PvR Gemeenskapskerk

Ek wil graag by Dorette se berig aansluit oor die Christian Motorcyclist Association (CMA) hier in Pierre van Ryneveld. Ek het nou die dag saam met hierdie ouens op 'n "breakfast run" gegaan en watter verassing was dit nie! Ten eerste is ek nie 'n lid van die CMA nie, maar hulle het my met ope arms verwelkom. Dus, as jy graag vir Jesus wil ry of getuig is hierdie die regte plek vir jou.

Tweedens, hierdie mense is bikers! So, as jy gedink het dat jy te woes is vir hulle, gaan jy 'n verassing kry. Almal is welkom by hulle.

En moenie bang wees as jy dink dat jy nie ervare genoeg is vir hierdie storie nie. Hulle sal jou alles leer, vanaf ry vaardighede tot die tegniese dingetjies. Dit is hule passie.

Kontak maar gerus vir Dorette en Jannie Kruger of vir Anton. Of los sommer hier op die blog 'n boodskap.

O ja, moenie worry oor die tipe of grootte van jou motorfiets nie...Jesus worry nie oor jou motorfiets as jy vir hom werk nie.

Ek sal so met tyd 'n paar fotos en stories met julle deel oor die bike toere en 4x4 toere. Of miskien oor my kulturele en geloofs ervaringe met die Russe (en die Bolshoi!), Arabiere, Amerikaners, NZs, Rwandese, Nigeriers,......en met my ma :-).

Groete

Cobus

Views: 47

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service