PvR Geloofsfamilie

Wanneer die donkerte jou toevou, steek ‘n kers aan!

14 “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15 ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Jesus in Matteus 5:14-16)

Wanneer ons as volgelinge van Jesus LEEF, is ons lig vir die wêreld. Dan is ons kerse wat aangesteek word in die donker! Wanneer ons as volgelinge van Jesus LEEF, maak ons ons hande vuil. Ons raak betrokke by die dinge wat donker is in ons leefwêreld.

BeterEinders is ‘n reis waarop ons as geloofsfamilie gaan gaan om ons koppe en harte skoon te kry, sodat ons ons hande kan vuil kry. Ons gaan saam praat, en saam doen, ophou kla, en saam met almal werk. Ons eerste saamgesels
geleentheid is al reeds 24 Okt om 19:00, so skryf so spoedig moontlik in om ‘n BeterEinder te wees! Kliek hier om deel te word van BeterEinders

Kliek hier om deel te word van BeterEinders

Views: 24

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Geloofsfamilie om kommentaar te lewer!

Join PvR Geloofsfamilie

Nuusflitse

Bestel nou vars vleis tot 2 Desember vir aflewering by kerk in week van 3 Desember.

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2018   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service