PvR Gemeenskapskerk

Ons was skaars daar of almal weet waar hulle slaap & ons eet aandete!

Na ete speel ons 'n paar speletjies - 'n skattejag?  Hoe kry mens 5 soorte mis in die donker, 'n padda, 3 soorte gras, 5 soorte vrugte, 1 insek EN kan julle raai .... 2 grafte!!!   Was dit nou 'n gesoek!!!  Maar so tussen die flitse, dorings & takke kuier ons sommer baie lekker saam.Die aand eindig ons af saam met Job.  Ons lees Job 37 waar God met Job praat en hom vrae vra oor God se skepping. Die fondamente van die aarde, die grense van die see, waar word wat gebêre?  Dis amper of ons Gen 1 weer lees!  Dadelik kom die 3 V's weer op! Wat was die verhouding tussen Job & God? Wat is jou verhouding tussen God en jy? Hoe kan jy jou verhouding met God verbeter? As jy wil?  Een van die kinders sê dat sy die 9 vrugte van die Gees wil gebruik om haar verhouding met God te verbeter!!!

Na die sessie jaag ons almal bed toe - ai die klomp is lus vir kuier! 

Vroeg Saterdagoggend is ons op en geniet net die mooi skoon natuur (dou is NAT) voor ons ontbyt nuttig. Na ontbyt kuier ons weer saam met Job en die diere!  God het alles so oulik gemaak—alles werk net reg! Hoe die leeu sy prooi vang, hoe bokkies gebore word—hoekom volg ons Hom nie, soos Job Hom gevolg het nie! 

Dan is dit "volleyball" en rotsklim tyd! (Ek dink ons moet beslis 'n volleyball-baan by die kerk bou - die kinders het so vinnig geleer om te speel en dit hiper baie geniet!)

Party van die kinders lyk soos geitjies teen 'n muur - party wou net nie ophou probeer tot hulle bo is nie. Party lag so lekker vir hulle self, dat hulle vergeet om vas te hou en lekker heen en weer swaai aan die tou! Tot die wat bang is vir hoogtes was 'n paar meter van die grond af.  Terwyl party die hoogtes aandurf, laai waai die ander met die volleyball!

Almal verdien 'n heerlike afkoel in die swembad voor ete.

Na ete tackle ons die hindernesbane, terwyl die ander 'n "plaas" moet bou met ten minste 60 artikels uit die bos!  Ek dink dit het meer oor die modder gegaan as oor die ander artikel-goed! 

Die hindernesbaan is baie goed ontwikkel!  Elke slag begin die fasiliteerder om te vra wie het hoogte vrees en wie het ente vrees - wel, nie een keer het een van die kinders geweier om deel te wees van sy span as hulle die verskillende "obstickles" moet oor, deur of onderdeur nie!  In die hitte van die stryd - het jy nooit gedink aan jou vrese nie en almal in die groep het alles gedoen! Ja, en groep 2 se tyd was die vinnigste - hulle het soos 'n geoliede masjien gewerk!  Die reën jaag ons uit die veld uit en almal verdien 'n heerlike bord warm kos!!!

Na ete werk die kinders se kreatiwiteit sommer baie hoog en bou hulle gou 'n skool se wapen, skoollied, reëls en strawwe - die skoolliedere was die beste, hiper oulik!  Daarna kuier ons saam met Job oor die perd - wat stuit vir niks!  Ons staan eintlik verwonderd oor die perd se veglus in sy hele lyf!  As die perd vir niks stuit nie - kan jy met God ook vir niks stuit nie! 

Almal is sommer lekker moeg na die dag se spelery en baie vinnig is almal in droomland.

Sukkel, sukkel staan almal op en gaan stap ons in die veld!  Ons sien baie mooi springbokke, swartwitpense en blesbokke maar kameelperd het net sy spoor agter gelaat!  Ons lees die laaste gedeelte saam oor Job - die seekoei se storie.  As God die seekoei so sorgvulde sterk gemaak het, hoe sterk het Hy jou nie gemaak nie? Saam met God, is ons netso sterk soos die seekoei.

Ons stap tot by die uitkyk punt en kan byna die hele plaas sien - baie mooi!

So kuier, kuier stap ons terug. Ons eet, speel weer vinnig volleyball en swem vir die laaste keer!  Dan is dit oppak en rytyd. Te vinnig is die naweek verby en moet ons Bayete groet.

Baie dankie vir elke kind wat saam kom kuier het die naweek!  Vir my was dit 'n heerlike "adventure" om julle beter te leer ken.  Sue—baie dankie vir al die pleisters, perdeby-steek-room-aansmeer, kyk dat almal hulle pille moet drink op die regte tyd en al jou lekker saam kuier!  Eugene—baie dankie vir al jou stories deel, jou videos, jou rustigheid en jou baie omgee vir die kinders, jy maak dit so maklik vir 'n mens! Dankie vir die fasiliteerders van Bayete en hulle insette.  Baie dankie vir Thys wat die bus bestuur het en Lizette om al die admin af te handel, jy bly hiper goed daarmee!!! Baie dankie vir Onse Vader wat ons so mooi opgepas het die naweek en dat ons Sy skepping so kon geniet het die naweek! Dankie vir al Sy liefde en genade!

Views: 285

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service