PvR Gemeenskapskerk

Lewenskuns - Afhankliheid ondersteuning

Lewenskuns bied nou ‘n noodsaaklike ondersteuningsdiens aan afhanklikes en hulle families.

Die person wat die diens gaan lewer is Sandra Günter, ‘n gekwalifiseerde maatskaplike werker. Sy het vir ‘n klompie jare as ‘n kliniese terapeut by ‘n Rehabilitasiesentrum vir Afhanklikes gewerk.

‘n Paar feite t.o.v. Afhanklikheid

Afhanklikheid – verwys na alkohol, dwelms, pille, pronografie en einge ander ongesonde afhanklikheid.

  • Dit is ‘n siekte. Enige een kan op een of ander tyd afhanklik raak.
  • Dit is nie selektief nie. Dit gebeur met oud of jonk, ryk of arm, werksku of fluks, kerkloos of kerkvas, sterk morele waardes of los sedes , blank of swart, vrou of man of tiener.
  • Afhanklikes kry baie swaar – alle aspekte van hulle lewens word daardeur nadelig beinvloed. In meeste gevalle het hulle professionele hulp nodig om suksesvol op te hou.
  • ‘n Ondersteuningsisteem d.i. familie, vriende, kollegas, is uiters belangrik vir ‘n afhanklike.
  • Die afhanklike ervaar emosies soos skuldgevoelens, skaamte, selfverwyt, lae selfbeeld, hulpeloosheid, selfveragting. Hy/sy het hulp nodig om dit te verwerk.
  • Die families ervaar ook dikwels konflikterende emosies bv. deernis en ontferming maar ook woede, verwyt, eensaamheid, onsekerheid, moedeloosheid.
  • Afhankliheid word nooit beter nie – dit word altyd stelselmatig net erger. Die enigste opslossing is om op te hou!


Die ondersteuningsprogram sal ‘n diens aan die volgende persone lewer:

  • Persone wat in die begin stadium van afhanklikheid is
  • Persone wat in die akute stadium van afhanklikheid is maar wat weens omstandighede, nie in ‘n rehabilitasiesentrum opgeneem kan word nie
  • Persone wat onseker is oor hulle afhanklikheidsstatus
  • Persone wat reeds behandeling in ‘n kliniek ontvang het en wat nasorg ondersteuning benodig
  • Families, vriende en kollegas van bogenoemde persone


Die dienste sluit die volgende in:
1. Weeklikse ondersteuningsgroepe vir afhanklikes en hulle families (elke program sal vir drie weke loop) – sal by die kerk gehou word.
2. Beradingsdienste vir afhanklikes wie se omstandighede verhoed dat hulle behandeling in ‘n rehabilitasiekliniek ontvang. Sal in samewerking met ‘n mediese praktisyn plaasvind.
3. Assesserings onderhoude om ‘n persoon se afhanklikheidsstatus te bepaal.
4. Inligtingsesssies aan groepe - kan aangebied word soos nodig.

Kontak Sandra gerus by 079 525 3863.

Views: 46

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service