PvR Gemeenskapskerk

40 Dae van FAMILIEWEES in LYDENSTYD Deel 3/4

Een van ons gesinne het die week met my gedeel dat hulle tydens hierdie Lydenstyd minder voor die TV wil spandeer, en meer tyd saam as familie. Ek het sommer dadelik opgewonde geraak oor die idee.

Hier volg dan 'n voorstel met 'n verskeidenheid van aktiwiteit om te doen vir die hele gesin. My gebed is dat die aktiwiteite julle as gesin help om net met mekaar kontak te maak en verhoudings te bou nie, maar ook dat julle met God kan konnekteer en Hom beter leer ken.

Lydenstyd bestaan uit 40 dae plus die 7 Sondae, wat gewoonlik nie getel word as deel van die Lydenstyd nie, aangesien Sondae in elkgeval gewy is aan die Here.

Die program is dan in 10 Dae eenhede ingedeel wat die Sondae uitsluit. Hierdie is dan Deel 3 wat dae 21-30 bevat. Kyk eers na die program en voel vry om die program uit te druk vir die yskas. Daarna kan julle na die fyner detail, skakels en "tips" kyk om julle tyd saam nog meer spesiaal te maak.

Wees bewus! Sommige van die voorstelle gaan vereis dat julle bietjie voorbereiding vooraf doen. Loer so 'n week vooruit en kyk wat jy gaan benodig of ten minste wat julle in gedagte gaan moet hou daarvoor! Geniet dit!

4 MRT – MAAK ʼn KLEURVOLLE KRYT KRUIS

  • Inkleurkryt Kruis Skakel
  • Praat bietjie met mekaar oor die kryte wat julle gebruik het. Was dit lekker om die kryte te vryf? Het julle moeg geraak harlfpad om die kryte te vryf? Hoe het julle vingers gelyk nadat al die kleure gevryf is? Het van die kleure donker geword of ge”smudge” omdat julle deurmekaar die kryte gevryf het?
  • Soms raak ons lewens ook vuil met al die slegte dinge wat ons in ons lewens doen. Ons kan selfs goeie dinge doen en dit kan ons soms vuil maak. Kan julle dink aan goeie dinge wat ons kan doen, wat ons ook laat sondig?  (Dink aan “vals” vriendelik/nederig wees of vir die verkeerde redes met mense “liefde” gee)

 

5 MRT – HOU ʼn BOKS DAG

  • Gee vir elkeen in die gesin ‘n boks. Dit is nou elkeen se taak om daai boks te vul met goed, klere, speelgoed of wat okal wat hulle kan saai en vir ander mense kan gee.
  • Moenie net die stukkende en ou goed gee nie, maar ook die dinge wat niks makeer nie en iemand anders kan seën.

 

6 MRT – WEES TOT DIENS VAN IEMAND ANDERS

7 MRT – SPEEL BORDSPELETJIES OF BOU LEGKAARTE

  • Kies julle gunsteling bord speletjies. Kies speletjies wat julle nie te veel laat kompeteer nie, maar eerder saambind as familie.
  • Kyk veral ook na die volgende speletjies. Smart Heart Skakel (Emosionele Intelligensie Speletjie) of Jenga Blokkies Skakel met Vrae Skakel
  • Maak seker julle fokus daarop om met mekaar te gesels.

 

8 MRT – DOEN IETS WAT EEN LID VAN DIE GESIN GENIET

  • Gebruik stukkies papier met name wat nie die vorige keer gebruik is nie. Kies nou 'n volgende naam. Laat die tweede jongste lid van die gesin die nuwe naam trek.
  • Maak seker dat die aktiwiteite nie meer tyd sal neem as wat daar beskikbaar is nie en ook nie te veel kos nie. Indien dit nodig is maak voorstelle of kry verskillende aktiwiteite wat julle oor saam kan stem lekker sal wees. Dalk is daar spesifieke aktiwiteite waarvan sekere lede van die gesinne meer sal hou.
  • Laat die jongste lid van die gesin dan ʼn naam kies en die aktiwiteit wat hulle wil doen.
  • Wees kreatief oor die manier waarop julle pret kan hê. Dit kan enige iets wees vanaf Roomys en Wafels maak, Fiets Ry, In die Parkies Speel, Iets Maak of selfs net ʼn Gunsteling fliek kyk.
  • Praat met mekaar oor hoe lekker dit is om hierdie dinge te kan doen. Waarom sou God vir ons goed gee om te geniet? Wat leer ons van Hom in dit wat ons gedoen het? Kan ons God raak sien as ons saam tyd spandeer het en dit geniet?

