PvR Gemeenskapskerk

Ryno Meyer's Blog (8)

Dankie van Jakaranda Kinderhuis

Ek het op 12 Mei bewus geraak van Jakaranda Kinderhuis in Pretoria wat ’n krisis beleef met hulle befondsing en kontantvloei om basiese kos en kruideniersware te koop vir die 243 kinders wat in hulle verskillende huise bly.

Die rede vir hulle kontantvloeiprobleme was dat die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling nog nie hulle kwartaallikse subsidie aan die Kinderhuis oorbetaal het nie. Hierdie subsidie maak oor ’n jaar ’n derde van Jakaranda se inkomstebegroting uit, so sonder dit…

Meer

Opgelaai deur Ryno Meyer op 29 Mei 2014 om 12:00 — Geen Kommentaar

Nuus en groete van CMR Lyttelton- deur Anel Roux

Die Christelik Maatskaplike Raad (CMR) Lyttelton lewer maatskaplike dienste aan die gemeenskap van Centurion binne die NG Kerk se Ring van Lyttelton. Dit is ‘n generiese diens wat fokus op ‘n omvattende maatskplike diens aan die gemeenskap ten einde mense sosiaal, emosioneel en ekonomies te bemagtig.

Die grootste probleme is verwaarlosing van kinders, alkohol en dwelm misbruik en vigswesies.

CMR Lyttelton se kantoor is by die NG Lyttelton-Oos gemeente in Van Riebeeckstraat,…

Meer

Opgelaai deur Ryno Meyer op 20 Augustus 2013 om 10:19 — Geen Kommentaar

'n Storie van CMR Ivory Park aangaande die projek met "Child-headed Households" - deur Matlou Semenya

I visited a family who lives in an informal settlement in Ivory Park in extension 3. I found a 19 year old lady who was waiting outside the shack which belonged to her late mother. She was waiting for her friend to go to a drama practice in the community local hall.

I introduced myself and outlined the purpose of the visit. I further asked them how they survived because they are not working. Her answer was that they are living with her friend’s family because they are scared to live…

Meer

Opgelaai deur Ryno Meyer op 10 Augustus 2013 om 19:00 — Geen Kommentaar

Stories uit die ECHO huis in Centurion - deur Chris Swart

Die koninkryk van God gebeur gereeld rondom ons en baie keer is ons deel daarvan sonder dat ons dit besef.

ʼn Plek waar die koninkryk besig is om deur te breek is by die Centurion Echo-huis. 



Ons eet een oggend by ʼn koffiewinkel in die Centurion Mall. Die meisie wat ons bedien is een van die inwoners in die huis. Soos meeste van die meisies in die huis kom sy uit 'n kinderhuis. Omdat sy geen positiewe familie netwerk het nie, was Echo vir haar ʼn oplossing toe sy die skool…

Meer

Opgelaai deur Ryno Meyer op 10 Augustus 2013 om 18:52 — Geen Kommentaar

7 Days on the Wall 11-18 Augustus 2013

Ons gemeente gaan hierdie jaar van 11-18 Augustus deelneem aan 7 Days on the Wall. Saam met verskeie ander gemeentes in die groter Pretoria gaan ons probeer om vir 7 dae aanmekaar- 168 ure- te bid.

Ons begin: 11 Augustus na die aanddiens.

Ons eindig: 18 Augustus se aanddiens.

Plek: Kerkgebou (of selfs waarookal jy jouself te enigertyd bevind)

Hoe: Ons bid in uur skofte wat op 'n rooster aangedui sal word.



7 Days on the Wall het ontstaan uit 'n aanvoeling van… Meer

Opgelaai deur Ryno Meyer op 1 Augustus 2013 om 11:53 — Geen Kommentaar

Centurion Wildsfees 3 Augustus 2013

3 Augustus 2013 – by Doringkloof Mall

Fees begin 10h00

Fondsinsamelinsprojek ten bate van

Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Lyttelton en Rusoord Centurion

• Wonderlike gesinsgeleentheid. Kaartjies kos R100 per persoon, kinders onder twaalf gratis

• Lapa’s vir 40 persone…

Meer

Opgelaai deur Ryno Meyer op 27 Junie 2013 om 8:32 — Geen Kommentaar

Waarheen sal my verbeelding en oortuiging my hierdie Winter lei?

"Die Winter is hier..." 

Elke warm stort, elke warm trui of baadjie en elke aand in 'n warm bed in die Winter is vir my 'n groot voorreg.

Dikwels raak ek tegelykertyd bewus van my voorregte, en ook van mense wie se omstandighede hulle nie hierdie voorregte toelaat nie. Ek raak oortuig dat ek erens iets vir iemand kan en wil doen, om die wereld waar ek beweeg beter te maak, en ook te help om te voorsien in mense se basiese behoeftes.

Ek glo verseker…

Meer

Opgelaai deur Ryno Meyer op 13 Junie 2013 om 16:44 — Geen Kommentaar

Warm harte maak warm lywe

Ons het onlangs by die klerekas van die gemeente ‘n sak wol ontvang as skenking. Tannie Martie Smit het onlangs daarna geskakel en gesê dat sy graag kindertruie vir die kerk wil brei.

Elmarie Hattingh (ons klerekas kampioen) het die wol vir haar geneem en sy het pragtige kindertruie vir ons gebrei.

Die…

Meer

Opgelaai deur Ryno Meyer op 13 Junie 2013 om 11:09 — Geen Kommentaar

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service