PvR Geloofsfamilie

Die unieke geleentheid om die Spesiale Algemene Sinode van die NG Kerk by ons kerkgebou en terrein te ontvang het gekom en gegaan.

Die vergadering het heelwat (soms eensydige) media aandag geniet, maar hier in die agtergrond het ons Geloofsfamilie se mense met toewyding, vriendelikheid en gasvryheid gewerskaf en gedien. Spesiale dank aan Riana (ons projekleier), Amanda (Info toonbank en toegangsbeheer) , Piet (Logistieke ondersteuning) en Marnis (Klank en Media) wat groot lof toegeswaai is vir hulle uitnemende diens. Ons ander personeel Sipho, Colbert, Norah en Phina asook dosyne van ons Geloofsfamilie se mense het ook kliphard gewerk. ’n Reuse DANKIE vir julle elkeen.

Wat die besluit van die Sinode betref sou jy al gesien het dat dit in die media taamlike hardhandig en miskien effe eensydig hanteer is. Ons gemeenteraad gaan, getrou aan ons Geloofsfamilie se manier, dit saam met jou in gesprek neem en besin oor hoe ons dit hier by ons toepas.

Dalk is dit goed om ’n paar voorlopige opmerkings oor die besluit te maak.

1. Dit is ’n nie-voorskriftelike, maar leidinggewende besluit wat elke gemeente self na eie oorweging kan implimenteer

2. Dit herbevestig die NG Kerk se duidelike riglyne hoe ons die Bybel verstaan en verklaar. Verlede jaar se debatte het daaroor verwarring laat ontstaan.

3. Dit herbevestig dat die Bybel die Christelike huwelik tussen een man en een vrou as God se ideale ruimte vir intieme verhoudings stel

4. Dit herbevestig die menswaardigheid van alle mense, ongeag seksuele oriëntasie

5. Dit is verwelkomend aan mense van homoseksuele oriëntasie, nie net as volle lidmate van ’n Geloofsfamilie nie, maar bied ook toegang tot al die ampte.

6. As dit blyk dat daar leemtes en tekortkominge in die besluit is, sal ons as Geloofsfamilie daaroor saamgesels.

 Mettertyd meer hieroor.

Intussen is ons keuse mos nog altyd om verwelkomend te wees teenoor almal wat kies om deel te wees van, of saam te reis met ons Geloofsfamilie. Iemand wat opreg soek daarna om Jesus Christus te Ontdek en te Leef, word hier met ope arms verwelkom en deelgemaak, soos nog altyd in die verlede. Om ’n vriend aan te haal: "Aan almal wat my ken, wat deel is van my ("my" omdat dit is waar ek behoort) gemeente of gemeenskap: Ongeag wat wie gesê het: ek hoop jy voel welkom en gewaardeer by ons. Waar die geloofsgemeenskap 'n gesig, ore en 'n smile het. Ons omarm jou graag nes jy is."

 

Views: 65

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Geloofsfamilie om kommentaar te lewer!

Join PvR Geloofsfamilie

Nuusflitse

Bestel nou vars vleis tot 30 April vir aflewering by kerk in week van 2 Mei.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2018   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service