PvR Gemeenskapskerk

Kyk hier vir van die fotos van vandag

Wat 'n ongelooflike dag!

Vroeg vanoggend begin die groep bymekaarkom. So ongeveer 30 van ons sit in die pragtige sitkamer van Len Sweet en gesels saam oor leierskap, heelheid, die kerk en vele ander. Ons ontdek nuwe fasette van Jesus in die gesprek. Nie net uit Len se opmerkings nie maar ook uit die harte en gedagtes van die ander leraars van Wahington, Texas, Tenessee ens. Elkeen is in 'n ander tipe bediening en het ander en vars gedagtes oor dinge

Ons eet heerlik. Aandete is gerookte salm met verskeie bykosse en so is die etes deur die dag uit die boonste rakke. Die pragtige natuurskoon en omgewing gee ons rustigheid en dipe nadenke. Ons ervaar hoe ons Here in elkeen van ons weer varsheid en vernuwing aanwakker.

Die diepte en rykdom van die gesprekke is baie uitdagend en insiggewend. Len se insette is soos verwag, baie en besonder ryk en skerp.

In die middag vat ons 'n breek en ry uit na Constitution berg en sien die hele San Juan groep eilande. Pragtige oop dag en ons sien tot in Kanada.

Temas wat hanteer word is leierskap, dissipelskap, humor, uitbranding, heelheid en ander.

Ons is besig om stadig maar seker die paar dae se verskuiwings en ervarings in die rustigheid deur te werk. Dalk is die aardbewing wat ons ervaar het op 'n manier simbolies van die Here se werk in ons lewe en bediening.

Bid asseblief dat die Here ons elkeen en as span sal begelei en vernuwe. Deel asseblief met ons jou ervaring en wat jy hoor by die Here

Views: 41

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Eddie Symons op 22 Maart 2010 om 6:27
Ek stel baie belang in die temas van bespreeking. Julle moet nou terug kom ek will alles hoor.
Kommentaar deur Louise Jackson op 21 Maart 2010 om 7:32
Hallo almal in die koue! Dit klink my daar gaan nog baie gesprekke wees wanneer julle terug is! Ek bid nou reeds vir daardie tye - dat ons hier ook gereed sal wees om te hoor en doen! Die foto's is ongelooflik mooi!! Geniet die laaste tydjie (en die koue) daar!
Kommentaar deur Hugo Smit op 20 Maart 2010 om 8:47
Hallo almal daar (en mede reisgenote hier)
Hoe lekker om vroeg op 'n Saterdagoggend op te vang met alles wat julle die vorige dag ervaar het.
Ek voel sommer ook hier waar ek sit, die Vars bries wat waai deur die nuwe gedagtes, ervarings en gesprekke wat jul met ons deel.
Dis ook asof die mooi natuur fotos van die eiland omgewing net weer bevestig dat God se skepping Groot en Goed is.

Dankie vir die moeite om ons op hoogte te hou - ek weet die moegheid in die aand kan 'n man maar vang op so 'n trip.

Ek bid vir julle, dat die Here julle elkeen op sy wonderlike manier sal help om die baie "input" te verwerk, op die regte plekke aan te raak en op Sy tyd wanneer julle terug is met ons ondersteuning (saamdans soos per die video-link) sal aanwend tot uitbouing van sy Koninkryk.

Mooi loop!

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service