PvR Gemeenskapskerk

Ek wil jou graag blootstel aan boeke wat ek onlangs onder oë gehad het. Kliek hier om ook na Nuwe Media deur Mynhardt van Pletzen te kyk.

Jesus – ‘n radikale sprong deur Stephan Joubert

In Stephan Joubert se nuutste boek daag hy elke navolger van Jesus uit om anders oor Jesus, God en die kerk te dink. Want as jy anders dink, sal jy anders begin leef. Stephan help ons om Jesus in ’n nuwe lig te sien. Jesus is nie net ’n sagmoedige Man in ’n wit kleed wat geduldig genees, gepreek en gesterf het nie – Hy is die Almagtige wat God se nuwe wêreld kom waar maak het.

Hy daag ons ook uit om anders oor die kerk te dink – kerk is nie net om Sondae te aanbid nie, maar om in verhoudings te leef met Jesus Christus, mekaar en ander mense. Kerk is om juis ’n verskil in die gemeenskap te maak en vir mense Christus se onverdunde liefde en genade te wys.

Hierdie boek het my gehelp om Jesus weer opnuut raak te sien vir wie Hy is en wat Hy my vra om te wees in ’n stukkende wêreld. Ek kan dit ten sterkste aanbeveel.

Beskikbaar by CUM of ander boekwinkels teen R99.95.

Geloof in Aksie Bybel

Die Geloof in Aksie Bybel bevat die Bybelteks van die Boodskap, wat ’n hededaagse Afrikaanse vertaling wat deur Jan van der Watt en Stephan Joubert gedoen is.
Dit lees maklik en help jou met ekstra invoegsels om sekere tema’s en vrae te beantwoord.

Sagteband kos R199 en Leeruitgawe kos R299 en is by CUM of ander boekwinkels beskikbaar.

Views: 111

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Linda Grobler op 21 Januarie 2010 om 14:14
Ek het my Geloof in Aksie verlede jaar by 'n CUM uitverkoping gekry.... ek was in ekstase. Dis werklik 'n lekkerlees Bybel en die invoegsels is regtig baie oulik.

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service