PvR Gemeenskapskerk

Vir 'n geruime tyd, wonder ons al 'n bietjie oor hoe ons, ons kinders uitnooi en aanmoedig om meer van ons geloof uit te leef asook hoe ons hulle help om in Ritme saam met die Here te laat leef. En so het die idee van die ARKº Agente ontstaan! Nou is ons in die proses om hierdie nie-so-geheime agentskap 'n realiteit te maak. Indien jou kind deel wil wees van die agentskap en weekliks hulle nie-so-geheime opdragte kry, kliek hier vir die link na die onderstaande vorm. Die kinders vul een in en hou dit geraam in hulle kamer sodat hulle dit kan sien. Die ander getekende sertifikaat neem ons om te weet wie is deel van die agentskap.

Intussen sal ons dit ook waardeer indien julle ons kan epos by arline@pvr.co.za met 'n foto van die nuwe agent, sowel as sy/haar naam en van. Ons sal graag solank hulle agent identifikasie kaarte aan die gang wil kry. Sodra hulle dan die kaart geteken het kan ons hom voltooi sodat hulle dit ook in hulle beursies of pennesakkies kan saam dra!

Hier is die eerste van die jaar se geheime kodes. Ons kan nie wag om te sien of almal dit reg kan kry nie. Soms gaan hulle dalk hulp benodig, maar oor die algemeen behoort hulle self hulle "missions" te kan ontdek en uit te leef! Ons sien uit na al ons nuwe nie-so-geheime ARKº Agente!

Views: 97

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service