PvR Gemeenskapskerk

Ons is terug na 'n baie goeie beplanningstyd.
Ons het ongelukkig nie die naweek internettoegang gehad nie en kon julle nie op hoogte hou nie.
Ons sal binnekort 'n vollediger verslag oor die beplanningsweek hier plaas.

Nogmaals dankie vir al julle ondersteuning en gebede.

Groete
Bedieningspan

Donderdag 10 September 2009
Na nog 'n sinvolle dag, is ons dankbaar vir alles wat die Here in ons geloofsfamilie doen. Ons het vandag gereflekteer oor ons bediening soos dit tans daarna uitsien.
Ons het ons vier bedieningsareas: Familielewe, Menswees, Geloofsgroei en Nuwe Generasie in diepte bespreek en saam nagedink oor leemtes en sterk punte in elke bedieningsarea.

Ons is opgewonde oor wat in die verskillende bedieningsareas gebeur en sien uit na 'n klomp dinge wat in die volgende tyd beplan word.

Die Gemeenteraad sluit môre by ons aan. Bid asseblief steeds vir ons.

Woensdag 9 September 2009
Ons het 'n baie sinvolle dag gehad saam met Callie Roos wat ons Uitvoerende Span gefasiliteer het.
Ons het nagedink oor leierskap en veral geestelike leierskap. Ons het probeer om ons span se geestelike DNA te beskryf en hoe dit uitspeel in ons geloofsfamilie. Verder het ons nagedink oor die manier waarop die geloofsfamilie bestuur en gelei word. Ons het goed gevorder om te verstaan wat leierskap beteken en wie verantwoordelikheid vir watter aspek binne die geloofsfamilie neem.

Ons kon ook weer tyd in die natuur spandeer en iets van God se grootheid beleef.

Ons wil vir jou dankie sê wat steeds vir ons bid en saam met ons reis na heelheid in Christus.
Die Uitvoerende Span

Dinsdag 8 September 2009
Ons het vandag veilig hier aangekom, nes geskrop en begin gesels.
Dit is wonderlik om so in die natuur te wees en te begin ontspan. Mens hoor en sien God op 'n ander manier in die bosveld. Ons het op 'n wildrit verskeie diere gesien, o.a. koedoes, elande en zebras.

Pierre en Riana van Rensburg, wat ons week se kosmaak hanteer, het ons bederf met heerlike wildspasteie vir aandete.

Callie Roos het by ons aangesluit en 'n sessie met ons gefasiliteer rondom ons uitvoerende span se funksionering en dinamika. Ons het gereflekteer oor ons samewerking en is dankbaar vir wat die Here in ons en deur ons geloofsfamilie doen.
Ons gaan môre verder nadink oor ons verskillende rolle binne die span en geloofsfamilie.
Bid asseblief steeds vir ons.

Die Uitvoerende Span

Views: 26

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Henk Janse van Rensburg op 10 September 2009 om 22:23
Hallo Louise,
Baie dankie vir jou boodskap. Ons het vandag ervaar wat jy geskryf het. Ons het ons bedieninge herbesin en gefokus en is dankbaar wat die Here vir ons doen.
Geniet die stap in Namakwaland! Mag jy ook die Here se teenwoordigheid spesiaal ervaar.
Kommentaar deur Louise Jackson op 10 September 2009 om 21:03
Hallo Jan en almal op Shayamanzi!
Net om julle te verseker dat julle almal in my gebede was die afgelope week en steeds sal wees oor die naweek. Ek glo julle sal ons Vader se teenwoordigheid en seën al die tyd ervaar. Hebr 12:13 Loop julle lewenspad met soveel oortuiging dat die mense wat agter julle aankom en maar 'n bietjie sukkel, hulle gesukkel sal afgooi en met net soveel oortuiging as julle hulle lewenspad verder sal loop.
Mag hierdie beplanningsnaweek weer 'n hoogtepunt in ons Geloofsfamilie se geskiedenis wees.
Sal aan julle dink terwyl ek Namakwaland te voet aandurf!
Groete, Louise

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service