PvR Gemeenskapskerk

40 Dae van FAMILIEWEES in LYDENSTYD Deel 4/4

Een van ons gesinne het die week met my gedeel dat hulle tydens hierdie Lydenstyd minder voor die TV wil spandeer, en meer tyd saam as familie. Ek het sommer dadelik opgewonde geraak oor die idee.

Hier volg dan 'n voorstel met 'n verskeidenheid van aktiwiteit om te doen vir die hele gesin. My gebed is dat die aktiwiteite julle as gesin help om net met mekaar kontak te maak en verhoudings te bou nie, maar ook dat julle met God kan konnekteer en Hom beter leer ken.

Lydenstyd bestaan uit 40 dae plus die 7 Sondae, wat gewoonlik nie getel word as deel van die Lydenstyd nie, aangesien Sondae in elkgeval gewy is aan die Here.

Die program is dan in 10 Dae eenhede ingedeel wat die Sondae uitsluit. Hierdie is dan Deel 4 wat dae 31-40 bevat. Kyk eers na die program en voel vry om die program uit te druk vir die yskas. Daarna kan julle na die fyner detail, skakels en "tips" kyk om julle tyd saam nog meer spesiaal te maak.

Wees bewus! Sommige van die voorstelle gaan vereis dat julle bietjie voorbereiding vooraf doen. Loer so 'n week vooruit en kyk wat jy gaan benodig of ten minste wat julle in gedagte gaan moet hou daarvoor! Geniet dit!

17 MRT – RUIL TAKE IN DIE HUIS

  • Maak ‘n lys van die take wat deur elkeen van die gesin gedoen word.
  • Ruil dit uit vir die dag. Laat die manne kosmaak en skoonmaak. Laat die dames die gras sny en kar was.
  • Praat met mekaar oor julle ervaring. Waarvan het julle gehou en waarvan het julle nie gehou nie? Waarvoor sê julle nie genoeg dankie nie? Wat neem julle misbruik van of aanvaar julle as vanselfsprekend? Hoe kan julle mekaar meer help in die huis?

 

18 MRT – MAAK ʼn PAASFEES KUNSWERK

  • Wit Paasfees Kunswerk Skakel
  • Julle kan ook die kunswerk saam as ‘n gesin doen en dit na die tyd êrens in die huis opsit om julleself te herinner aan die feit dat Jesus ons sondes kom vergewe het.
  • Julle kan PolyFilla gebruik in plaas van die duur “craft” materiaal, en dit werk net so goed!
  • Praat met mekaar oor die proses. Deel met mekaar hoe dit voel wanneer julle sondes doen, of hoe julle voel nadat sondes gepleeg is. Deel met mekaar hoe dit voel om te weet dat Jesus julle sondes vergewe het en dit nou skoon gewas is en toegemaak is met die kruis.

 

19 MRT – BESOEK ʼn PETTING ZOO

  • Gaan na ‘n “Petting Zoo”. Kyk na die diere en voer hulle. Lag saam. Hou saam Piekniek. Maak seker julle kom êrens by die lammertjies uit. Kyk na hoe hulle speel, hoe skoon en onskuldig hulle is.
  • Praat met mekaar na die tyd oor hoe Jesus ook die lam was. Hoe hy vir ons skuld betaal het al was hy onskuldig. Praat ook oor hoe die lam in antieke tye geslag is om die hele familie se sondes te betaal, sodat die mense se verhouding met God weer herstel kan wees.

 

20 MRT – MAAK EIERHOUER KRUISE

  • Groen Herwin Eierhouer Kruis Skakel
  • Praat bietjie oor wat ons soms net weggooi omdat ons nie dink daar is waarde daar nie. Praat saam oor hoe God enige iets kan nuut maak ongeag hoe stukkend dit kan voorkom. Hoe het God al dinge nuut gemaak in julle lewens?
  • Praat bietjie oor hoe julle as gesin met herwinning kan doen en nuut maak wat op die oomblik dalk nie meer gebruik kan word nie.

 

21 MRT – LEES SAAM PSALM 78

  • Psalm 78 Message Skakel, Psalm 78 Boodskap Skakel, Psalm 78 Familie Aktiwiteit Skakel
  • Lees Die hele Psalm of net vers 1-8. Julle kan selfs die teks op A3 druk en dit saam as gesin lees. Julle is ook welkom om daarop te doodle, omkring, aantekeninge te maak en saam gesels.
  • Omkring alles wat iets sê van God. Sit alles wat ons ouers moet doen in blokkies. Teken prentjies van alles wat God alreeds in die Bybel gedoen het om te wys hoeveel hy vir die wêreld omgee. Hoe het God al vir julle gesin gewys dat Hy vir julle omgee? Hoe kan julle as gesin aanhou om mekaar te herinner en meer leer van God?

 

22 MRT – TREK IETS PERS AAN VANDAG

  • Pers is ‘n koninklike kleur wat en verteenwoordig ons geloof in Jesus. Wanneer ons dit dra of die kleur êrens vertoon is ons besig om dit aan ander te getuig.
  • Trek as ‘n gesin almal iets pers aan. Neem saam ‘n foto en sit dit op as julle Profile fotos oral. As mense kommentaar lewer daarop, gebruik dit as ‘n kans om vir hulle te vertel waarom julle almal iets pers aan het.

