PvR Gemeenskapskerk

Vrydag aand 27 Mei slaap so 90 pa’s en dogters in die Pretoria se Dieretuin.  Party pa’s is al half vyf by die dieretuin. Raai wat was byna al die pa’s se reaksie sodra hulle aangemelt het: ons het sooo baie goed – genoeg vir ‘n hele naweek se kamp!!!  Die dieretuin se bakkie het seker 5 keer heen-en-weer gery en party van ons bakkies, ook ‘n paar keer.  Die plaaswerf in die dieretuin het baie vinnig ontaard in ‘n tente dorp!  Een dogtertjie vra vir Nicole met verwondering: “Is dit julle groooot tent?  “Ja”, ooh sug die kleintjie, ons sin is sooooo klein ... dit is sooooo klein, ons boks moet buite staan!” Na ‘n paar piesangs en lemoene, musse en serpe, het die drie gidse Willem, Riaan & Graham ons groep deur die dieretuin vir ‘n nagtoer gevat!

Elkeen kom terug met ‘n ander “favourite” dier – het julle daai groot uil gesien?  Watter bok was dit nou weer? Hy (die gids) ken die renoster se naam & kom na hom toe as hy hom roep! Die hyena het uit die water geklim toe ons daar aankom – dis freeky koud! Die kameelperd is die mooiste!!

Ek dink nogsteeds dat Onse Heer die skep van die diere die meeste geniet het!  

Een van die pa’s kom vertel my, met baie trots in sy stem dat sy graad vier dogtertjie alles gereël vir die oorslaap – alles wat nodig is tot ‘n tent! (My hart het sommer warm geklop daaroor.)  Almal kuier te lekker oor ‘n worsbroodjie of twee en die hot chocholate het gevlieg!!  Een van die pa’s wou weet of die onder-vloerse-verhitting in die “chalets” aan is?

Weet julle wat is ‘n wenner om ‘n kampvuur? Gebraaide mashmellow tussen ‘n oreo beskuitjie en dan doop jy dit in kondensmelk – ai maar dis soet!!! (Gelukkig was daar nie mammas nie).

Vroeg oggend bou ons weer ‘n bonfire en een vir een word die “plaas” wakker!  Party was vroeër wakker om koffie te maak vir die gevriesdes. Daai selfde pa oor die onder-vloerse-verhitting, is terug om te bevestig dat dit wel aan was maar wie het daai haan bestel????  Half ses is byna almal wakker en die tente sopnat van die dou en toe ... net na ses is daar ‘n laagie ys op almal se tente!  Ons slaan kamp op, eet ‘n ietsie en te vinnig is ‘n baie spesiale bonding-kuier verby.  Die algemene gevoel is dat ons dit weer kan doen! Dit was ook lekker om te hoor hoeveel wil terugkom dieretuin toe, saam met hulle hele familie. Die pa’s het natuurlik baie oulike idees vir die ma en seun wegbreek ook gehad (beeld material ingesluit!!!!)

Baie dankie vir almal wat gehelp het om hierdie Brul en Piep aand ‘n reuse sukses te maak!  ‘n Baie groot dankie aan Mavis en Piet by die dieretuin wat met baie vriendelikheid en niks is te moeilik om ‘n oplossing te kry nie, ons behandel het nie! Die 3 gidse wat met graagte hulle kennis oor die diere met ons gedeel het en dat al, ja al ons goed by die plaaswerf uitgekom het!  Baie dankie vir elke pa wat sy dogter/s gebring om die brrrrrrul saam met haar te ervaar. Die fotografie bediening wat saam kom kuier het en sommer gehelp het om kos te maak!  En baie dankie aan die owerste oor 11 met al die raad, tyd en my vergewe het vir my mus!  Beslis ‘n groot dankie aan Jesus ons Koning – al was dit koud het die wind nooit gewaai nie en was Donderdag aand en Saterdag aand heelwat kouer as Vrydag aand! Dankie dat ons weer kon verhoudings bou, verhoudings verdiep, nuwe verhouding maak! Dankie vir Sy wonderlike diereryk en dat ons daarin ook kan lewe al is dit in ‘n dieretuin!

Views: 97

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service