PvR Gemeenskapskerk

Ons gemeente gaan hierdie jaar van 11-18 Augustus deelneem aan 7 Days on the Wall. Saam met verskeie ander gemeentes in die groter Pretoria gaan ons probeer om vir 7 dae aanmekaar- 168 ure- te bid.
Ons begin: 11 Augustus na die aanddiens.
Ons eindig: 18 Augustus se aanddiens.
Plek: Kerkgebou (of selfs waarookal jy jouself te enigertyd bevind)
Hoe: Ons bid in uur skofte wat op 'n rooster aangedui sal word.

7 Days on the Wall het ontstaan uit 'n aanvoeling van verskeie mense dat alles in ons land, stad en wêreld nie is soos God dit geskep het om te wees nie, en dat ons met die Here daaroor moet praat en Hom moet vra om ons leefwêreld te herstel. Ons wil ook saam vir die Here vra wat ons rol is in Sy Koninkryk wat deurbreek hier op aarde.

Die doel is om vir 3 sake te bid:
Die redding van ongereddes
Geestelike herlewing in die kerk
Die sosiale nood van mense in ons land en ook sosiale geregtigheid.

Hierdie beloof om 'n baie spesiale tyd in ons geloofsfamilie te wees en ek nooi jou uit om saam met mekaar te bid.
Hou ons kommunikasiekanale dop vir meer inligting. Vir enige inligting is jy welkom om vir Ryno 'n epos te stuur by ryno@pvr.co.za

Views: 53

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service