PvR Gemeenskapskerk

Ons Bybelreis oor gebed het gisteraand (11 Mei) saam met Stephan Joubert begin. Dit was 'n voorreg om saam met ongeveer 120 mede-reisigers saam na te dink oor gebed.

Stephan het ons uitgedaag om nuut oor gebed te dink. Gebed is so voor die handliggend, maar niemand wil dit doen nie, veral nie in die openbaar nie. Ons voel dat ons nie die woordeskat of bevoegdheid het om te bid nie.

Ek is uitgedaag om weer nuut oor gebed te dink. Gebed is nie maar 'n verskuilde manier om God te vra om na my pype te dans nie. Daarom is dit belangrik dat ek sal bedoel wat ek bid.

Gebed is 'n verhouding. Dit is die kommunikasie tussen die lewende God en myself en daarom kan gebed nooit los daarvan gesien word nie. Wanneer daar 'n goeie verhouding is, groei dit, net soos in 'n huwelik.

Ons moet egter ook leer om te bid, daarom is die Onse Vader in Mat. 6 of Luk 11 so belangrik om te bid. Dis die enigste gebed wat Jesus ons geleer het om te bid. Die doel van gebed is om heiligheid van ons verhouding met God uit te druk.

Een ding waarvan ek bewus geword het, is dat gebed my moet help om my plek voor God te ken. Ek moet God met respek hanteer. Daarom volgens Mat 6 is minder woorde beter. Dit moet ook nie net oor myself gaan nie. Dit moet oor God gaan.

Ek is uitgedaag om te dink wat ek bid en wanneer ek bid, want ek praat met die lewende God, selfs al is dit soms sonder om een woord te gebruik.

As jy nog saam met ons wil kom nadink oor gebed, sluit aan by ons reis op 18 en 25 Mei.

Views: 92

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van PvR Gemeenskapskerk om kommentaar te lewer!

Join PvR Gemeenskapskerk

Nuusflitse

Indien jy graag op hoogte wil bly van wat in ons geloofs-familie gebeur, kan jy gerus vir ons nuusbriewe inskryf.





© 2017   Created by PVR Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service