Die volgende artikel het in die Burger van 9 April 2010 verskyn:



Die Andrew Murray-prys vir die beste Afrikaanse Christelike boek is vanjaar gewen deur Stephan Joubert vir sy werk "Jesus, ’n Radikale Sprong" (CUM).

Die wenner van die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys vir die beste Christelike of teologiese boek in ’n amptelike taal van… Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 16 April 2010 om 11:23 — Geen Kommentaar

Dag 3: David Kinnamen, George Barna en Mike Erre

Vandag was 'n baie vol dag, maar geweldig insiggewend.

Ons het tyd spandeer met twee van die gerespekteerdste navorsers wat probeer sin maak uit hulle navorsing oor die kerk. David Kinnamen het 'n boek "Unchristian" geskryf waarin hy ongelowiges gevra het wat hulle van die kerk en gelowiges dink. Die antwoord is die titel van sy boek: nie-christelik. Ongelowiges ervaar meestal Christene as nie-Christelik. Wat 'n aanklag is dit nie teen ons Christene nie?



David het ons uitgedaag om… Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 17 Maart 2010 om 8:24 — 2 Kommentare

Dag 2: Alan Hirsch by Fuller

Gesprek met Alan Hirsch by Fuller Teologiese Fakulteit



Vandag was ons by Fuller Universiteit waar ons dr Alan Hirsch ontmoet het. Alan word as een van die invloedrykste persone beskou wat nadink oor die kerk se taak in die wêreld. Daar is soveel dinge gesê

dat dit my nog ’n tyd sal neem om alles te prosesseer.…



Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 16 Maart 2010 om 7:17 — Geen Kommentaar

Dag 1: Erwin McManus

Gesprek met Alan Hirsch



Vandag was ons by Fuller Universiteit waar ons dr Alan Hirsch ontmoet het. Alan word as een van die invloedrykste persone beskou wat nadink oor die kerk se taak in die wêreld. Daar is soveel dinge gesê dat dit my nog ’n tyd sal neem om alles te prosesseer.



Weer wil ek net ’n paar opmerkings maak wat my laat dink:

• Ons wil mense aanmoedig om kerk toe te kom na ons toe, terwyl ons nie bereid is om na… Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 15 Maart 2010 om 17:00 — 1 Kommentaar

Boekresensies

Ek wil jou graag blootstel aan boeke wat ek onlangs onder oë gehad het. Kliek hier om ook na Nuwe Media deur Mynhardt van Pletzen te kyk.



Jesus – ‘n radikale sprong deur Stephan Joubert

In Stephan Joubert se nuutste boek daag hy elke navolger van Jesus uit om anders oor Jesus, God en die kerk te dink. Want as jy anders dink, sal jy… Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 5 Januarie 2010 om 13:00 — 1 Kommentaar

Bybelreis 2010

BYBELREIS SAAM MET STEPHAN JOUBERT

Kom ontdek die Woord en reis saam deur die Bybel

Word verryk deur saam te dink oor temas uit verskillende Bybelboeke



Program vir 2010

Kwartaal 1 : Handelinge: Die verhaal van die kerk

Kwartaal 2 : Genesis–Deuteronomium: Die begin van die Ou Testament

Kwartaal 3 : Hebreërs en Jakobus: Praktiese Christenskap

Kwartaal 4 : Jesaja en Jeremia: Leer by die… Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 30 November 2009 om 13:00 — Geen Kommentaar

Die Bybel op jou selfoon

Ek het pas uitgevind dat die Bybelgenootskap die Afrikaanse Bybels gratis beskikbaar stel om op jou selfoon af te laai. Dit is nou die Ou Afrikaanse Vertaling (1953) en die Nuwe Afrikaanse Vertaling (1983)



Jy gaan net op jou foon se internet en tik dan die adres in: m.bibles.co.za (vat die www vooraf weg)

Jy behoort dan by ’n skerm te kom wat vra watter taal jy wil hê en dan kan jy kies tussen die 53/83 vertaling.

Kies dan… Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 17 September 2009 om 9:49 — 1 Kommentaar

Beplanningsweek 2009

Ons is terug na 'n baie goeie beplanningstyd.

Ons het ongelukkig nie die naweek internettoegang gehad nie en kon julle nie op hoogte hou nie.

Ons sal binnekort 'n vollediger verslag oor die beplanningsweek hier plaas.



Nogmaals dankie vir al julle ondersteuning en gebede.



Groete

Bedieningspan



Donderdag 10 September 2009

Na nog 'n sinvolle dag, is ons dankbaar vir alles wat die Here in ons geloofsfamilie doen. Ons het vandag gereflekteer… Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 14 September 2009 om 10:23 — 2 Kommentare

Lees ons webblad op jou selfoon

Nou kan jy ons webblad op jou selfoon lees. Ons beveel egter aan dat jy nie jou selfoon se gewone "web browser" gebruik nie, maar wel Opera Mini. Opera Mini werk vinnig en maklik. Kliek hier om te sien hoe jy dit kan aflaai. Die groot voordeel van hierdie "web browser" is dat hy webblaaie krimp, so hy werk baie vinniger as ander "web browsers." Probeer dit gerus en laat… Meer

Opgelaai deur Henk Janse van Rensburg op 13 Augustus 2009 om 15:30 — 3 Kommentare

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service