PvR Gemeenskapskerk

Hanlie Boshoff's Blog (35)

Ons kinders, Adam en die Olfor

Kinders is darem al te dierbaar.... en wat 'n voorreg om saam met hulle die wonder van die mens se verhaal uit die Bybel te ontdek. Sondag het al die juniors saam gesels oor die skepping van die mens. Daar het natuurlik die interessantste vrae uitgekom ...."Het Adam en Eva 'n naeltjie gehad", "is ons en Adam en Eva familie" en nog baie ander.

In Genesis 2:18 tot 20 vertel die Bybel vir ons hoe God die diere en plante gemaak het, en dat Adam vir alles moes name gee. "hy was seker baie…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 15 Februarie 2012 om 12:30 — Geen Kommentaar

Graad 7's is veilig

Izette het ons nou net laat weet dat die graad 7's veilig by hulle kamp aangekom het.

Net na 3 is sowat 29 graad 7's baie opgewone in die bussie gelaai, en saam met Izette en 3 mentors die pad gevat in die Nylstoom rigting. Ons bid vir hulle 'n geseende en heerlike kamp toe en wag opgewonde om al die nuus Sondag te hoor. 

Jeuggroete en liefde

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 10 Februarie 2012 om 17:37 — Geen Kommentaar

Kidz Press, Uitgawe 1 Februarie 2012

By ons Juniors, het hulle verlede week gekyk na die skeppingsverhaal, Genesis 1. Hulle het herontdek dat God die Vader van alles is en dat alles wat geskape is, 'n spesifieke doel het, selfs die kleinste insek.

Hierdie week ontdek hulle saam die wonder van die skepping van die mens, en dat elkeen van hulle…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 10 Februarie 2012 om 5:30 — Geen Kommentaar

Jeugbediening en Ouers - Die vreugde van Vennootskap!

Die dae is verby dat kinders en jongmense net by die kerkgebou afgelaai kan word vir hul geestelike opvoeding. Die jeugbediening het ons kinders en jongmense vir een uur per week. Ons moderne tegnologie, maak natuurlik kommunikasie, veral met ons tieners, tydens die week baie makliker. Maar dis nog steeds nie genoeg nie.

Ek is besig met die boek “Allready Gone” van Ken Ham & Britt Beemer en die statistieke is skrikwekkend. Ek sal gereeld op my blog saamgesels en terugvoer gee oor…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 25 Januarie 2012 om 5:30 — Geen Kommentaar

Verwondering, Verhoudings en Volgeling

My 2011 Desembervakansie was een van die wonderlikste vakansie ervarings in ‘n lang tyd. Dit was baie lanklaas wat ek vir meer as ‘n week op een slag met verlof weg was, en ons het God op besonderse maniere beleef. Ek wil so bietjie met julle deel waar my reis met die Here is en waaroor ek in Desember met Hom “ge-journey” het.

Vanaf 16 Desember het ons gesin by Lochvaal (ons graad 10 & 11 X Treme kamp is elke jaar daar) gekamp en gespeel. Ons het boot gery, geski,…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 18 Januarie 2012 om 11:30 — Geen Kommentaar

'n Mentorsles uit die natuur!

‘n Oorbevolking van olifante in die Kruger Park raak soms ‘n groot probleem, en in 1966 is daar die eerste keer van die olifante uitgedun. Die ouer bulle van die verskeie troppe is van kant gemaak. Dit het ‘n groot probleem in die park veroorsaak, veel groter as ‘n oorbevolking van olifante, en dit was kwaad en buite beheer jong olifant bulle.

