PvR Gemeenskapskerk

Ons jaarlikse graad 10 en 11 kamp of beter bekend as die Aqua X kamp is jaar vir jaar een van die hoogtepunte op ons kalender, want die is nie net sommer ’n kamp nie maar ’n naweek weg gevul met alle kleure van die reënboog. Van ’n klomp watersport(s), boot ry , stil word langs die Vaal rivier, sonskyn, nat reën, diep gesprekke en sakke vol kuier en tonne pret omrede ons almal op reis is saam Christus.

Vrydag die 20 ste Januarie was die dag wat ’n klomp opgewonde gesiggies getent en gepak by die kerk opgedaag het slaggereed vir aksie. Ons het die naweek spandeer by Loch Vaal en vra enige iemand wat al die kamp gedoen het dit is een van daardie plekke waar die “fun” net nooit ophou nie.

Daar aangekom het die groot tent opslaan begin maar was gelukkig van korte duur want baie hande maak mos ligte werk. Vrydagaand was die verassings aand waar ons almal verras is met ’n boot rit op een van Stone Haven se vlotte. Dit is een van daardie ongelooflike tye waar ons in verwondering kon staan oor God se grootheid met die sterre wat kristalhelder was. Ons gesels die aand diep oor waar ons op Reis is met Christus.

Saterdag was ’n ongelooflike lekker sonskyndag met die dag wat ongelooflik mooi gebreek het tydens ons stiltetyd langs die rivier. Die dag se hitte het wel sy tol geëis met ’n klomp rooi of eerder pienk lywe soos die son ons effens bygekom het. Dit was ’n dag vol water pret van vlot bou tot ’n paar snaakse en effens bang gesigte op die Tube agter die motorboot. Maar wat ’n voorreg was dit nie om dit net ongelooflike te kon geniet het met genoeg tyd om al die kuier wat tydens die vakansie tyde verlore gegaan het in te haal.

Saterdagaand was ’n groot aand as dit by ons Geestelike program kom en was ’n lewe van Impak die hoof tema in ons gesprek. Want as ons Christus ontdek en leef moet ons impak maak in ons verhoudings met ander mense.

Saterdagaand was ’n nat aand want die broodnodige reën vir die gemeenskap het gekom en behalwe die paar lekkende tente en ’n paar van die manne wat kon swem in hul slaap, was die reën geen probleem nie.

Sondag oggend was dit die grap van die dag om al die stories te hoor van hoe almal met lekkende tente en nat matrasse probeer plan maak het. ’n effense later oggend en ’n ongelooflike stiltetyd was die afsluit van ons kamp. Daarna was dit pak en laai want die groot stad vol geleenthede om inpak te maak het op ons gewag.

Dit was ’n naweek van verhoudings bou, waar ons saam kon gesels oor wat dit beteken om Christus te volg en ook Christus rondom ons in verwondering te ontdek.

Ek is ongelooflik opgewonde oor elke jongmens wat die kamp saam ons gedoen en geniet het, ek is opgewonde oor ’n generasie wat Christus waarlik volg en wil Impak maak.

Ek wil dankie sê aan elke ouer en elke kind wat saam ons in die naweek gedeel het. Elke mentor en elkeen wat help reël het, het gedroom oor ’n kamp waar ons kan groei en ontspan en volgens my het ons presies dit gedoen.

Herman Matthee

Hoërskool Jeugwerker


Views: 287

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service