PvR Gemeenskapskerk

Onlangs het ek baie vrae gehad rondom God se teenwoordigheid en hoe elkeen van ons dit ervaar. 'n Mens kan maklik in krisistye God se teenwoordigheid of eerder die afwesigheid daarvan bevraagteken. Dit is egter in hierdie tye wanneer God 'n spesiale plan/doel met ons het. Dalk is dit om stil te staan en net weereens die besef by ons op te wakker dat ons na Hom moet uitroep, omdat Hy dalk voel ons kan Hom beter dien en dat die posisie waarin ons onsself bevind, nie is waar Hy ons wil he nie.

Ons almal ervaar God se teenwoordigheid dalk op 'n ander manier. Vir sommiges tree Hy fisies of daadwerklik in wonderwerke in. Vir ander gelowiges doen Hy iets baie subtiel om reeds daardeur Sy Heerlikheid te bevestig. Toe ek onlangse praat oor my ervaring van God se teenwoordigheid (self toe ek ook getwyfel het daarin), kom dit by my op dat God agter my gestaan het en liggies met Sy vinger op my skouer geraak het (metaforiese gesproke).

Wat ookal elkeen van ons se ervaring is, weet dat God met elkeen van ons besig is, op Sy manier, Sy tyd, Sy Liefde.

Views: 17

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service