Wat die veldwagters op daardie stadium nie geweet het nie, is dat die ouer bulle die jonges leer hoe om op te tree en hulself  te beheer en…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 13 Oktober 2011 om 20:30 — Geen Kommentaar

Awakening proses deur Shrek

Ek het 'n belydenis om te maak......"Hello, ek is Hanlie en ek loooooooooooooove movies, soos in ernsitg looooooooove movies." Dis vir my wonderlik om myself so in te leef in die storie, dat die trane vrylik kan vloei, ek heerlik saam kan lag of so kwaad kan word ek wil sommer uitstap, maar ek doen nie…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 21 Julie 2011 om 10:00 — Geen Kommentaar

Seekamp Finale – met trane in my oë

Tydens al ons leiers se baplanningsvergaderings was ons hoofdoel van die kamp verhoudings bou. Ons wou nie ons program so volprop dat jy moes jaag van een ding na die ander nie. Ons wou tyd he om stil te staan en net lekker te kan gesels. Ons wou tyd he om saam met God stil te raak en by sy voete te sit…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 15 Julie 2011 om 8:00 — Geen Kommentaar

Daparture2

Hello almal. Die bus ry baie goed en ons mensies sit in Wimpy in Ermelo en chill en eet lekker. Die ander kar is op Hendrina. Ek het bietjie kar moeilikheid opgetel. Ons en Stefan & Cheryl is nog in Sodwana. Die kar se radiator gee probleme. Is opsoek na flatbed om hom Pta toe te sleep. As as julle kontakte het, nou is die tyd om dit te gebruik!  So ja, dis die storie. Die bus en ander karre is amper by die huis. Die jongmense het 'n ongelooflike tyd gehad, het dit verskriklik geniet en is… Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 8 Julie 2011 om 15:38 — 1 Kommentaar

departure

Dis ongelooflik, 3 ure voor beplan is ons in die pad. Ons het net voor 6 opgestaan, opgeslaan en nou is ons oppad. Bid asb vir 'n veilige rit, vir die busdrywer en vir my, Henk, Freddie en Stefan wat bestuur. Ek sal bietjie later blog oor gister en fotos opsit. Sien julle in PvR!

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 8 Julie 2011 om 7:30 — Geen Kommentaar

"D" Dag

Op elke kamp is daar 'n "D" dag. Vandag is "D" laaste dag.....more vertrek ons, vandag is "D" dag waar daar groot afwagting is vir die geestelike toeknoop van die pakkie en vandag is "D" dag waar die laaste groepe gaan snorkel. Daar is baie wat nie lus is om huis toe te gaan nie, maar daar is ook baie wat uitsien na 'n sandlose lekker warm bed, en dan is daar klein Jana wat nie kan wag om haar katte te sien nie.

Gister was weereens 'n ongelooflike dag. Die stiltetyd op die strand was…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 7 Julie 2011 om 9:30 — 2 Kommentare

Woensdag

More uit 'n koue,natterige Sodwana, maar soos ek hoor nie naastenby so koud en nat soos Pretoria nie! Gisteraand was dit taamlik renerig, 'n paar tente het bietjie nat geword binne, maar niks buite beheer nie. Ons het 'n ongelooflike groep jongmense hier! Voor ons nog ietsie wil uitsorteer, het die jongmanne klaar ingespring en gedoen wat gedoen moet word. Die son is op hierdie stadium uit, so ons hoop vir 'n heerlike dag. Die girls is nou oppad strand toe op die wa (sal more oggend 'n foto…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 6 Julie 2011 om 11:30 — Geen Kommentaar

Vandag is Dinsdag yeahhhhhhhh!

Vanoggend oppad strand toe vir stiltetyd vra Lizette : "Watse dag is dit"? Na 'n reuse debat oor of dit DInsdag of Woensdag is, wen die selfoon kalenders en ons besef dis Dinsdag. Lizette is verheug want sy het nog 4 dae by die see oor, en nie 3 soos sy gedink het nie. Dit is die awesomeness van Sodwana. Jy is so deel van God se natuur en skepping dat jy tred met tyd verloor, en net vir altyd in hierdie "Paradys" wil bly. Jy wens jy het die keuse gehad om nie die verbode vrug te eet nie, en…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 5 Julie 2011 om 10:00 — 1 Kommentaar

Maaaaaaaaandag

Dis hoe ons rol by die seekamp, en dit het niks te doen met wiele wat rol nie maar met sokkerballe en volleyball balle. Gister was 'n awesome dag, son, see, sand en fun. En bunnies met koue vleis en 'n slaaitjie sommer so uit die bak van Henk se "trok". Verhoudings bou is die ding op die kamp, en nos het gedink lappe om die…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 4 Julie 2011 om 10:53 — 1 Kommentaar

