PvR Gemeenskapskerk

Brul & Piep is eintlik Pa en dogter! Verlede jaar het ons 'n Ma & dogter - feetjiedag en 'n Pa en seun - visvang naweek gereël. Wel, nou hierdie jaar ruil ons so bietjie om! Dis eers die Pa en dogters se beurt nou! (Ma en seuns - hou hierdie blogger nog dop - julle pret is oppad!!!! ek herhaal OPPAD!) Ons wil graag gaan oorslaap in die Dieretuin! Jip, julle het reg gelees. Het jy al 'n regte oupa-uil wakker gesien in die nag? Slaap olifante? Wat maak leeus as die son sak? Kuier jakkals en al sy nefies rond in die bos-mall terwyl dit dag of nag is? As jy al hierdie vrae beantwoord wil hê kom saam.  Ons gaan 27 Mei 2011, dis 'n Vrydagaand in die Dieretuin kamp. Die pa's betaal R125 en die dogters R85. Ons bring ons eie kamptoerusting saam (tent, matras, slaapsak, eetgerei). Die bedrag sluit toegang, 'n nagtoer & kos vir honger maagies in!  Kom wees deel van die diere koningkryk in die middel van ons stad! Kontak Izette as jy belangstel!!

Views: 286

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Kommentaar deur Izette Malan op 9 Mei 2011 om 8:16
Marlize, as die Pappa saam gaan het ek geen probleem dat hulle saam om kuier nie - stuur asb jou email adres vir my dan stuur ek vir julle die inskrywings vorm en inligtings stuk!
Kommentaar deur Marlize Steyn op 6 Mei 2011 om 16:35
Hi Izette, dit klink verskriklik lekker.  Ons dogetertjie is amper 3, dink jy sy is dalk nog te jonk vir die kamp?  Ek weet sy en haar Pa sal mal wees oor die diere.  Dankie, Marlize
Kommentaar deur Hanlie Boshoff op 15 April 2011 om 8:46
Die gaan groot pret wees. Ek wens ek was 'n pa.....let wel slegs vir die een aand!

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service