 

23 MRT – HOU ʼn BYBELSE PAAS ETE

  • Neem tyd en maak seker dat julle vooraf alles reggekry het vir die ete.
  • Meer informasie vir Paasete,
  • Christelike Paasete Skakel, Paasete Skakel 1, Paasete Skakel 2
  • Julle kan “all-out” gaan of julle kan net die verskillende kossoorte hê en dit aan die kids verduidelik. Julle kan met liedere, kerse en gebede die ete lei, aantrek soos Bybelse figure of selfs regte Joodse musiek en elemente inbring.
  • Die mooi van die Joodse Paasete is dat dit kinders geleentheid gee om die Paas storie te hoor van hoe God vir Israel uit Egipte gered het. Dit is ook ‘n great geleentheid vir die kinders om vrae te vra.
  • Die rede waarom ons so ‘n ete saam ons kinder moet of kan doen is sodat hulle ook die storie te kan hoor. Maar meer as dit moet ons die storie klaar vertel tot by Jesus wat nou die nuwe lam is wat elkeen van ons red. Hoe God ons nou oorsien aangesien ons vrygespreek is indien ons glo dat Jesus ons vergewe het.
  • Praat met mekaar oor die ervaring. Wat was vreemd? Wat was lekker? Wat was vir julle mooi? Wat sal julle nou beter onthou van die storie? Sal julle weer so iets wil doen as ‘n gesin?

 

24 MRT – GAAN STAP AS GESIN SAAM IN ’N TUIN

  • Pak ‘n piekniek en gaan stap deur die Botaniese tuine. Of gaan neem net ‘n vinnige stap saam mekaar êrens waar julle in die natuur kan wees, die voëltjies kan hoor en net vars lug kan ruik.
  • Praat bietjie saam met mekaar oor hoe Jesus saam sy dissipels in die tuin bymekaar gekom het die aand voor Jesus gekruisig is.
  • Gebruik ‘n oomblik of twee en bid saam. Julle kan ‘n 1-2-3-4-5 gebed doen.
  • Julle begin deur elkeen vir 1 minuut alleen te bid vir JOUSELF. Bid dat God jou lewe op Sy wil sal rig en dat jy elke dag meer en meer van Hom sal ontdek en uitleef.
  • Bid nou twee-twee saam vir 2 minute vir julle GESIN. Bid vir elke lid van die gesin.
  • Bid nou saam vir die BOELIES en VYANDIGES om julle vir 3 minute. Bid spesifiek dat God met hulle sal werk en hulle harte sal verander.
  • Bid nou saam vir die mense wat oor aangestel is, ons LEIERSKAP op elke vlak (by die skool, by die werk, by die kerk, in ons gemeenskap, ons land). Selfs Jesus het vir die leiers van sy gemeenskap gebid. Bid vir 4 minute hiervoor.
  • Bid nou saam vir alles waarvoor ons DANKBAAR is. Dink aan dit wat jy het, dit wat God voorsien, Vir wie God jou gemaak het om te wees, vir dit wat God doen en vir wie God is. Gebruik vir 5 minute hiervoor.

 

25 MRT – MAAK SAAM HOT CROSS BUNS

  • Maklike resep Skakel
  • Sommer net ietsie lekkers om te eet en lekker om tyd saam te spandeer terwyl julle bak. Regoor die wêreld word Hot Cross Buns op Paas Vrydag geëet as die spesiale Paas ontbyt wat ons herinner aan die kruis. 

26 MRT – ROADTRIP

  • Gaan op ‘n “Roadtrip” vanoggend. Maak seker dat niemand in die kar ‘n elektroniese toestel of foon saam neem nie. (Julle kan een foon neem, vir noodgeval maar maak seker dat hy nie aangeskakel is nie). Sit die radio van die motor af en vra vir almal om in stilte te ry. Beplan ‘n rit wat so min of meer ‘n uur is. Indien dit moontlik is, kan julle ‘n mooi roete ry. As julle langer wil ry, is julle welkom, maar veral met kleiner kinders mag ‘n uur al amper te lank wees.
  • Die idee is dat die rit amper net te lank moet wees om in stilte plaas te vind. Sodra die kinders begin krapperig raak of begin vra wanneer is ons daar, dat julle waar okal julle is kan uitklim en gesels oor die ervaring.
  • Praat bietjie oor hoe moeilik dit is om stil te wees en in stilte te bly wag. Praat dan oor hoe lank die stilte moes voel vir die dissipels vanaf die vorige dag se kruisiging tot by die oomblik waar hulle ontdek het Jesus het opgestaan. Praat met mekaar oor hoe Stil Saterdag vir ons ook daai wag is tussen die dood van Jesus en die opstanding van die volgende dag. Gelukkig kan ons nou terug kyk en weet Jesus het klaar opgestaan. So ons hoef nie meer te wag nie.

 

27 MRT – SONSOPKOMS

  • Staan almal sommer lekker vroeg saam op. Maak seker julle kan die mooi sonsopkoms êrens sien. Sing ‘n worship lief of twee saam en bid saam. Lees die teks gedeelte waar die dissipels vind dat Jesus opgestaan het.
  • Praat oor hoe julle vandag fees kan vier oor Jesus se opstanding!!

Indien julle nog verder wil lees of ander alternatiewe wil ondersoek, kan julle hier kyk.

Ek hoop hierdie kan vir julle besonders baie beteken! Ek sien uit daarna om die stories te hoor! Moenie huiwer om julle stories met ons te deel deur dit vir ons te epos (arline@pvr.co.za) of op FACEBOOK se PVR GELOOFSFAMILIE JEUGBEDIENING Group te post.

Ons hoop dat hierdie Lydenstyd vir julle spesiale betekenis kon hê! Ons hoop ook dat julle die familie tyd uitdaging sal voortsit met kwaliteit tyd saam!

Jeugbediening Blessings en Liefde!

Views: 143

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service