Seekamp dag 1

Goeiemore! Ons het gisteraand  heerlik geslaap, so die energie en opgewondenheid is hoog vandag en almal sien vreeslik uit na die dag. Ons het 'n ongelooflike groep jongmense hier, geen probleme sover gehad nie en almal kuier heerlik saam. Ek se nou net vir die meisies dat ek regtig beiindruk is. Ek het myself gereed gemaak vir 'n baklei gisteraand omdat daar nie stilte is nie, maar 11 uur toe dit ligte uit is is almal in die tente en dis doodstil met net die "highway, soos Lizfab dit noem"…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 3 Julie 2011 om 9:08 — Geen Kommentaar

seekamp "arrival"

Baie dankie vir almal se belangstelling, omgee en gebede. Ons jongmense het veilig gearriveer. Gaan nou tente opslaan, lekker eet en dan chill vir die res van die aand. In die agtergrond oefen die band en die atmosfeer en weer is lieflik. Baie dankie vir die ouers wat hulle kinders aan ons toevertrou. Dit gaan ongelooflik wees. Hou die spasie dop vir opdaterings en fotos.

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 2 Julie 2011 om 18:18 — Geen Kommentaar

Seekamp departure dag 1

Sewe van ons spanlede, met ons kinders, het vanoggend kwart voor 7 met groot opgewondenheid vanaf die kerk vertrek op die Sodwana seekamp. Die pad was beter as wat ons verwag het, net so 10 km buite Ermelo, en die pad tussen Piet Retief en Pongola was sleggerig.......maar met 'n rustige gemoed en baie geduld was dit nie te erg nie. Dit is nou half 9, ons tente is opgeslaan en ons sit heerlik langs die vuur en kuier en gesels oor die dinge van die lewe. Ryno en 4 lede van die "band" is nog…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 1 Julie 2011 om 21:16 — Geen Kommentaar

Seekamp departure dag 1

Sewe van ons spanlede, met ons kinders, het vanoggend kwart voor 7 met groot opgewondenheid vanaf die kerk vertrek op die Sodwana seekamp. Die pad was beter as wat ons verwag het, net so 10 km buite Ermelo, en die pad tussen Piet Retief en Pongola was sleggerig.......maar met 'n rustige gemoed en baie geduld was dit nie te erg nie. Dit is nou half 9, ons tente is opgeslaan en ons sit heerlik langs die vuur en kuier en gesels oor die dinge van die lewe. Ryno en 4 lede van die "band" is nog…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 1 Julie 2011 om 21:16 — Geen Kommentaar

Seekamp departure dag 1

Sewe van ons spanlede, met ons kinders, het vanoggend kwart voor 7 met groot opgewondenheid vanaf die kerk vertrek op die Sodwana seekamp. Die pad was beter as wat ons verwag het, net so 10 km buite Ermelo, en die pad tussen Piet Retief en Pongola was sleggerig.......maar met 'n rustige gemoed en baie geduld was dit nie te erg nie. Dit is nou half 9, ons tente is opgeslaan en ons sit heerlik langs die vuur en kuier en gesels oor die dinge van die lewe. Ryno en 4 lede van die "band" is nog…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 1 Julie 2011 om 21:16 — Geen Kommentaar

seekamp countdown 2

Ons het vanaand die waentjie met die tente, stoele, matrasse, beddegoed, worship tent en kombuis gazebos gepak......en wat 'n vrag. Kan nie dink dat 'n kamp met 60 mense soveel pakkasie het nie, en die klere is nog nie eers by nie. Die manne het dit in 'n gewone 4X4 waentjie probeer inpas, maar geen geluk. Gelukkig het ons 'n groot "quad" waentjie as "backup" gehad, (dis net weereens 'n bewys dat 'n mens altyd 'n backup moet he) en alles pas gelukkig met gemak daarin..... nou is daar geen…

Meer

Opgelaai deur Hanlie Boshoff op 29 Junie 2011 om 22:46 — Geen Kommentaar

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service