PvR Gemeenskapskerk

Ons het hierdie Sondag oor Kain & Abel gesels.  Ek was in die bevoorregte posisie om saam met die Mosterdsaadjies vanoggend te kuier! "Never a dull moment"!!!  Weet julle wat beteken om jaloers te wees - as jy in die hoek moet sit en jou boetie & sussie sit op die bed om 'n storie te hoor! (sy't glo nie geluister nie) Of "you feel angry because someone have better stuff than you" Ek vra maar het julle dit altyd nodig - die antwoord terug was: "nee, maar dis lekker om dit te hê" of "there's no money for it".  Ek vra vir die mosterdsaadjies na ons die verhaal van Kain en Abel gelees het: hoe kan ons nie jaloers wees nie - "you just ask God to make you calm & then you want to share".  Ek vra hulle ook hoekom dink julle het God belowe om vir Kain te beskerm al het hy hierdie verskriklike ding gedoen - onmiddelik kom die antwoord: "want God het vir Kain gemaak"!  Whoaw!  Ek verstaan sommer weer van voor af hoekom Paulus gesê het ons moet soos pasgebore kinders glo!

Ek het ook saam met die graad 4's gekuier - die manne daar was baie meer geinteresseerd oor hoe Kain vir Abel doodgemaak het - met 'n stok geslaan, met 'n klip doodgegooi, ens.  Ene wou ook weet hoekom het Abel homself nie verdedig nie - ai dis darem lekker om al die verskillende tye van kinders so op eendag te beleef!

Ek wil dan oor die musketiers baie dankie voor sê - dis 'n groepie dogters wat met baie geduld, baie sagtheid, baie deernis help by ons mosterdsaadjies. Hulle kuier so lekker saam met hulle & help hulle so mooi om te plak, sny of in te kleur!  Baie dankie julle, dankie dat julle bereid is om verhoudings met ons mosterdsaadjies te bou, so is julle volgelinge van Jesus en ek staan verwonderd!!!

Views: 46

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service