PvR Gemeenskapskerk

Ek het 'n belydenis om te maak......"Hello, ek is Hanlie en ek loooooooooooooove movies, soos in ernsitg looooooooove movies." Dis vir my wonderlik om myself so in te leef in die storie, dat die trane vrylik kan vloei, ek heerlik saam kan lag of so kwaad kan word ek wil sommer uitstap, maar ek doen nie want ek is te bang ek mis iets. Toe Zetta vir my sê sy wil die vakansieprogram "Shrek the adventure" maak en of ek dalk die Shrek videos vir haar het, het ek besluit om sommer die flieks weer te kyk voor ek dit vir haar gee. Die wonderlike van flieks is, dat elke storie, ongelooflike 'teaching moments' het. Soos die meeste van julle weet, is ons midde die "AWAKEN EN ACTIVATE" proses. Shrek het vir my ongelooflike awakening oomblikke wat direk met my "gepraat" het oor die proses waarmee ons besig is. Ek deel graag een van hierdie gedagtes met julle.


Een van die hoof "awakenings" wat ek beleef het in Shrek, is dat my identiteit lê in my Skepper, Jesus Christus.

          Shrek: Listen, little donkey. Take a look at me, what am I?

          Donkey: Uh... [looks Shrek up and down] really tall?

          Shrek: No, I'm an ogre! You know, "Grab your torch and pitchforks!" Doesn't that bother you?

          Donkey: [shakes his head happily] Nope.

          Shrek: [surprised] Really?

          Donkey: Really really.

Deel van die awakening proses is om jou Identiteit in Christus te ontdek, wie God sê ek is, my identitiet in verhouding met Christus. Shrek se siening van sy lewe word bepaal deur sy uiterlike identiteit, en dis hoekom ons so maklik met Shrek identifiseer. Ons glo ook dat hoe ons lyk, aantrek, met wie ons vriende is en die man/vrou in ons lewe bepaal wie ek is en waartoe ek in staat is.

Deur Awakening het ek ontdek "EK, HANLIE, IS GOD SE LIEFLINGSPRINSES WAT VIR HOM SO KOSBAAR IS DAT HY SY ASEM VAN LEWE IN MY INGEBLAAS HET." En as jy hierdie ontdekking gemaak het....verander dit jou lewe!

Genesis 1:26-27:The Message
   26 -28 God spoke: "Let us make human beings in our image, make them reflecting our nature........God created human beings; he created them godlike, Reflecting God's nature. He created them male and female  God blessed them.

Genesis 1:26-27:King James Version

And the LORD God formed man of the dust of the ground, and breathed into his nostrils the breath of life; and man became a living soul

Views: 89

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service