Oktober is ons 35 Jaar Feesvieringe Maand! En ons as Geloofsfamilie wil jou uitnooi om saam met ons fees te vier en God te dank vir Sy trou en seën. Daarom is daar verskillende maniere waarop jy kan deelneem.

Eerstens wil ons alle huidige geloofsfamilielede uitnooi om julle storie met die geloofsfamilie met ons te deel. Ons deel vanaf Sondag A3 bladsy uit, waarop elke gesin julle eie bladsy van ons geloofsfamilie se Herinneringe Boek kan vul. Vul die bladsy met julle name, handafdrukke, stories, herinneringe, gebede van dank en seën en foto’s. Julle bladsy kan net so uniek wees soos julle gesin. Onthou ook, dit is nie net vir gesinne bedoel nie, maar omgeegroepe, vriendekringe en bedieninge is almal welkom om saam bladsye te vul. Maak net seker dat julle die bladsye terug bring teen die 13e Oktober. Elkeen van die bladsye gaan in ‘n groot boek gebind word. Los daarom vir ons asb. ‘n 2,5cm gaping aan die linker kant van die A3 bladsy as hy in landskap gedraai is.

Tweedens nooi ons graag alle geloofsfamilielede wat reeds vir 25 jaar of langer deel is van ons geloofsfamilie, om te kom aanmeld by die kerkkantoor of op die webwerf (hier). Moet ook nie vergeet om die 27e Oktober 2019 ons eredienste by te woon nie.

Derdens nooi ons elkeen wat in die afgelope 35 jaar op die gemeenteraad gedien het om te kom aanmeld by die kerkkantoor of op die webwerf (hier). Moet ook nie vergeet om die 27e Oktober 2019 ons eredienste by te woon nie.

Verder wil ons soveel moontlik mense uitnooi na ons GROOOOOOT Feesviering en Dankfees 27 Oktober 2019. Tydens ons eredienste 08:00 en 10:00 gaan ons en soveel moontlik van ons voormalige leraars God se naam groot maak en Hom dank vir Sy voorsienigheid! Bring jou bure, vriende en familielede na die groot oggend. Kom lekker vroeg, want die ouditorium gaan oorloop van getuies oor God se seën.

‘n Familie kuier is nie ‘n kuier sonder ‘n lekker ete nie. Daarom nooi ons ook almal om saam te kom kuier by ons Geloofsfamilie Bring en Braai. 27 Oktober 2019, 11:00. Ons verskaf die vure, bykosse en atmosfeer. Bring jou kampstoele, eetgerei, vleis en drinkgoed. Koop asb. kaartjies @ R20/persoon vir die Bring en Braai in die kerkkantoor, sodat ons seker kan wees van die getalle vir die braai.

Herinneringe is nie net goed om ons te herinner aan God seën nie, maar dien ook as getuienis aan ander. Indien jy sulke herinneringe wil aankoop kan jy hier op ons webwerf loer. Ons sal teen 9 September 2019, die volledige lys van herinneringe wat aangekoop kan word aantoon. Bestellings kan in die kerkkantoor vanaf 9 September 2019 bestel word.

En laastens. Ons het elke geloofsfamilielid se hulp nodig om die nuus en uitnodiging te versprei. Deel dit asb. met ander ou en huidige geloofsfamilielede. Stuur dit op Whatsapp en deel dit op sosiale media. Ons sien uit om saam met elkeen van julle God se naam groot te maak vir hierdie groot oomblik!

Views: 127

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Geloofsfamilie om kommentaar te lewer!

Join PvR Geloofsfamilie

Nuusflitse

Die Vleiskombuis bestellings kan op die webblad gedoen word. Kliek op die prentjie om jou na die webblad te neem.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofsfamilie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2019   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service