 

9 MRT – SKRYF ‘N BRIEF VAN BEMOEDIGING AAN IEMAND

 

10 MRT – NEEM PRETTIGE FAMILIE SELFIES

  • Eerste Foto Speletjie Skakel of Tweede Selfie Voorstelle
  • Maak seker dat almal in die gesin saamspeel en dat almal op die fotos is! Geniet elke oomblik daarvan!
  • Praat oor julle ervaring! Hoe was dit? Wat het julle die meeste geniet? Hoe gaan julle die fotos opsit sodat julle dit kan onthou?

11 MRT – MAAK ʼn VINGERAFDRUK KRUIS

  • Vinger Afdruk Kruis Skakel
  • Maak saam ‘n kruis wat julle kan opsit in die huis.
  • Praat oor die feit dat ons vingerafdrukke uniek is en dat God ons elkeen spesiaal gemaak het. Praat bietjie oor wat maak julle spesiaal. Praat oor hoe God elkeen van ons gemaak het, en dat Hy sy enigste seun gegee het vir elkeen van ons. Hoe laat dit ons voel? Hoe kan ons God dien, met dit wat ons elkeen baie spesiaal maak?

 

12 MRT – BESOEK ‘N CUM BOEKWINKEL

  • Besluit vooraf of julle ‘n geldjie in die winkel wil spandeer of nie.
  • Indien julle iets wil spandeer, besluit vooraf wat julle bedraggie is. Julle kan elkeen ‘n klein bedraggie spandeer vir mekaar. Elkeen kan vir iemand anders iets klein kry. Of julle kan julle geldjies saam sit en vir iemand anders iets spesiaal kry.
  • Loop in die winkel rond en luister musiek. Lees iets in ‘n boek wat jy nooit sou nie. Koop met jou oë iets wat vir jouself of iemand anders baie mooi is. Sit en kyk vir mense. Praat met iemand in die ry. Kyk deur die films vir een wat julle binnekort saam wil kyk. Spandeer net lekker tyd saam!

 

13 MRT – LUISTER SAAM NA PAASFEES MUSIEK

  • Luister na die Paasfees Playlist op Youtube. Daar is ‘n verskeidenheid van musiek vir oud, jonk en tussenin.
  • Praat oor die die waarvan julle hou. Praat oor hoe die verskillende musiek julle laat voel. Praat oor die woorde. Praat oor die betekenis. Praat oor wat julle leer. Praat oor die liedere wat julle weer wil luister.

 

14 MRT – TEL PAPIERE OP IN JULLE STRAAT

  • Hierdie een is redelik voor die hand liggend. Indien julle in ‘n kompleks bly waar dit skoon is, gaan na ‘n straat waar daar wel papiere rondlê. Anders gaan na die Spar sentrum om daar op te tel, die skool of na ‘n ander publieke area.

 

15 MRT – WAS MEKAAR SE VOETE

  • Was mekaar se voete.
  • Praat oor hoe dit voel? Waarom is dit nie iets wat ons elke dag doen nie? Hoekom het Jesus dit vir sy dissipels gedoen? Wat kan ons vir ander mense doen wat hulle wys hoe ons hulle dien?

 

16 MRT – DOEN IETS WAT EEN LID VAN DIE GESIN GENIET

  • Gebruik stukkies papier met name wat nie die vorige keer gebruik is nie. Kies nou 'n volgende naam. Laat die tweede jongste lid van die gesin die nuwe naam trek.
  • Maak seker dat die aktiwiteite nie meer tyd sal neem as wat daar beskikbaar is nie en ook nie te veel kos nie. Indien dit nodig is maak voorstelle of kry verskillende aktiwiteite wat julle oor saam kan stem lekker sal wees. Dalk is daar spesifieke aktiwiteite waarvan sekere lede van die gesinne meer sal hou.
  • Laat die jongste lid van die gesin dan ʼn naam kies en die aktiwiteit wat hulle wil doen.
  • Wees kreatief oor die manier waarop julle pret kan hê. Dit kan enige iets wees vanaf Roomys en Wafels maak, Fiets Ry, In die Parkies Speel, Iets Maak of selfs net ʼn Gunsteling fliek kyk.
  • Praat met mekaar oor hoe lekker dit is om hierdie dinge te kan doen. Waarom sou God vir ons goed gee om te geniet? Wat leer ons van Hom in dit wat ons gedoen het? Kan ons God raak sien as ons saam tyd spandeer het en dit geniet?

Indien julle nog verder wil lees of ander alternatiewe wil ondersoek, kan julle hier kyk.

Ek hoop hierdie kan vir julle besonders baie beteken! Ek sien uit daarna om die stories te hoor! Moenie huiwer om julle stories met ons te deel deur dit vir ons te epos (arline@pvr.co.za) of op FACEBOOK se PVR GELOOFSFAMILIE JEUGBEDIENING Group te post.

Kyk gerus na die volgende gedeelte vir dag 31-40 van die 40 DAE VAN FAMILIEWEES IN LYDENSTYD.

Jeugbediening Blessings en Liefde!

Views: 148

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service