PvR Gemeenskapskerk

Goeie dag aan alle Matrieks en hul ouers.

Ja, julle het tien teen een verlede jaar belydenis afgele, en dink daar is niks by die kerk vir julle nie, wel, daar is!  Ons het hierdie jaar begin met 'n Matriekgroep, en ek het aan 'n spesiale naam gedink vir julle! Dit is: MIX - Matrieks In Christus.  Julle is 'n baie spesiale groep, met jul eie behoeftes. Die Young Adults is steeds daar, as julle sou verkies om hulle te 'join'.  Hulle kuier op 'n Dinsdagaand. As julle in die YA's belangstel, skakel Lizelle of Henk Faber.

Ek het na aanleiding van versoeke verlede jaar saam met Hanlie besluit om dit 17:00-18:00 op Sondae kuiertyd te maak vir ons.  Julle het gewoond geraak aan die tyd, en gerieflik vir diegene wat Aanddiens bywoon. Op hierdie stadium is ek elke Sondag onder die afdak.  Ons kry koffie daar, en soek plekkie om te gesels.  Ek het met Hanli gereel dat ons ons eie plekkie kry.  Daar is 'n lokaal beskikbaar, ons is net opsoek na tweede-handse sitkamerstel. Ons wil die vertrek lekker gesellig inruim vir die jongmense.  As julle dalk weet van iemand by wie ons so 'n stel kan oorneem, skakel Hanli Boshoff.  Daar sal ook koffie wees.

Ons beplan om met die matrieks 'n kamp te hou, en dit gaan fun wees!  Kampe is een van die dinge wat julle baie mis!!??  Ons sal ook sosiale dinge doen, maar neem julle tyd in ag, en werksdrukte.  Kom maak 'n draai onder die dak Sondag rondom 17:00, en gesels met my, of ander matrieks, wat dieselfde deurgaan as jy.  Jy kom dalk agter daar is ander wat ook stres ervaar, sukkel met verhoudings, twyfel oor verdere studie-rigtings, ens.  Ek sien daarna uit om met julle te gesels.  Ons seun het verlede jaar matriek geskryf, en ek het jare lank vir matrieks skoolgehou.  Ek het ook 'n paar jaar as mentor vir belydenisklasse waargeneem.

Voel vry om my te kontak as jy enige vrae het.

Manien Richards

012 662 2562

083 611 1097

mornay@saol.com

Views: 85

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service